DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 1 to 15 of 306
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397826

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
R 84You save R 21
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat.
Wel, nie heeltemal nie ...
Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly!
En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert en die skreeusnaakse plan
Maak gereed om te ROL VAN DIE LAG! 'n Nuwe TV-kanaal vir kinders hou 'n groot talentkompetisie. Wie kan die snaaksste grappe vertel en die gehoor laat skaterlag? Die wenner kry 'n kans om op TV te verskyn!
Zackie en Vincent kan nie wag om deel te neem nie. Hulle is immers briljant daarmee om grappe te vertel - en hulle gaan die snaaksste grappe op die hele planeet (of ten minste in Granaatstraat) probeer uitsnuffel!
Maar Anton is vasbeslote om ook aan die kompetisie deel te neem. En hy gaan seker maak Zackie en Vincent staan nie 'n kans om te wen nie …

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.
Publication date: 2020-01-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397802

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
R 84You save R 21
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat.
Wel, nie heeltemal nie ...
Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly!
En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert slaan 'n ses
Die krieketseisoen is hier!
Zackie en Vincent sien baie uit na die krieketkliniek.
Hulle gaan 'n hele week lank leer om soos kampioene te kolf, briljant te boul en fantasties veldwerk te doen!
Maar Anton is vasbeslote om vanjaar die beste speler in die krieketspan te word.
Anton is nie verniet die grootste boelie in Granaatstraat nie. Toe hy 'n nare poets op Zackie bak, loop dinge lelik skeef. En dit lyk sowaar of Vincent se vreemde, krieketmal oupa dalk hulle enigste hoop is om uit die penarie te kom ...

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.
Publication date: 2020-01-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393835

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustrator: Imile Wepener
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 300
R 240You save R 60
Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibber boek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee - en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry! Jaco Jacobs ontvang 'n brief van 'n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is 'n vangplek … Die aanhanger is die Vrees vreter: 'n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om gril stories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories - die een grilleriger as die ander! Jaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. 296 bladsye van stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek 'n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs aanhanger. Die pragtige hardeband omslag en kunstige illustrasies maak hierdie boek inderdaad 'n versamelstuk. Hierdie stories is grilleriger as Jacobs se vorige boeke, wat dit ideaal maak vir ouer lesers. Imile Wepener is 'n kunstenaar van formaat, en hierdie boek bevat sy eerste illustrasies vir 'n kinderboek.
Publication date: 2019-11-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485900450

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Translator: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 128You save R 32
Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na 'n oord op 'n tropiese eiland te ontvlug om 'n slaggie te rus en uit te span. 'n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig. Maar die Heffleys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, 'n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf. Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op 'n ramp uitloop?
Publication date: 2019-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309949

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
R 104You save R 26
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die geheimsinnige ster is 'n meteoriet op pad na die aarde toe. Professor Katalis van die Sterrewag se voorspelling dat dit die einde van die wêreld is, word nie bewaarheid nie wanneer die meteoriet die aarde mis en 'n fragment daarvan in die Poolsee land. Saam met 'n groep wetenskaplikes vertrek Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn op 'n ekspedisie om die stuk meteoriet te gaan bestudeer. Hulle is egter nie die enigstes wat so 'n ontdekkingstog onderneem nie en gou ontaard dit in 'n spannende resies om eerste daar te kom. Professor Katalis het reeds 'n nuwe metaal in die meteoriet bespeur en daar is baie op die spel.
Publication date: 2019-10-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309963

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
R 104You save R 26
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se teenstander, die bendeleier Bobby Smiles. Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig die Indiane in 'n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is. Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?
Publication date: 2019-10-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309932

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
R 104You save R 26
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die 7 kristalballe keer die Sanders-Hardmuth-ekspedisie na Europa terug ná 'n lang reis deur Peru en Bolivia. Hulle bring die mummie van Raskar Kapak saam met hulle terug. Professor Sonneblom voorspel dat daar niks goeds van hierdie grafskending gaan kom nie. Een na die ander verval die sewe wetenskaplikes wat aan die ekspedisie deelgeneem het in 'n vreemde koma, en telkens word kristalskerwe op die toneel gevind. Brits en Britz se hulp word ingeroep om die saak te ondersoek. Intussen word professor Sonneblom ontvoer en Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn vertrek na Suid-Amerika om hom te probeer opspoor.

