●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 1 to 15 of 301
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799392340

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Marion Lindsay
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature!
Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig!
Drake en malvalekkers
In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?
Monsters en muf
Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.
Meerperdjies en borrels
In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.
Katjievlinders en ys
'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.
Paddas en plante
In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.
Towerponies en kieme
In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
Publication date: 2019-04-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397222

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Zackie en Vincent is op soek na fossiele!
Dalk is daar 'n T-rex in die tuin begrawe …
Of 'n trikeratops in die parkie …
Of 'n stegosourus op die sypaadjie!
Almal dink hulle is laf.
Daar is tog nie fossiele in Granaatstraat nie.
Maar dan ontdek hulle iets fantasties!
Publication date: 2017-12-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397215

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Vandag is 'n spesiale dag.
Zackie se klas gaan dieretuin toe!
Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie.
Maar Anton gaan ook saam.
Anton is 'n boelie.
Hy hou vreeslik baie van spog.
En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.
Publication date: 2017-12-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397208

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke! Zackie en Vincent besluit om die slakke te vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle 'n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies! Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet ...
Publication date: 2019-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397192

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Zackie en Vincent is baie opgewonde!
Hulle gaan aan 'n fotokompetisie deelneem.
Vincent het sy pa se kamera geleen.
Hulle moet 'n mooi foto neem.
Die beste foto's kan groot pryse wen!
Maar om 'n goeie foto te neem is glad nie so maklik as wat dit lyk nie.
Zackie besluit om sy skaatsplank te gaan haal vir die beste aksiefoto ooit!
Maar Anton, die boelie, het ander planne ...
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394856

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Zackie en Vincent kan nie wag nie.
Hulle gaan vandag pretpark toe!
Daar is 'n Groot Wiel, 'n Wilde Wipwa en 'n Spooktrein.
Maar Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark.
Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom 'n les te leer!
Publication date: 2019-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394849

Publication date: 2019-02-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394832

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Zackie en Vincent kan nie wag om die heerlike pizza by die mark te proe nie. Maar hoe gaan Zackie keer dat Anton hulle pizza opeet?

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleur-illustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Publication date: 2016-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394825

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Zackie en Vincent bou 'n boomhuis. Zackie se suster en haar maat wil ook daarin speel. Sal hulle die meisies uit hul boomhuis kan hou?

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleur-illustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397185

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Zackie en Vincent ontdek 'n grillerige padda in die tuin. En hulle kry 'n briljante plan.
Hulle gaan die padda skool toe vat om die tweeling skrik te maak. Maar toe Anton die padda in die hande kry, is daar groot moeilikheid!

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397178

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Zackie en Vincent is baie opgewonde oor die skool se kaskar-resies. Maar Anton, die skool se boelie, het 'n splinternuwe kaskar. En hy het 'n nare plan om seker te maak dat Zackie en Vincent nie die resies wen nie.

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799362428

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
'n Perd wat kan lees en somme doen?
'n Ysbeer wat 'n kat se lewe red?
'n Duif wat met 'n oorlogsmedalje vereer word?
'n Vark wat haar eienaar se lewe red?
'n Perd wat tekkies dra?
'n Papegaai met 'n woordeskat van meer as 150 woorde?
Klink dit te goed om waar te wees? In die diereryk gebeur gereeld ongelooflike dinge - en in hierdie bundel kan jy van die mooiste en aangrypendste ware dierestories lees. Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het en wie se storie reeds geslagte lesers bekoor het. Op 'n mooi somersdag in November 1928 het Huberta die seekoei se groot pote begin jeuk. Nie die soort jeuk wat bedaar as dit gekrap word nie. 'n Jeuk wat net ophou wanneer 'n seekoei stap. Lees die ongelooflike verhaal van Huberta se verstommende reis.
Elke baas dink sy hond is die mooiste en die soetste en die slimste brak onder die son. Maar het jy al gehoor van 'n hond wat lid van die vloot is, 'n seemanspet dra en met sy eie seisoenskaartjie trein ry? Dis presies wat met bevare seeman, of sal 'n mens sê seewoef, Just Nuisance, gebeur het. Al gehoor van 'n gorilla wat 'n misdadiger so getakel het dat albei met ernstige beserings in die hospitaal beland het? Dis presies wat Max, 'n gorilla van die Johannesburgse dieretuin, een wintersoggend in 1997 gedoen het. Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 ware dierestories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons dierevriende laat kyk. Wendy Maartens se toeganklike, lewendige vertellings sal jong diereliefhebbers vasgenael hou.
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869195304

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees.
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869194222

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Wolf is wild.
Hond is mak.
Wolf bly in die bos op 'n berg.
Hond het 'n baas en 'n mandjie.
'n Kat pla vir Wolf.
Hond moet hom help.
Wat gaan hulle doen?
Publication date: 2011-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799354911

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Magriet Brink
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie.
Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, sê nie eers 'Môre, klas' soos die ander onderwysers nie. Hy sê net: 'Vandag maak ek MAALVLEIS van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!'
Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!
Die skrywer Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 50 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon.
Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.
Die Illustreerder Magriet Brink het grootgeword in Stellenbosch waar sy ná skool Grafiese Ontwerp studeer het. Tans woon sy in Londen en werk as 'n vryskut-illustreerder. Kinderboeke wat sy al illustreer het, sluit in Wiskunde gee my maagpyn, Bertie Blikbrein en Suzie se superdoepersjampoe
Publication date: 2014-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.