●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 1 to 15 of 302
Sorted by:  Author
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311751

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Die Bullebakke wil steeds helde wees, maar hierdie keer bevind hulle hulself in 'n penarie. Hulle het met die verkeerde marmotjie gemors! Hoe gaan hulle uit 'n REGTE BULLEBAK se kloue ontsnap? As hulle net kan saamwerk en ophou om mekaar te wil probeer eet! Boonop agtervolg 'n geheime ninja hulle ...

These bad guys still want to be seen as heroes, but they have run into a spot of trouble and are about to have a VERY BAD DAY! Die Bullebakke have messed with the wrong guinea pig, and the nasty furball wants revenge! Hopefully they will escape ... if they can only stop trying to eat each other!
And who is the misterious ninja following them around?
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311768

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie van haar afhou nie!) sy besit ook allerhande cool vegvaardighede!

The evil Marmelade has launched an army of zombie kittens upon the world and it is up to Die Bullebakke to save it from these cute but crazy little meowing Zittens! Fortunately for them, they now have a very skilled foxy agent to help them out.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310525

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net ... GOOR.
MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie.
En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wolf om honde uit 'n maksimum-sekuriteit-hondeskut te red. Maar sal die missie slaag met dié vier bullebakke saam?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publication date: 2019-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310532

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
10 000 hoenders is vasgevang in 'n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos 'n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub.
Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem ... Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie Ouens. Wat kan tog nou verkeerd gaan?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publication date: 2018-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624086802

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?
Publication date: 2019-02-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624081883

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels - manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar's iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy's glads te maer en skraal. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit 'n dier sal skiet, is met 'n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. Veral as jy drie boosaardige broers 'n paar lewenslesse wil leer!
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602448

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Eeuw! In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op 'n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms. Hierdie reeks is ideaal vir beginnerlesers. Dit is soortgelyk aan die gewilde Afrikaanse beginnerleserreeks Z is vir Zackie deur Jaco Jacobs. Alan MacDonald het al meer as tagtig kinderboeke geskryf wat vertaal is in verskeie tale. Hy het talle pryse reeds ingepalm. Alan is ook betrokke by die skryf van TV-produksies. Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Die boeke bevat baie humor en prettige illustrasies.
Publication date: 2021-04-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602462

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Burp! Ontmoet vir Vuil Ferdie, 'n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie 'n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ... Hierdie reeks is ideaal vir beginnerlesers. Dit is soortgelyk aan die gewilde Afrikaanse beginnerleserreeks Z is vir Zackie deur Jaco Jacobs. Alan MacDonald het al meer as tagtig kinderboeke geskryf wat vertaal is in verskeie tale. Hy het talle pryse reeds ingepalm. Alan is ook betrokke by die skryf van TV-produksies. Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Die boeke bevat baie humor en prettige illustrasies.
Publication date: 2021-04-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602455

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Kieme! Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by 'n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is. Hierdie reeks is ideaal vir beginnerlesers. Dit is soortgelyk aan die gewilde Afrikaanse beginnerleserreeks Z is vir Zackie deur Jaco Jacobs. Alan MacDonald het al meer as tagtig kinderboeke geskryf wat vertaal is in verskeie tale. Hy het talle pryse reeds ingepalm. Alan is ook betrokke by die skryf van TV-produksies. Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Die boeke bevat baie humor en prettige illustrasies.
Publication date: 2021-04-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446156

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Emma Levey
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Eendag kom 'n ystervark kuier, maar hy is baie ongeskik. Hy wil niks met Ben deel nie.

Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarbare standaard.
Publication date: 2019-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446132

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Louise Forshaw
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Zoem. Zoem! Zoem!
Wat is daardie geluid?
Spring! Spring!
Karel hou van spring. Hy spring oral!

Klerukodes vir begeleide lees.
Daar is verskillende dkleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanbare standaard.
Publication date: 2019-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446163

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Kimberley Scott
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Nuwe gier trek deur die wildpark. Mensekaarte!
Kallie die Kameelperd en sy maats wil al die kaarte bymekaarmaak, maar hulle sal dalk moet saamwerk om die versameling vol te kry!

Kleurkodes vir begeleide lees.
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reek is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Publication date: 2019-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397703

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: André Trantraal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!
Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ...
Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Publication date: 2021-01-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397727

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: André Trantraal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 65
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!
Daar is 'n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou.
Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Publication date: 2021-01-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397680

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: André Trantraal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Die opwindende avonture van Keegan en Samier
Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …
Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.
Die sokker-fiasko
Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?
Publication date: 2020-02-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.