●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799381634

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 79
Man Van Min Woorde - Man van min woorde is die eerste boek in die Man-trilogie en het in 2008 verskyn:

Die oomblik toe die voordeur oopgaan, is die yslike hond op haar en oor haar. Francesca klou aan haar wankelende ewewig en ruk haar kop so vinnig weg dat 'n steekpyn deur haar arme nekwerwels skiet. Die uitbundige rooi tong kry nietemin 'n skrams lek of twee in. Teen die tyd dat sy die aanslag afgeweer het, is sy bleek en bewerig en skoon uitasem geskrik.
Dit kon seker erger gewees het - dit kon být in plaas van lek gewees het.

Sjef van haar Hart - Alles het gewerk in hierdie restaurant en in Emmie se lewe en haar hart, tot die nuwe sjef hier aangekom het. Dié arrogante Fransman krap haar reëlings om - en hy is onmenslik aantreklik en kunssinnig.

Raaiselpad Na Liefde - Majid Vaughn was met Anya se oorlede suster getroud en Anya verkwalik hom vir haar dood. Met sy Arabiese afkoms, 'n jonger broer wat die deur gewys is en niemand wat daaroor praat nie, bly hy 'n raaisel.
Publication date: 2020-10-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607412

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
'n Voël in 'n kou sing steeds Ali Grey se lewe is aan skerwe. Haar skitterloopbaan as sangeres in New York is in die weegskaal, want na 'n ongeluk is haar spraak aangetas en sy het 'n lelike litteken aan haar wang. Hoe kan God dit aan haar doen? Maar dan verskyn haar jeugliefde, Jason Vermeulen, weer in haar lewe en hy oortuig haar om by hom in die stad te bly sodat sy behandeling vir haar beserings kan ontvang. Sy worstel om haar geloof te behou ten spyte van alles en wanneer sy begin herstel, kan sy nie besluit of sy wil teruggaan Amerika toe of nie. Wil Jason haar daar hê? Hy sê niks en die onsekerheid maak haar gek. Moet sy teruggaan New York toe of moet sy by hom bly? Kan sy die besluit op haar eie neem, of moet sy vertrou dat God 'n groter plan met haar lewe het? Lentemelodie is die vierde boek in die Soeteweide-reeks, en volg op Somerson, Herfswind en Winternag. Dit is 'n spirituele inspirasieverhaal wat die lewe vier sonder om te prekerig voor te kom. Die verhaal speel deels in New York af, en dis duidelik dat Human haar navorsing gedoen het om die milieu eg raak te vang.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607375

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
1808, Engeland. Wanneer Eloise Clark ʼn beseerde man langs die pad probeer help, kom sy van aangesig tot aangesig te staan voor iets wat slegs as ʼn wolf beskryf kan word. Dis ʼn skrikwekkende ervaring, maar dit bring haar in aanraking met baron Wesley Bloodsworth en Eloise verloor haar hart op ʼn man wat net goed vir haar is. Wanneer sy egter met die waarheid van sy werklike aard gekonfronteer word, moet sy haar vrese en vooroordele te bowe kom. En sy moet ʼn keuse maak. Luister sy na haar hart of na haar verstand? Magdaleen Walters is 'n geliefde skrywer, en wys hier dat sy tot in haar sestigs kanse vat deur haar eerste romantiese fantasieverhaal te skryf. Die 1800's word oortuigend opgewek en ingekleur met historiese detail.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607399

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Liefde laat nie op hom wag nie ...
Danika Lombaard hoort in die stad, maar sy gaan dié Kersfees op haar ouers se plaas moet wees vir 'n familiefees. Danika is mooi, suksesvol en baie, baie onafhanklik. Sy wil nie 'n man hê nie en klaar. Maar sy is ook die oudste van vier dogters en haar ma speel al vir jare paartjieknoper. Op die plaas loop sy vir Bismarck Lombaard raak, oftewel Meneer Ongeskik. Die sexy boer met dieselfde van en haar ouers se buurman. Die een sonder familie. Die een wat haar lelik genoem het. En die een wat haar hart aan die klop kry. Vir hierdie man moet sy ligloop. Hy dra haar tasse, hy skink vir haar wyn en sy hande rus gereeld op haar lyf. Dis asof haar ma se droom van 'n kêrel vir Danika waar geword het. Sonder haar medewete.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607436

