●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605371

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy moet haar plekkie in die son kry Zea, ʼn talentvolle pottebakker, moet na haar pa se dood vir haar ʼn nuwe lewe skep - en ʼn kunsuitstalling in mooie Milaan bied haar juis daardie geleentheid. In Italië het sy nie tyd om te wonder oor die geheimsinnige mense wat langs haar intrek of die sexy vreemdeling wat sy vlugtig ontmoet nie. Totdat sy dié man weer in 'n katedraal sien. Sy glo nie aan toeval nie, maar wat van die noodlot? In Italië ontdek Zea 'n ander sy van haarself. 'n Sy wat onmoontlik aangetrokke tot Antonio Vinetti is. Met sy warm soene en die beeldskone Paola wat altyd by hom ingehaak is, het Zea egter genoeg rede om hom te wantrou. Sonroeper is ʼn heerlike ontvlugting in die Italiaanse kunswêreld.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600116

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hy is arrogant, onkonvensioneel, dodelik aantreklik en 'n rokjagter ...
Rob Kellerman trek vroue soos 'n magneet na hom toe aan. Almal sê dit gaan nog sy ondergang beteken. Boonop is hy suksesvol en skatryk. Hy maak sy eie reëls en toe hy besluit dat Mia Retief vir hom moet kom werk is dit 'n gedane saak. Mia is vasbeslote om nie vir hom te val nie. Maar dit is makliker gesê as gedaan aangesien sy daagliks in sy geselskap is. Haar uithouvermoë word elke minuut beproef, want Rob is 'n meester in die kuns om werk en plesier te meng.
Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Publication date: 2020-06-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394597

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 150
Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help!

Roekelose harte - Marilinda Murray
Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.

Toe-oë afspraak - Madelie Human
Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.

Legkaart van die hart - Ildé Grové
Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?

'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe
Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …

Gelykbreek-liefde - Ernalize du Toit
Behati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.

Bie op haar hart - Antoinette Venter
Met 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.

'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach
Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?

Beter vir haar hart - Jessica Venter
Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.
Publication date: 2019-06-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393583

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 150
Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!
Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.
Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg
Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.
Net in stories - Rika Cloete
Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.
Gelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)
Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?
Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin
Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.
Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)
Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.
Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)
Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?
Net ons twee - Petronel Louw
Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.
Om haar pinkie - Didi Potgieter
Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.
Publication date: 2019-02-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387872

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 79You save R 146
Doodgewone wonderwerk
'n Onverstandige vrou
Bruid in blou.

Doodgewone wonderwerk:
Elizabeth is nie lui nie; sy weet net nie wat dit beteken om vir 'n salaris te werk nie. Maar nou is haar reuse-erfporsie lelik geknou deur 'n onoordeelkundige belegging. Sy sal 'n werk moet kry. En dit moet hou, want sy is nou al deur 'n paar afdankings en bedankings.
Toe, tog, word sy as die aantreklike, befoeterde Simon se huishoudster aangestel. Maar Simon, 'n skrywer, word nie eintlik vriendeliker wanneer hy mislukte disse in die asblik vind nie. Tot daardie dag by die strand, wat niks met kosmaak te doen het nie. Of het Elizabeth dit heeltemal verkeerd verstaan? 'n Huishoudster is tog wat hy wil hê - sê hy.

'n Onverstandige vrou:
Daar's net een man wat so beweeg, so loslit en langbeen, so ...
Jens Nielsen.
Toe hy Laetitia destyds nie wou hê nie, het sy die pad gevat, terug huis toe, waar sy hulle kind alleen grootmaak. Maar Dottie noem al wat broek dra 'Pappa'. Miskien moet sy terug Denemarke toe en Dot se pa vir haar gee ...
Maar verniet dag Laetitia se mense Dot gaan haar pa kry. Jens wil haar ma steeds nie hê nie. Laetitia moet maar weer terug huis toe, siek en sat vir leuens wat haar al aan die hakskeen byt; maar weer weghol, soos destyds, toe haar patetiese kaartehuis ook ineen getuimel het.

