●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352296

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50You save R 50
Een soen kan jou lewe verander
Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie. Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, 'n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is 'n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen. Skielik het hy 'n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?
Publication date: 2022-08-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385403

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69You save R 96
Man van min woorde
Man met 'n missie
Man van sy woord.

Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur dié swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos 'n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos ná die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter - as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde.

Man met 'n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is 'n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hý wat vir meisies weghol, maar dié keer het hy sy moses teëgekom. 'n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip 'n bang meisie weg, 'n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sál leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag.

Man van sy woord: 'n Ouer en ryper Lourens - maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede - is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca 'n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom 'n plek in haar lewe nie - of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer 'n kans gee?
Publication date: 2017-07-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776358045

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50You save R 50
'n Ware liefdesverhaal het geen einde nie
Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in 'n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy 'n
onverwagse ontsnappingsroete ontdek na 'n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is 'n sakeman en mede-eienaar van 'n familiebesigheid, 'n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en 'n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê. Vir Améli is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

Hierdie boek is 'n heerlike liefdesverhaal wat tussen die middeleeuse en moderne tyd wissel. Interessante geskiedkundige gebeurtenisse en inligting soos die Swart Dood en middeleeuse kruiemedisyne word in die verhaal aangehaal.
Publication date: 2022-08-30
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087663

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 69You save R 211
Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag - verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute reg te stel?
Publication date: 2019-01-31
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869193294

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 69You save R 181
Agter die elande aan is die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T'sats-reeks en volg op T'sats se kind (2008).
T'sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy 'n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen 'n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en 'n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy 'n jong jagter is wat 'n vrou kan vat.
Publication date: 2009-12-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869190521

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 199
R 29You save R 170
Die digter M.M. Walters ontgin met hierdie bundel die sober eenvoud van die Japannese poesie. Hierdie gedigte verwoord die eeue oue letterkundige tradisie van hierdie beskawing. Die inleiding bied 'n oorsig tot die geskiedenis van die Japannese digkuns en verduidelik die verskillende tydperke waarin die digkuns opgedeel word. Die bloemlesing probeer gedigte uit die hele spektrum aanbied. Die brugtaal was deurgaans noodsaaklikerwys Engels. Vanwee die lang tydperk waarin Japan vir dele van die Weste geslote was, is vertalings in Germaanse tale minder bekend en bekombaar. Die versameling is ook noodwendig onvolledig vanwee die beperkte ruimte. Maar dit bied 'n fassinerende blik op 'n redelik onbekende sfeer van die wereldliteratuur.
Publication date: 2006-01-10
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799390322

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 109You save R 141
Is dit moontlik om geluk te vind in 'n huwelik wat twee stiefkinders insluit?
Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het.
Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.
Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma.
Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.
Publication date: 2018-09-04
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426738

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 190
R 50You save R 140
Alchemie van my muse is 'n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-en-bloot ontredderd, berym en ontrym.

Pieter Hugo was een van die debutante in Nuwe stemme 4 van 2010. Van sy gedigte het ook al verskyn in New Contrast, Nuwe verset, Toulopers, Sterkykers en as strokiesgedigte in Rapport. Hy was voorheen 'n onderwyser en 'n gemeenskapsontwikkelaar. Hy woon tans in Kaapstad en dien op die bestuur van die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Pieter is die broer van die bekende digter Daniel Hugo.
Publication date: 2019-08-26
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352791

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50You save R 50
Die pad na liefde is nie altyd maklik nie
Irma Vermeulen gaan Groenboskloof toe om 'n nuwe lewe te begin nadat Henry Randall, aan wie sy 'n kort rukkie verloof was, haar lewe vergal het. Boonop het hy haar in groot moeilikheid laat beland deur die haar die skuld te gee vir 'n ernstige motorongeluk. Almal verwelkom haar met ope arms, behalwe Werner, die befoeterde, stroewe skrywer wat geen vrou vertrou nie. Werner verwar Irma met sy teenstrydige optrede. Hy is meestal aggressief en vyandig, maar tog is hy soms begrypend en simpatiek. Boonop flankeer hy soms openlik met haar en soen haar van haar voete af. Irma verloor haar hart op hom, maar die gerugte van die motorongeluk bereik
Groensboskloof en staan tussen haar en Werner. Sal Werner haar weergawe van die motorongeluk glo, of gaan dit hul pad na geluk verongeluk?
Publication date: 2022-09-30
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624075615

