●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199425

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 160
Aantrekkingskrag is 'n kosmiese wet wat sowel vir hemelligame as vir mense geld. Deon Opperman buit hierdie volgehoue metafoor op 'n verbluffende wyse uit in 'n meesleurende drama oor die liefde. Vyf mense word een laatnag, ná 'n opvoering van Hamlet, gekonfronteer met hulle bestaan en verraad teenoor mekaar. Die wêrelde van die wetenskap en die kuns word aanvanklik met mekaar gekontrasteer, maar ten slotte versoen in die volgende insig: 'Religie is so onwetenskaplik, maar elke religie op aarde het tot die besef gekom: God is liefde. Liefde - alomteenwoordig soos die aantrekkingskrag tussen alles in die heelal, so onkenbaar soos 'n atoom, en so seker soos die spoed van lig.'
Publication date: 2013-07-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308669

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw 'n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966-1989). Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd. Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot 'n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van 'n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw 'n debat op LitNet gevoer het en 'n swart aktivis.
Publication date: 2019-06-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309222

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
Hierdie drama handel oor tien tieners in 'n bos by 'n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie 'lekker' nie. Grootword is pyn. En 'verwonding'.

Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ' 'paraat! ' die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie?

Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.
Publication date: 2019-06-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306528

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly - ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings.

Sandton City grootdoop
'n Drama oor 'n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in 'n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danél, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke.
Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op 'n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wêreldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danél, is bipolêr en bly na 'n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naïef en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie.
Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar 'n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is.

'Die minimalisme van die stuk bind jou en hou jou vasgenael tot die einde.' Leonie Bezuidenhout
'Dit is galbitter, snaaks en bitter seer in ewe maat, 'n driekuns wat Pretorius keer op keer regkry. Jy lag, maar jy weet jy moet eintlik ween.' - Leatitia Pople

Die dag is bros
Dis laatmiddag. Elsa, voorheen 'n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei 'n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was 'n jeugmisdadiger wat 'n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul 'n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius - die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag 'n ingrypende wending neem.

Die Dag is Bros is benoem vir 'n Fiësta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.
Publication date: 2017-03-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310266

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
Die drama speel af in die Karoodorpie Willowmore. Die rol van die kerk, verkragting, verlies en familie is van die temas wat aangeraak word. Lekas kyk na 'n kind se weerloosheid en na die familie se verantwoordelikheid om na haar om te sien. Die watermeid (waternimf of meermin) is die mitiese figuur wat tot die dorpie se redding moet kom en drie kinders in die stuk hoop sy sal hulle kom red. Dit raak egter gekompliseerd wanneer die skuldige persoon 'n belangrike figuur in die gemeenskap is - die dominee.

Die dans van die watermeid wen in 2018 die Fleur du Cap-prys vir beste inheemse teks. Die teks is ontwikkel onder mentorskap van Saartjie Botha.

OOR DIE OUTEUR
Lekas (28) is in Willowmore gebore en het haar graad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy bly tans in die Paarl en is 'n dramaonderwyseres.
Publication date: 2021-05-10
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780628019882

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 65
Bartho Smit het 'n waagstuk onderneem om uit die bekende ou Andersen-sprokie van die kaal keiser 'n variasie te versin wat enersyds so na as moontlik aan die oorspronklike bly en andersyds tog in 'n aanvaarbare moderne konteks geplaas word - sonder dat die uiteenlopende "wêrelde" mekaar teenspreek.
Publication date: 2008-04-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084297

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 219
Boet Cronjé is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas én 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hý die een wat koggel.
Publication date: 2018-05-02
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798164047

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 265
'Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om 'n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en navorsing oor die karretjiemense het hierdie toneelstuk tot stand gekom.

Dit is die verhaal van die Geduld-gesin, wat, na die dood van hul ouma Mieta, haar in die Karoo-veld onder klippe begrawe, soos die gebruik onder die karretjiemense is. Haar kleinkinders se enigste vooruitsig blyk die plakkerskamp naby Colesberg te wees. Hul pa, Koot, was op sy dag die voorste skaapskeerder, maar nou is hy in die tronk vir die moord op hy sy tweede vrou. Na sy vrylating spoor Sarah, 'n navorser wat jare gelede met die gesin te doen gehad het, hom op. Saam neem hul bestekopname van die karretjiemense se verlede en toekoms.'
Publication date: 2013-09-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309697

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 190
Die Ontelbare 48 is 'n eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius. Dis Woensdagaand op 'n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt-en-veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan.
Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. 'n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.
Publication date: 2019-11-05
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798118507

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 164
Die potlooddief en die engel is 'n hedendaagse blyspel wat losweg gebaseer is op die Middeleeuse mirakel- en moraliteitspele. Alles is moontlik, met die gevolg dat hierdie heerlike en hoogs opvoerbare komedie, wat met groot sukses voorgeskryf is, net sulke prettige leesstof is.
Publication date: 1995-12-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485301844

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 220
By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: 'Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om ná verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.'
Die eerste van die twee tekste, ''n Vrou wat alleen bly', speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, 'Hiér was huise, hiér 'n pad' speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend.
Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan lê.
Publication date: 2014-12-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415402894

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 490
Droomskip en ander radiodramas is die eerste radiodramabundel waarby die hoorspele (op CD in MP3-formaat) by die teks ingesluit word. Die ses radiodramas in hierdie bundel is werk deur bekroonde en bekende skrywers en dit sluit onlangse wenners van die RSG/Sanlam-Radiodramaskryfkompetisie in. Dit bevat die tekste met inleidende agtergrondinligting oor elke drama, woordverklarings van unieke woorde en streektaal en besprekingsvrae.
Publication date: 2009-09-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310457

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
Gert Garries: 'n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan 'n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil 'n doodsertifikaat bekom, 'n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, 'n empatiese verkeersbeampte, ontstaan 'n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer 'n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van 'n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.
Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom 'n prutpot van emosies.

Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: 'n Baaisiekel-blues.
Publication date: 2019-06-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485305989

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 195
Die drama In glas handel oor 'n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na 'n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van 'n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.

In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir 'n dramateks

Wat joernaliste oor Nicola skryf:
Teatergenie, noem resensente haar. Dramaturg, vervaardiger, aktrise. Sy het Afrikaanse teater in die holte van haar hand, die “ongelooflik talentvolle” Nicola Hanekom. - Hanli Retief

Nicola Hanekom vang die gehoor se aandag van die begin en weier om dit te verloor. Sy hou die verskillende storielyne mooi bymekaar totdat dit saam opeindig. Nicola oortuig jou terwyl sy jou skok. Jy is spraakloos as jy uitstap. Geskok, maar ook hulpeloos. Die toneelstuk is 'n meesterstuk met Nicola die bes moontlike skilder. - James de Villiers
Publication date: 2018-02-28
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313069

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
In Slavenhuis 39 is 'n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat 'n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.

In Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.

OOR DIE OUTEUR
Herschelle Benjamin is in 2018 deel van die Kunstekaap se Nuwe Stemme-program, wen die Elizabeth MacLennan Internasionale beurs vir Teater van die Universiteit van Edinburg en 'n Teksmark Skrywersbeurs. In 2019 debuteer hy met In Slavenhuis 39. Sy opdragradiodrama vir die ATKV en Tienertoneel, Drosters, word ook in 2019 op RSG uitgesaai. Hy was deel van die Jakes Gerwel Skrywersresidensie vir Jong Dramaturge onder mentorskap van Amy Jeptha.
Publication date: 2021-07-19
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.