Bruid in blou:
Hugh laat Jessie twee weke voor hulle troue weet hy is pas met iemand anders getroud. In 'n waas van ongeloof, skok en hartseer trou sy halsoorkop - en boonop in 'n blou rok - met Gideon, die hartebrekervriend uit haar jeug.
Ondanks sy reputasie as Casanova van formaat, is Gideon alles wat Jessie in 'n man kan begeer. Sy is toe mooitjies ook nie in sak en as oor haar ampertroue nie, want Gideon koester haar in alle opsigte en dra haar op die hande.
Wanneer haar vriendin kom kuier en sy en Gideon wil voorgee hulle is 'n gelukkige wittebroodspaartjie, val hulle planne klaaglik deur die mat want die liefde laat hom mos nie voorskryf nie.
Publication date: 2018-03-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085669

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip.

Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed - 'n mooi man is almal s'n. Haar nuwe buurman is egter 'n regte bleeksiel en sy het 'n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red.

Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin 'n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie.

Hy leef egter 'n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan 'n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek?
Publication date: 2018-06-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385762

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
R 89You save R 196
Aanloklike proposisie - Susan Olivier
Rene sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word ... Hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.

Goudgeel liefde - Santi Neven
Salome is 'n opkomende skilder wat op die weeklikse kunsmark 'n bestaan probeer maak. Tot 'n vreemdeling met grysblou oe vir haar 'n uitstalling reel. Maar hy is eintlik slegte nuus, te veel soos haar eksman. Of is hy?

Goedgenoeg vir Mienke - Erika Swart
Die testament bepaal Mienke moet Goedgenoeg verdien deur na 'n jaar wins te toon. Daarvoor sien Mienke kans. Waarvoor sy nie kans sien nie, is haar buurman. So dierbaar en behulpsaam as wat hierdie Ruben-man is wanneer hy op sy perd die werf inkom, so kan sy buie wissel. Mienke weet nie genoeg om dit te verklaar nie. Maar sake word wel duidelik toe die modelmooi en bedorwe vroumens en die se ma op die buurplaas aankom, al twee vasberade om Ruben se ring aan die modelletjie se vinger te kry - of niks te erf nie.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391411

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Sy wens sy kon omdraai …
Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ʼn fisioterapeut wat deel is van ʼn span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ʼn sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ʼn sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ʼn einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ʼn duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika 'n nuwe begin te maak.
Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in KwaZulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in 'n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien ...
Publication date: 2018-12-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387834

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 113You save R 112
Bod op 'n biljoenêr.
Kylie se keuse
Verborge obsessie.

Bod op 'n biljoenêr:
Die gelukkige tye saam met Nico was geleende tyd, dit het Eva destyds al besef. Sy het nie in sy rykmanswêreld ingepas nie. En al het sy geweet hulle verskil doodeenvoudig te veel, was sy platgeslaan toe hy agtien maande gelede uit haar lewe verdwyn.
Sy het intussen op haar eie sukses behaal, en sodra die egskeiding afgehandel is, gaan sy finaal van hom vergeet en aangaan met haar lewe. Maar toe Nico skielik weer sy opwagting maak en sak en pak in hulle woonstel terugtrek, is Eva glad nie meer so seker dat sy wil skei nie.
Want Nico is nog net so onweerstaanbaar en hy noem haar steeds 'my Eva' ...

Kylie se keuse:
Hy sit op haar stoel, agter haar pa se lessenaar, in haar pa se pos … die pos waarvoor sý grootgemaak is. Met sy irriterende kuiltjie en oorrompelende glimlag.
Alex du Preez is heel tuis as baas van haar pa se maatskappy. Dit waarvoor Kylie ná jare in die buiteland - en die hoeveelste verbreekte verlowing - teruggekom het. Sy verpes hom, maar werk tog saam met hom. Die ongerymdhede en vraagtekens oor die maatskappy se finansies moet sy uitpluis.
As hy die sondaar is, sal sy hom aan die kaak stel. Sy moet net verby daardie glimlag, die heuningmond, die tintelende afwagting in sy teenwoordigheid kyk. Hy bly die vyand.