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 360
R 79You save R 281
Die storie van AMRAAL en sy mense begin by die Hantam, strek deur Namakwaland, Pella en die suide van Namibië tot in Gobabis. 'n Oorrompelende historiese roman wat 'n versweë geskiedenis oopskryf, ook die geskiedenis van Afrikaans. Die verhaal is geanker in die kronieke van die Khoi, maar temas soos die strewe na reg en geregtigheid gee daaraan 'n tydlose kwaliteit.
Publication date: 2016-03-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426202

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 29You save R 151
Marlize Hobbs se jongste roman raak roerende temas aan. Iza is 'n lesbiese vrou en die leser volg haar soos wat sy die herinneringe van haar kindertyd en haar daaglikse ervarings in fyn besonderhede deel. Sy probeer sin maak van die lewe en span verskeie oorlewingsmeganismes in. Sy ly onder andere aan epilepsie en 'n geestesversteuring.

Sy vertel van haar worstelinge en onsekerhede oor kwessies soos seksualiteit en geloof, veral as jong kind en tiener, maar ook van haar persepsie van die wêreld rondom haar as volwasse vrou. Sy ontvlug na verskillende fantasieë en het voortdurend gesprekke met haar alter ego's.

Hobbs kry dit reg om tegelykertyd op reguit en sensitiewe manier die samelewing aan te spreek en laat baie stof tot nadenke. Hierdie boek kruip regtig op aangrypende wyse in die hart van die leser en sal beslis broodnodige gesprekke aanwakker.

Marlize Hobbs
Flarde verower in 2006 die Eugène Marais-prys en in dieselfde jaar word die Universiteit van Johannesburg-prys vir debuutwerk en die Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse prosa ook aan hierdie boek toegeken. Marlize Hobbs is ook die skrywer van Score my 'n Gwai en 'n digbundel, Suitcase vol sterre. Marlize is verder benoem vir 'n Kyknet/Rapport Filmprys vir Score my 'n Gwai.
Publication date: 2018-07-31
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352210

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50You save R 50
Liefde kan die onmoontlike oorkom.
Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met bagasie. Net soos Teda, het Will 'n hartseer verlede wat altyd onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Daar is ook 'n tienerseun wie se gevoelens en leefwêreld hulle in ag moet neem. Saam met Will ontdek Teda nuwe plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie jare enigsins 'n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal verskillende plekke in hulle lewens met doelwitte wat nié versoenbaar is nie?

Hierdie verhaal kyk na liefde en familie, die soort wat jy kies en die soort wat vir jou gekies word.
Publication date: 2022-06-03
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351978

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50You save R 50
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red.

Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot.

Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.
Publication date: 2022-03-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426059

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 190
R 50You save R 140
Bloed Blut is 'n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938 amper net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.
Die liefde oorbrug alles. Helmut 'n jong Duitser en seun van 'n Duitse generaal raak verlief op die beeldskone donkerkop Rut, Jodin en dogter van 'n bekende rabbi. Helmut is 'n informant van die gevreesde Gestapo. Hy doen dit noodgedwonge om sy gay broer teen vervolging te probeer beskerm. Die Gestapo is die oë en die ore van die Duitsers wat die Jode haat en bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en untermensch die Jood wat nie as menswaardig beskou is nie verbied.
Publication date: 2018-04-20
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387575

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 270
R 119You save R 151
In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!
Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.
Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.
Daar is 'n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?
Ná 'n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.
As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word.
Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.
En Kaila weet, sy weet, 'n mens het meer nodig as 'n blom in jou hare om gelukkig te wees.

In hierdie liefdesroman/gesinsdrama/verhoudingsroman ervaar die leser weereens Kristel Loots se vermoë om haar karakters se pyn, vrees en worsteling weer te gee in hul alledaagse lewe én om dit met humor te doen. Die roman spreek alledaagse realiteite van gewone vroue aan, veral die krisis wat ontstaan as 'n droomhuwelik nie die toets van die tyd weerstaan nie. Met die aanvang van die roman is Kaila 'n tiener met al tieners se frustrasies en wrokke teen die gesin en samelewing. Sy word geleidelik groot en teen die einde leer die leser Kaila as volwasse en deurleefde vrou ken. Die verwikkeldheid en delikaatheid van verhoudings tussen kinders en ouers, tussen man en vrou en tussen vriende is 'n deurlopende tema.
Publication date: 2018-03-06
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.