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Sy gaan alles moet waag om sy hart te wen ... Katryn kan nie verstaan waarom almal in haar lewe mal is oor Daniël Roux nie. Ja, hy is aantreklik, maar dis al. Sý wil meer in 'n man sien as net sy mooi gesig, sy gespierde lyf en sy gladde mond. Stadigaan begin sy tog besef dat Daniël anders is. Maar afgesien van die skade wat sy aangerig het met haar aanvanklik bevooroordeelde houding teenoor hom, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie. Sy het mos al voorheen haar vingers verbrand. En nou beskuldig Daniël haar dat sy met sy gevoelens speel. Daar blyk geen einde aan die spanning tussen hulle te wees nie. Katryn moet besluit of sy die moed het om haarself bloot te stel deur met vertroue 'n nuwe verhouding aan te knoop. Die verhaal kyk na hoe vooropgestelde idees ons verhoudings kan beïnvloed, en is 'n subtiele kopknik na Jane Austen se Pride and Prejudice. Dit speel af oor twee tydlyne, en ons sien hoe die heldin se vormingsjare haar latere besluite as volwassene beïnvloed.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607313

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Die vonke spat behoorlik ... Christi is die jongste lid van die suksesvolle Country-groep, Steely Susters. Haar skoonheid laat die meeste mense twyfel in haar talent en sy is daarop uit om hulle verkeerd te bewys. Na haar vorige verhouding traumaties geëindig het, weet sy dit is nou haar kans om op haar loopbaan te fokus. Dan loop sy weer vir Richard Barret raak. Die sexy Ierse musikant en een van die grootste foute van haar lewe. Sy weet dit is die beste om heeltemal uit sy pad te bly, maar wanneer 'n familietragedie dié twee forseer om saam op Steely Hills te bly, spat die vonke behoorlik! Hart van klip is Didi Potgieter se derde boek in die gewilde Harte-reeks. Die leser word op reis geneem na Ierland en ons maak selfs 'n draai by die Parkers (haar vorige reeks se karakters) se befaamde bal.
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607290

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Hy is nie van plan om sy hart te verloor nie. Estelle dra steeds swaar aan die een groot fout wat sy in die verlede gemaak het. Daarby is sy 'n ekstrovert wat bitter swaar kry tydens inperking, terwyl sy ook nie haar beroep as skoonheidsdeskundige mag beoefen nie. Bernard kan van die huis af werk, maar die alleenheid van sy woonstel kry hom onder. Toe hy die kans kry, woon hy die braai by Estelle se suster-hulle by, hoewel hy goed weet dis onverantwoordelik. Wanneer hy siek word, gebruik hy die kans om by Estelle te gaan aansterk, aangesien sy by dieselfde partytjie was. Daar span hulle saam; haar sangtalent en sy tegnologiese kennis help om haar wanhopige finansies te beredder. Maar hy is nie van plan om sy hart op die vurige donkerkop te verloor nie.
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606088

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Veg, vlug of vlieg? Meriet vlug uit Upington om te ontsnap van die hartseer van haar mislukte huwelik en kry werk op 'n wynplaas in die Paarl. Maar haar tyd op die plaas word versuur deur 'n gesofistikeerde Kapenaar in die kantoor. Die wynmaker, op sy beurt, voel blykbaar net in die koue, steriele kelder tussen die wynvate tuis. Dis gek om aangetrokke te voel tot só 'n man. Boonop is alles nie pluis met die eienaar van die landgoed nie en Meriet moet fyntrap om nie haar eie toekoms op die spel te plaas nie. Jeanette Stals is 'n bekende krimiskrywer wat hier spanning en romanse perfek verweef. Temas soos witboordjiemisdaad en die blywende trauma van egskeidings word bespreek, met 'n held wat as komplekse karakter die leser sal boei van begin tot einde.
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607351

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Gaan haar verlede haar inhaal? Met haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug Tala Robberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewe gesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op 'n stranddorpie, Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op die dorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl 'n regte wildewragtig-strandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haar hart bokspronge laat maak. Voor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haar emosies is 'n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haar seun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verlede herhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal? Die boek het 'n heerlike spanningslyn. Daarby word spiritualiteit en Christenskap op 'n oortuigend, nieprekerige wyse bespreek. Ander temas sluit mistisisme, tradisie, nie-tradisionele families en huishoudelike geweld in.
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607450

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Moenie werk en plesier meng nie.
Wanneer Alana haar kar op 'n dag afskryf kom die aantreklike Markus de Wet tot haar redding. Beide is egter salig onbewus dat hy haar nuwe werknemer is by die argiteksfirma waar sy as kubersekuriteitspesialis
aangestel is. Sy is nie lank aan diens nie voor haar eer lelik gekrenk word. Hoe durf hy insinueer sy is nie bevoeg vir haar amp nie? Hoe durf hy aanvra dat sy vervang word? Sy is so woedend dat sy regmaak om hom en sy firma vir ewig agter te laat. Dan word dit duidelik dat sy die enigste een is wat 'n ernstige kuberkraker kan stopsit. Maar wanner die kuberkriminele agter die rekenaars uitkom en in die regte wêreld 'n lewensgevaarlike bedreiging raak, sal Alana en Markus vinnig moet versoen en saamwerk om 'n stappie vooruit te bly.
Hierdie is ideaal vir mense wat hou van kantoorverhoudings. Verwag baie spanning tussen dié twee kollegas. Die twee wêrelde van plaas en stad word interessant geinkorporeer in hierdie heerlike bonus Romanza.
Publication date: 2021-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607238