Verborge obsessie:
Sy't geglo sy het sy verraad en haar vernedering ontgroei. Maar toe hy ná jare weer sy opwagting maak, pluk die herinneringe Sonika onderstebo. En kyk Michael Meskin deur haar asof sy nie bestaan nie.
Asof sý die skuld dra vir die pyn van destyds. Vir sy swakheid toe hy die omkoopgeld aanvaar het, die pad gevat het. Landuit.
Skielik is doktor Michael Meskin, wêreldbekende sakeman, haar prokureursfirma se kliënt.
Hy bly haar straf, verneder, om die bos lei. En al skemer die Michael wat sy destyds liefgehad het nou en dan deur, worstel sy om tussen die bedrog, die web van leuens by die waarheid uit te kom.
Publication date: 2018-04-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394252

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Serena Steyn se eerste omnibus bederf jou met 'n hertog in 'n magspel, 'n moeilik Fransman en 'n mooi maar onuitstaanbare doktor
Liefde is vuur is 'n samestelling van drie van Serena Steyn se vorige Romanzas: Kameliabruid, Die Fransman en Moetie vir 'n mooi man.
Kameliabruid:
Wanneer dit by sy land kom, praat hertog Maximillian von Flade se verstand. Maar by Adelka lei sy hart hom. Om 'n hawe vir sy hertogdom te bekom wil Max met prinses Elena, troonopvolger van Kamburg, trou. Adelka weet egter haar ou kamermaat het Jozef Rombi lief. En sý vir Max. Adelka bly by haar vriendin terwyl die onderhandelings tussen die twee lande aan die gang is. In die proses trap sy op 'n paar tone en die situasie raak gevaarlik. Boonop raak Max se toenaderings meer intens. Sy moet wegkom. Van die politiek, intriges, rugstekery. En van Max. Hy speel 'n magspel. En haar én Elena se gevoelens word misken.
Die Fransman:
Leiandra het nie nóg 'n Fransman in haar lewe nodig nie. Chaney het haar hart gebreek en sy maak sy seun alleen groot, dankie. Trouens, die Beaurains weet nie van Hugo nie en mag ook nie. Maar toe Jean-Philippe Beaurain met 'n vreemde tyding sy opwagting maak, slaan haar lewe 'n nuwe rigting in. Nie net herken hy Hugo as 'n Beaurain nie, maar hulle moet opsluit saam Frankryk toe. Juis na waar Canon is, die man wat haar huwelik verwoes het. Sy is een keer deur die Beaurain-familie benadeel, maar nie weer nie. Durf sy haar kind van sy familie ontneem? En wat van haar erflating? En haar hart?
Moetie vir 'n mooi man:
Ilse het bloot die Du Buisson-landgoed besoek om 'n kruietuin te beplan en word toe soos 'n misdadiger gevange gehou. In die mooi maar ondraaglike doktor Gerhard du Buisson se woonstel langs sy laboratorium word sy ingeperk, waar sy per ongeluk beland het. Al wat Ilse raakgesien het, was 'n botteltjie rooi naellak op die lessenaar, en hy glo vas sy het kom spioeneer. Hoe moes sy weet hy's besig met hoogs geheime navorsing? En word boonop deur die polisie én die regering beskerm? Mettertyd besef sy haar treiterende emosies - van magtelose woede en teësinnige respek tot bewondering - is deel van 'n liefdespakket. Een wat sy asseblief tog nie wil hê nie ...
Publication date: 2019-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084754

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 265
Om joune te wees
​Maryna se liefdeslied

Om joune te wees
Kayla se studies is afgeloop en sy keer bly terug na haar geliefde tant Annelize en hul huishoudster, ta Trynie, by Huis Kanferfoelie. Sy's egter nie die enigste nuwe aankomeling nie: Hul nuwe bure is 'n spul hippies met ongelooflik raserige motorfietse, en onder hulle is daar een met taankleurige oë soos 'n arend . . . Kayla en haar motortjie maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie?Dan is dit die een drama ná die ander: Tant Annelize verseg dat Briand ooit sy voete in haar huis mag sit, want sy “weet” kwansuis hy sal Kayla se lewe verwoes; die huis aan hul ander kant van die hippies word betrek deur 'n immer-repeterende band; en Kayla leer boonop dat Briand nooit ooit wil trou nie. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand nie dalk iets daarmee te doen nie? En watter tragiese geheime skuil in haar tante se liefdeslewe?

