●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399929

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
Tweede kanse vir tweedehandse harte …
Ná Milan se man se dood in 'n vliegtuigongeluk, moet sy haar rykmanslewe in Sandton vaarwel roep. Haar man het hul geld uitverkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir 'n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans. Dis vir haar 'n groot aanpassing: Haar bure wat tydig en ontydig by haar huis inkom; die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge al ken hulle mekaar nie; die omgee vir mekaar en uiteindelik ook die omgee vir haar. Haar geldsake is beroerd maar soos wat sy haar voete vind, en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik 'n leefstylwinkel in een van die dele
van die huis. Om dinge verder te kompliseer is daar twee mans wat haar in die oog het: Die eiendomsagent wat haar huis moet verkoop, Cloete Rademan, asook die boer op Skilderkloof, Herk Bocklenberg met sy moeilike dogter, lewenslustige tweelingseuns en dieselfde drang as Milan om oor te begin.

'n Huis vir altyd is Cecilia Nortjé se eerste langer verhoudingsroman. Cecilia se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha en Rosita Oberholster.
Publication date: 2020-06-11
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606101

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
Haar kans op vir ewig en altyd is nou (die opvolg op 'n Huis vir altyd)
Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome. Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reël, is 'n poging om boete te doen. Die domino's begin een vir een kantel, en hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, word onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk waag?

Jonger en ouer lesers kan identifiseer met hierdie verhaal a.g.v. universele temas soos skuldgevoel, verwerping, vergifnis en buitengewone hoë standaarde waaraan vroue hulself meet. Cecilia Nortjé se werk is kontemporêr en vergelyk baie goed met internasionale vrouefiksie van skrywers soos Jennifer Scott, Anita Shreve and Jane Green.
Publication date: 2021-02-25
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399424

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél …
Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie.
Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn 'n ander komplikasie in haar lewe: 'n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in 'n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag.
Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens 'n opsie nie.
Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.

Lesers kry weer met die karakters op Assordante te doen wat in As dit proe soos liefde was. As dit voel soos liefde is Didi Potgieter se tweede langer romanse. Didi se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha, Marilé Cloete en Elsa Winckler.
Publication date: 2020-05-13
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351453

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351491

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier? En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351507

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351514

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351521

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351538

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351545

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
HERDRUK - Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Publication date: 2023-04-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624046837

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 395
As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in 'n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is 'n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, 'n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van 'n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede van 'n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is.
Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy 'n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie.
Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor wat betrokke is by 'n verskeidenheid bewaringsorganisasies.Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat 'n verskil wil maak.
Publication date: 2008-12-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607276

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 270
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie. Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met 'n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder 'n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.
Publication date: 2021-06-03
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352630

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 270
Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?
Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van 'n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van 'n pastoor van 'n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min. Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus 'n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.
Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman - en sit steeds met 'n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.
Later jare, tydens Covid, kry die komplikasies rondom haar gesin,Beer en haar liewe, halfheilige pa net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Die lang papawer het 'n ligte aanslag en wys weer die humor waarvoor Kristel Loots bekend is. Ons reis saam met Libbi van haar studentedae tot in haar middeljare. Libbi moet, soos vele vroue, op die harde manier leer dat geluk haar ook toekom, en dat haar lewe nie ander mense - meestal mans - hoef te dien nie. Loots het lanklaas 'n karakter gehad met só 'n sterk eie stem soos Libbi, in haar onsekerheid sowel as in haar wasdom later. Libbi is outentiek, gerond en heeltemal oortuigend.
Publication date: 2022-09-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395303

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ...
Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help.
Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel.
Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig?
Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.

Elemente van die romantiese komedie, gesinsdrama én 'n buldingsroman is deel van hierdie verhaal. Dit sal aanklank vind by jonk en oud omdat temas soos verraad en verwerping tot die vroulike psige spreek. Hoewel die roman ernstiger is as die skrywer se vorige werke word dit deurtrek met Bergenthuin se heerlike sin vir humor en deernis en laat die leser nadink oor die verloop van haar eie lewe. Dit is toevallig dat die boek kort na die Steinhofskandaal verskyn, maar dit illustreer tot 'n mate die impak wat so 'n korporatiewe skandaal op die familielede van die aandadiges het.
Publication date: 2019-06-27
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600314

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
Dié lelike eendjie moet oortuig word van haar eie waarde ...
Paloma het 20 jaar gelede alle mans afgesweer toe sy die dag voor haar troue uitvind dat haar verloofde haar verkul. Dit is net té seer, veral wanneer gene vir jou 'n peervormige lyf gegee het en jy net nie goed genoeg is nie. Sy lewe rustig saam met haar honde, hoenders en koffiewinkel klante vir geselskap. Haar familie het geëmigreer; gaan sy ry of gaan sy bly? Maar dan trek daar nuwe bure in aan weerskante; die baie aantreklike en geskeide Arno, en die ongelooflik sexy Sindisiwe aan die ander kant. Beide het lesse vir Paloma om te leer ...
Arno raak betrokke by sy eiesoortige buurvrou met haar lang geblomde rompe en mooier-as-mooi kaal voete. Hy help haar toe haar hond uitgesit moet word, en maak vrede met haar astrante hoenderhaan Kallie wat tydig en ontydig by hom kom kuier. Paloma ontmoet sy familie, en vind uit dat alle families maar vreemd is op hul eie manier. Haar nuwe buurvrou dwing haar om 'n make-over te doen, en vir die eerste keer begin sy besef dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.
Die man langsaan is 'n verhaal oor self-aanvaarding, en liefde en vriendskap op onverwagse plekke.
Publication date: 2020-06-11
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.