●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 1 to 15 of 301
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624091899

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Nicolene Louw
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120You save R 30
Die bekende sprokies Die drie varkies, Rooikappie en Die seun wat Wolf! geskree het word in hierdie beginnerleesboek op hulle kop gekeer. Wortel, die vegetariese wolf is die hoofkarakter in al drie verhale. Hy klop aan om knoffel vir sy sop te leen by drie varkies wat in sy straat intrek. Hy loop Rooikappie in die bos raak net toe gevaar dreig en in Namakwaland help red hy oom Jan se skape uit die kloue van 'n . . . jakkals!
Publication date: 2021-09-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639608150

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: André Trantraal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 80
R 64You save R 16
Clint Fryer is deel van 'n groep kinders wat in Huis Helderlig bly, maar al die kinders noem dit sommer Huis Hindernis. Matrone Busiswe meen die kinders wat alewig onder haar voete is, is net 'n hindernis vir haar ... Min weet sy van die avonture wat die kinders beleef! In die eerste boek, Die soektog, besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar's nie genoeg geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale Danskampioenskap deel te neem. Die mislike Dedrei, die dogter van die welsyntannie, mag dan nog steeds deelneem. Clint en sy maats besluit om 'n soektog te loods en uit te vind wat aangaan ... In die tweede boek, Partytjiepret, moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan. Lees gerus verder!
Publication date: 2021-08-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639608174

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: André Trantraal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 80
R 64You save R 16
Clint Fryer is deel van 'n groep kinders wat in Huis Helderlig bly, maar al die kinders noem dit sommer Huis Hindernis. Matrone Busiswe meen die kinders wat alewig onder haar voete is, is net 'n hindernis vir haar ... Min weet sy van die avonture wat die kinders beleef! In die eerste boek, Die soektog, besef die kinders alles is nie pluis nie. Dit lyk of die geld van die kinderhuis besig is om op te raak. Clint en die ander stel ondersoek in. In die tweede boek, Partytjiepret, moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was. Vinnig genoeg sien Clint en die res van die kinders dat Dedrei nie so sleg is nie. Die kinders besluit om Dedrei te gaan verras by haar verjaarsdagpartytjie ...
Publication date: 2021-08-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250585

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Nici Brockwell
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 180
R 144You save R 36
Het jy al 'n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met 'n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens 'n lawwer rympieboek as dié een kry nie - al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.
Publication date: 2021-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798182140

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 128You save R 32
Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Matilda, Basjan en die Van der Branders is terug met nog 'n waaghalsige seeroweravontuur. 'n Betowerde grot vol goud hou Basjan en sy mense gevange en Matilda moet hulle red. Maar sy moet eers verby die seehekse kom …
Publication date: 2021-08-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311829

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 220
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op 'n dag besluit Klara sy wil 'n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is 'n DINGETH?

Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om 'n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.

Maar gaan hulle ooit 'n DINGETH kry?
Publication date: 2021-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928514510

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Hoekom moet jy vir kinders boeke lees? Want dit wakker hulle verbeelding aan en laat hulle meer van die wêreld verstaan. Dit leer hulle ook om fyn te luister, verbeter hulle taalgebruik en gee hulle 'n hupstoot op die pad om die geskrewe woord te verstaan.
Dit is lekker om stories met jou kind te deel!
Dit is 'n wonderlike manier om kosbare herinneringe op te bou, en dit kan maklik een van die lekkerste tye van die dag word.
Publication date: 2021-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928514503

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Hoekom moet jy vir kinders boeke lees? Want dit wakker hulle verbeelding aan en laat hulle meer van die wêreld verstaan. Dit leer hulle ook om fyn te luister, verbeter hulle taalgebruik en gee hulle 'n hupstoot op die pad om die geskrewe woord te verstaan.
Dit is lekker om stories met jou kind te deel!
Dit is 'n wonderlike manier om kosbare herinneringe op te bou, en dit kan maklik een van die lekkerste tye van die dag word.
Publication date: 2021-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928514497

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Hoekom moet jy vir kinders boeke lees? Want dit wakker hulle verbeelding aan en laat hulle meer van die wêreld verstaan. Dit leer hulle ook om fyn te luister, verbeter hulle taalgebruik en gee hulle 'n hupstoot op die pad om die geskrewe woord te verstaan.
Dit is lekker om stories met jou kind te deel!
Dit is 'n wonderlike manier om kosbare herinneringe op te bou, en dit kan maklik een van die lekkerste tye van die dag word.
Publication date: 2021-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928514527

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Hoekom moet jy vir kinders boeke lees? Want dit wakker hulle verbeelding aan en laat hulle meer van die wêreld verstaan. Dit leer hulle ook om fyn te luister, verbeter hulle taalgebruik en gee hulle 'n hupstoot op die pad om die geskrewe woord te verstaan.
Dit is lekker om stories met jou kind te deel!
Dit is 'n wonderlike manier om kosbare herinneringe op te bou, en dit kan maklik een van die lekkerste tye van die dag word.
Publication date: 2021-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446347

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Sara droom van die buitenste ruim en om marsmannetjies te ontmoet. Self al spot almal haar daaroor, gaan Sara nie ophou droom nie. Sy weet dat daar eendag slakke tussen die sterre sal wees!
Publication date: 2021-05-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639604589

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Megan Bird
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
R 96You save R 24
Hallo Liefsteling!
Ontmoet vir Mieliepit: 'n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. 'n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat 'n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as 'n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en 'n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.
Hierdie boek deur die gewilde Fanie Viljoen is die eerste kinderboek uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, se stal, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie.
Publication date: 2021-04-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602448

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Eeuw! In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op 'n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms. Hierdie reeks is ideaal vir beginnerlesers. Dit is soortgelyk aan die gewilde Afrikaanse beginnerleserreeks Z is vir Zackie deur Jaco Jacobs. Alan MacDonald het al meer as tagtig kinderboeke geskryf wat vertaal is in verskeie tale. Hy het talle pryse reeds ingepalm. Alan is ook betrokke by die skryf van TV-produksies. Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Die boeke bevat baie humor en prettige illustrasies.
Publication date: 2021-04-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602462

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Burp! Ontmoet vir Vuil Ferdie, 'n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie 'n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ... Hierdie reeks is ideaal vir beginnerlesers. Dit is soortgelyk aan die gewilde Afrikaanse beginnerleserreeks Z is vir Zackie deur Jaco Jacobs. Alan MacDonald het al meer as tagtig kinderboeke geskryf wat vertaal is in verskeie tale. Hy het talle pryse reeds ingepalm. Alan is ook betrokke by die skryf van TV-produksies. Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Die boeke bevat baie humor en prettige illustrasies.
Publication date: 2021-04-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602455

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Kieme! Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by 'n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is. Hierdie reeks is ideaal vir beginnerlesers. Dit is soortgelyk aan die gewilde Afrikaanse beginnerleserreeks Z is vir Zackie deur Jaco Jacobs. Alan MacDonald het al meer as tagtig kinderboeke geskryf wat vertaal is in verskeie tale. Hy het talle pryse reeds ingepalm. Alan is ook betrokke by die skryf van TV-produksies. Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Die boeke bevat baie humor en prettige illustrasies.
Publication date: 2021-04-08

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.