●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178846

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna 'n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?
Publication date: 2019-04-09
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637001472

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Die storie voor die storie. Voor die ontstaan van Tír na hÓige, die fae-ryk, was die fae as slawe en gevangenes van die mense aangehou. In hierdie tyd word daar ’n profesie gemaak: ʼn Faedogter sal gebore word uit beide die Winter- en Somerryk. Sy sal die enigste een wees met die vermoë om haar opeising as Volbloedfae te stop en sal ook kan kies aan watter ryk sy opgeëis word. Sy sal met die menskoning trou en oor mense heers waarna sy alle mense sal uitwis. Melody is die kind van die profesie. Sy word groot as wisselkind; ’n faedogter wat tussen mense grootgemaak word. Toe Melody die mense se troonprins, Donohue, ontmoet lyk dit of haar toekoms reeds uitgelê is. Gaan sy die pad van die profesie loop, of wag daar ’n ander toekoms op haar? ’n Beeldskone Nagmerrie speel af voor Hartklop, die eerste boek in hierdie opwindende nuwe fantasiereeks. Die reeks bevat ’n pragtige liefdesverhaal, aksie en intrige, met onverwagse wendings in ’n magiese wêreld. Die boek en reeks is perfek vir aanhangers van skrywers soos Cassandra Clare, Holly Black, Leigh Bardugo en Sarah J Maas.
Publication date: 2023-03-30
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639601632

Kinders: Tieners

Illustrator: Danielle Albertyn
Kinders  -  Tieners
R 210
'n Hart is net atome is 'n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn.
Pho is 'n Chinees-Afrikaanse meisie met 'n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: hy wil 'n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog 'n probleem: sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oë vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie - met skreeusnaakse gevolge. 'n Hart is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.
Publication date: 2021-09-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639608112

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is ... Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy uitvind hulle gaan na die piepklein, geïsoleerde Noord-Kaap kusdorp McDougallsbaai bly vir vier weke, nog minder. 'n Piepklein dorp saam met 'n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van 'n prettige vakansie nie ... Ten minste is daar 'n oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug ... En wie weet wat kan gebeur?
Publication date: 2021-07-23
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624090403

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 205
Die outistiese Micha uit Amper Einstein (2013) is in Absoluut Einstein in Gr 9, met Matriek-IT onder die knie. In sy nuwe skool moet Dylicia 'n ogie oor hom hou. Sy's die enigste meisie in die robotikagroep wat vir Grottobot Fest 'n robot bou en programmeer. Wanneer die Vuilhonde en Micha koppe stamp, is Dylicia in die middel vasgevang.
Publication date: 2020-07-20
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799372885

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
'n Wilde partytjie.
'n Gesteelde kar.
'n Jaagtog wat in chaos eindig.
'n Sak vol geld.
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?
In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!
Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.
Publication date: 2016-05-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799378993

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
'n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor 'n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wêreld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om ná sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met 'n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.
Publication date: 2016-07-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485312130

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Nog 'n magiese jeugverhaal uit die pen van die ATKV-Woordveertjiewenner Celeste Slabber-Loriston! As jy hou van buite die boks dink en die bo-natuurlike, is hierdie boek vir jou! 'n Magiese jeugverhaal wat ook elemente van reïnkarnasie bevat. Emily en Jessica se stories begin eeue ná mekaar - een op 'n plaas in die 1800's en die ander in 'n arm woonbuurt in 2018. Maar tog deel hulle stories dieselfde elemente soos die towerboek, gloeiende rok en onheilspellende figuur in die woud … So ís dit verskillende stories? Sal die donker woud die antwoorde bring waarna hulle soek?
Publication date: 2020-10-07
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624056201

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 215
"Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly.

Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie 'mede-geeks' by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy 'n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die 'geeks' in sy span.

Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so 'n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel."
Publication date: 2013-04-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624091929

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.
By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se 'skwad' en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd sê: 'Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien.'
Publication date: 2022-02-18
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624092902

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 205
SANLAMPRYS VIR JEUGFIKSIE - SILWER

'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918. As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase. 
Publication date: 2021-11-25
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250363

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Elke droom begin met 'n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners 'n vliegtuig te bou en daaarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as 'n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers 'n reis vol avonture en naelbyt-oomblikke aan.
As jy droom is 'n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop en hartseer. 'n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem - as dit nie die waarheid was nie ...

Daniëlla van Heerden is 'n TV-nuusleser en -joernalis. Vir haar werk by eNuus op kykNET is sy onder meer bekroon as die Nasionale Persklub se TV-nuusjoernalis van die jaar, en sy het ook 'n ATKV-mediaveertjie ontvang vir die beste TV-insetsel. Die Afrikaanse Taalraad het haar vereer met 'n
Kokertoekenning vir haar bydrae tot Afrikaans, en in 2017 word sy aangewys as die Noordwes-Universiteit se Jong Alumnus van die Jaar. Daniëlla en haar fotograafman Cornél het 'n dogtertjie, Simoné. Die gesin woon saam met hulle Jack Russells in Roodepoort.

Megan Werner is 'n 19-jarige vlieënier en motiveringspreker en stigter van die U Dream Global-inisiatief. Sy woon naby die Lanseria-lugawe in Johannesburg. Megan het in 2019 gematrikuleer en is tans besig met haar kommersiële vlieglisensie.
Publication date: 2021-02-19
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389470

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017
Soms is geluk soos 'n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. 'n Nuwe dorp en 'n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te herontwerp. 'n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.
Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar 'n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.
En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na 'n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy 'n ou goudgeel kombi, 'n winkelpop genaamd Saartjie en 'n klomp fantastiese resepte begin hulle 'n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.
Maar toe Arnelia uit die bloute 'n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …
'n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Publication date: 2018-08-28
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799379037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is 'n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.<br/>Asem was die eerstepryswenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015. Hier is een van die beoordelaars se mening oor die roman:<br/>* "'n Grinterige, uitdagende en bowenal hoopvolle jeugverhaal wat jou tot op die laaste bladsy boei. Barries se smeulende woede en selfvernietigingsdrang word net so eerlik en oortuigend soos sy pad na herstel uitgebeeld. Hierdie is 'n moet-lees-boek."
Publication date: 2016-09-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639601809

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
Hondegevegte en doodsdreigemente! Baster is die storie van Karel, 'n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, 'n liefdevolle brak wat gedwing word om 'n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur. Die pragtige maar soms wrede verhoudings tussen mense en honde sal alle lesers se hartsnare roer. Temas soos grootword, selfidentiteit en sukkelende verhoudings met ouers of met die teenoorgestelde geslag word aangespreek.
Publication date: 2020-11-11
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.