OOR DIE OUTEUR
Publication date: 2019-10-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396935

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 280
R 224You save R 56
Die laaste vier adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeugboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat vier titels:
Thomas@geraamte.net
Thomas en sy vriende gaan op ʼn rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig 'n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.
Thomas@rock-ster.net
Thomas se lewe suig harder as 'n stofsuier. Hy is (alweer) in die moeilikheid by die skoolhoof. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. Boonop voel dit ook asof sy vriende hom in die rug steeks wanneer hulle 'n band begin sonder om hom eens daarvan te sê. Maar toe sy vriende hulle band inskryf vir 'n rock-kompetisie, raak dit duidelik dat hulle nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen - selfs al beteken dit dat iemand anders kan seerkry …
Thomas@vrees.net
Nadat Thomas laat een aand 'n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?
Thomas@skaduwee.net
Thomas hoor toevallig hoe twee mans planne beraam om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te kry. Thomas word in die onderwêreld van Kaapstad vasgekeer - en niemand wat weet waar hy is nie …
Publication date: 2019-10-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394962

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Translator: Lydia Du Plessis
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 160You save R 40
'n Hond uit 'n bos lees …
Lees verhale wat enige hondeliefhebber se hart sal smelt. In hierdie boek kan jy jou pote op die stories en geheime van sommige van die geskiedenis se heldhaftigste honde lê.
Hierdie is 'n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskap supersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, baba honde wat roem op die internet gewerf het en nog meer …

Hierdie is 'n niefiksie titel wat werklik deur enige hondeliefhebber gelees kan word - nie slegs kinders nie. Die boek se pasmaat is 'n Kat se kans, deur dieselfde skrywer. Soortgelyke plaaslike titels: Kinders geniet stories wat op ware diereverhale gebaseer is, soos Wendy Maartens se boeke: Jock van die Bosveld en ander ware dierestories, Leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories en Max die dapper gorilla en ander ware diere stories
Publication date: 2019-10-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781534405776

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 155
R 124You save R 31
Nancy, Bess, and George race to catch an international jewel thief in this eighteenth book of the Nancy Drew Diaries, a fresh approach to the classic mystery series.

Nancy is helping out her Dad's friend, Louise Alain, and her dog, Marge, at an upcoming dog show in Montreal. Marge is a professional and needs someone she can trust to handle her at the biggest show of the season. Nancy is happy to oblige, especially since Louise invited Bess and George as well!

Of course, the three friends are investigating a crime within hours of their arrival. One of the show dogs was drugged and a giant wad of gum was matted into its hair. Louise asks Nancy to investigate and gives her a useful tip: look at the dogs—their temperaments and styles are often a good window into the hearts and minds of their owners. But instead of solving a case of competitor sabotage, Nancy discovers jewel thieves have been using the dog show circuit as a smuggling operation.

The thieves are not comfortable with the teenage sleuth who's asking too many questions. And when they make some serious threats, Nancy, Bess, and George quickly find themselves in dangerous territory.

Can Nancy discover the thieves' identity and take home the trophy? Or is this one case where the bite is worse than the bark?
Publication date: 2019-10-11
Click to enlarge
Click to enlarge

9

9780798179805

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
R 140You save R 35
Lotta kan 'n reis Australië toe wen en sy wil ontsettend graag soontoe gaan, want sy is mal oor koalas en sy mis haar niggies. Al wat sy nodig het om te wen, is 'n koeldrankdoppie, niks meer nie. Maar Mamma en Pappa glo gaskoeldrank is baie sleg vir jou, so sy mag nie eens een enkele bottel daarvan koop nie. Gelukkig sal Chantelle haar saamvat, as sy wen. Sy is seker hulle gaan dit regkry. Al moet sy 'n doppie met haar blokfluit hipnotiseer!
Publication date: 2019-09-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310709

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
R 117You save R 13
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van 'n Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het. Maar toe hy, sy vrou Aspirien en dogter Corenza daar aankom, rol hoofman Allamapstix van die lag oor die dorpie wat Caesar kwansuis verkoop het ...
Publication date: 2019-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310716

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustrator: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
R 117You save R 13
Op 'n visvanguitstappie word Asterix en Obelix in 'n storm vasgekeer en deur die see van koers af gestuur. Gelukkig bereik hulle 'n eiland en dit lyk vir hulle asof dit bewoon word deur 'n Romeinse kolonie. Maar wat is die vreemde diere wat “koeloekoeloekoeloe” maak? En hoekom wil hulle hoofman hê Obelix moet met sy dogter trou?

Asterix en die groot oorvaart is die 22ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publication date: 2019-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308805

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 250
R 225You save R 25
Hekse maak amok in die woeste woud en daar skuil gevaar agter elke boomstam. Wens is 'n krygermeisie wat 'n kosbare Towerboek besit. Xar is 'n towenaarseun met 'n gevaarlike heksevlek op sy hand. Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel. En die tyd word min … Maar hoe gaan die twee verby hulle ouers kom? Dit word 'n stryd van TWEE teen TWEE.
Publication date: 2019-09-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310914

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
R 176You save R 19
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings - soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, 'n maller-as-mal-mallemeule, 'n reusetrampolien, en 'n disko om maar net 'n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... 'n masjien wat self boeke skryf en illustreer! Nou kan hulle meer speel en minder bekommer oor die sperdatum vir hul boek (waarmee hulle, soos elke jaar, laat is).
MAAR iets gaan verkeerd! Die masjien gaan berserk! En om die situasie te red, moet hulle Idiotus, die wêreld se grootste ONT-ontwikkelaar, se hulp inroep ...
Dis dalk hul slegste plan nog ...
Publication date: 2019-09-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.