Maryna se liefdeslied
Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met 'n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reënstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy's dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man.Maar dis net 'n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet gaan om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad - maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sién al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . . .
Publication date: 2018-06-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624083641

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Hulle is jong, gekwalifiseerde joernaliste en benodig lewenservaring en genoeg geld om die pot aan die kook te hou. Die skilderagtige kusdorpie Silwersee is net die regte plek om dit te doen.
Lani wens haarself nou al jare lank geluk omdat geen man nog daarin kon slag om haar gedissiplineerde emosies te versteur nie. Dokter Jan-Erik van Eeden met sy onbetwisbare selfversekerdheid is egter die oorsaak van onbekende sensasies. Dié donkerkopman met die silwergrys oë laat haar siel nie met rus nie en Lani hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie.
Hoekom beveel tant Marcia boonop vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik se teenwoordigheid te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?
Publication date: 2017-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605920

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy kan nie eens haar vervelige werk in vrede doen nie! Martlie haat haar werk, maar sy sal enigiets doen om te verseker dat haar sussie die geleenthede kry wat syself nooit gehad het nie. Al is dit om papegaaiwerk te doen. Dit help natuurlik ook nie dat sy lyk en voel soos 'n lawwe, veelkleurige parkiet tussen 'n klomp stemmige African Greys nie. Sy sou veel eerder heeldag heerlike geregte in 'n spogkombuis optower, maar sy is al so gewoond daaraan om tweede viool te speel dat dit haar eintlik nie meer pla nie. Haar kwaai baas, Jaco, is egter iemand om mee rekening te hou. Hy is onvriendelik, ongeduldig en ongelooflik aantreklik. Sy kan nie eens meer haar vervelige werk in vrede doen nie! Tweede viool is Salma Swanepoel se tweede Romanza. Haar eerste Romanza, Heuning om die hart, was 'n onmiddellike treffer.
Publication date: 2021-01-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395648

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
Rykie Roux se eerste omnibus!
Web van liefde is 'n samestelling van drie van gewilde Rykie Roux se vorige Romanzas, Mariek en die magnaat, Satynprinses en Naweekbruid.
Mariek en die magnaat:
Mariek dra swaar aan haar eksverloofde se slenter. Hy't verdwyn met talle mense se geld. En almal glo hulle was kop in een mus. Sy kruip weg agter haar donkerbril, deel haar sorge met 'n boemelaar op 'n parkbankie … maar vermoed dan dat hy 'n polisieman, of dalk 'n joernalis is. Hy duik weer op in die luuksehuis langs haar klein strandhuisie aan die Noordkus. Pieterjan Ungerer: Suksesvolle sakeman, magnaat. Hy is duidelik aangetrokke tot haar, maar terug in Pretoria is hy kil, selfs onbeskof. Hy glo sy is 'n fortuinsoeker wat haar web ook vir hom gestel het. Sy weet hy is vergiftig teen haar, maar hoe bewys sy haar onskuld?
Satynprinses:
Niene O'Kelly haat haar voorkoms. Haar moontlike erfporsie nog meer. Sy wil nie die beeldskone erfgenaam van haar ouma se kosmetiekryk wees nie. In Botswana, waar sy toeriste in 'n vliegtuigie rondneem, is sy veilig, ken niemand haar verlede nie. Vlieg is haar lewe. Dis hier waar Brink Viljoen haar kom haal en haar in 'n rigting manipuleer om vrede met haar ouma te maak. Dalk ook haar kans om vrede met haar verlede te maak. Met haarsélf … Maar Brink dink met sy beursie, weet sy. Hy't bybedoelings. Sy's ontuis in O'Kelly's se gange, haar hart onveilig by Brink. Sy moet weerstand bied, veg, sy weet net nie mooi hóé nie.
Naweekbruid:
Saggies, bitter saggies spin hy haar in sy soet, sensuele web toe. Sy is soos klei in sy hande. Warm klei ...
Andreas Steyn, 'n briljante argitektuurstudent bly vir Marguerite 'n raaisel, sy hande warm, maar sy glimlag berekenend, altyd afsydig. Sy steur haar nie aan haar snobistiese ma se waarskuwings nie. Die regte stamboom was nog altyd vir professor Eloïse Malan allerbelangriks. Marguerite trou met hom, al het hy haar nie lief nie. Sy word sy naweekbruid, versadig van ekstase, maar verwerp, want Andreas se verlede haal hom in, en hare word 'n las wat sy skaars kan dra.

Web van Liefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk, asook om boeke wat vir jare uit druk was, weer in lesers se hande te plaas.
Publication date: 2019-07-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605333

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Sy fosforvrou Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het: nie 'n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer ... Blou diamant vir 'n ysprinses Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na 'n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig … Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-09-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.