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Hoekom, God?
Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ʼn motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos 'n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ʼn beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607191

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Almal dink hulle wil 'n huisie by die see hê totdat hulle die buurman ontmoet. Wanneer Lori Lategan uitvind sy erf haar oupa se huis op Skulpbaai, lei sy aan dubbele skok. Haar onderdrukkende pa het haar vertel haar grootouers is lankal dood. Hierdie geleentheid is 'n kans op 'n nuwe lewe, weg van haar pa se oorheersende hand. Skaars op Skulpbaai ontmoet sy haar lastige nuwe buurman, Zander Malan, wat haar opdraande gee oor sy nooit by haar oupa kom kuier het nie, en haar beskuldig van geldgierigheid. Die vent is amper erger as haar pa. Tot die dag wat Fred Potgieter, die dorp se Groot Kokkedoor, Lori se lewe 'n nagmerrie maak. Skielik is Zander daar om te help skerm en Lori se hart begin vermurwe. Maar dan daag Zander se suster op en dit raak duidelik dat hy nie is wie hy voorgee om te wees nie.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607214

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Moet sy teruggaan na haar eie tyd of haar hart volg? Juli le Roux word wakker in haar sitkamer, maar vind tot haar skok uit dis driehonderd jaar in die verlede tyd. Sy het op 'n geheimsinnige wyse plekke geruil met haar identiese oorgrootjie wie se naam sy dra. Om alles te kroon, erf sy nie net die vrou se identiteit nie, maar ook haar verloofde. Sy moet met Louis Rousseau trou om haar familie se erfenis te red. Louis Rousseau is bereid om sy belofte wat hy langs sy ou vriend se sterfbed gemaak het, na te kom, maar hy sien op na 'n leeftyd saam met Juliette vir wie hy niks voel nie. Die Juli wat hy egter nou leer ken, is allesbehalwe die vervelige meisie saam met wie hy grootgeword het. Sy is pure vrou, vol lewe en vurig van geaardheid. Juli het 'n groot besluit om te maak: Moet sy probeer teruggaan na haar eie tyd, of bly by die man op wie sy halsoorkop verlief is? Tydloos is Romanza se eerste tydreisverhaal. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch. Dit is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607177

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Nie eers roem en faam kan jou beskerm teen verdriet nie. Na tien jaar se werskaf om naam te maak vir haarself, keer Danielle Saunders terug na haar ouerhuis as 'n internasionale filmster. Haar terugkoms is egter drie weke te laat vir haar eie pa se begrafnis. Sy kan al die koue skouers en stille verwyte verduur, maar om weer in Eckhard du Toit vas te loop was die laaste ding wat sy verwag het. Hy is nie meer haar jeugvriend van ouds nie. Hy is verloof, en Danielle weet sy het hom genoeg rede gegee om nou sy afsydigheid te verdien. Almal dink mos sy het die wêreld aan haar voete. Net sy ken die waarheid wat soos 'n donker wolk hang en dreig om haar te verswelg - dié keer met 'n finaliteit waarvan sy nie sal kan ontsnap nie.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607016

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Op soek na die skatte van die verlede vind sy iets meer kosbaar in die hede. Wanneer joernalis Ingrid Thesen besluit om 'n gap-jaar te vat, besef sy nie waarvoor sy haarself inlaat nie. Sy vertrek saam met haar Joodse vriendin Sharon na Israel, waar sy 'n span argeoloë wil vergesel op 'n grawe in Galilea. Daar aangekom ontmoet sy die res van die span kenners, insluitende Leif Andersson, die Noorweegse historikus op die spoor wat sy Kruisvaarder voorvaders destyds na die beloofde land aangedurf het. Teen die agtergrond van hierdie antieke landskap probeer die twee bymekaar kom, maar Ingrid besef dat sy nie alleen is in haar aangetrokkenheid tot Leif nie. Op soek na skatte uit die verlede sal hulle ook die politieke onluste in die area moet trotseer as hulle 'n kans op liefde wil hê. Die storie speel af teen 'n interessante historiese agtergrond maar skroom nie weg van die politieke probleme van die hede nie. Malene se werk is kenmerkend vir die diepte van haar geskiedkundige navorsing.
Publication date: 2021-04-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.