●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624416

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 199
In 'n Hawe vir jou hart neem bekroonde outeur Irene Hannon jou na die kusdorpie Hope Harbor - die perfekte plek vir elkeen wat op soek is na hoop en nuwe betekenis.
Wanneer Eric Nash se toekomsdrome heeltemal omvergewerp word, besluit hy om 'n welverdiende ruskansie in Hope Harbor te geniet - net om te ontdek dat sy pa die huis waarin hy grootgeword het, omskep in 'n gastehuis. Sy vrede word gedurig versteur deur geraas en chaos - en deur BJ Stevens, die pragtige argitek wat die huis saam met haar kleurvolle span oorgeneem het.
BJ kan dit nie ontken dat Eric haar belangstelling prikkel nie, maar ná 'n rampspoedige verhouding is romanse nie op haar agenda nie. Maar wanneer hy sy regskennis en kunsvernuf aanbied vir 'n gemeenskapsprojek wat haar na aan die hart lê, lei dit hulle albei na onverwagte antwoorde, nuwe hoop en dalk selfs meer …
Publication date: 2020-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605111

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
Die noodlot het ander planne vir die twee van hulle ... Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd 'n meisie aan die arm. Die lewe is 'n lied. Tot die dag wat sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is die intense skuldgevoel, die woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens 'n besering vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van 'n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. En Evan weet: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. Teen die agtergrond van die werklike gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes, word Christenskap en liefde tussen jong mense pragtig verbeeld.
Publication date: 2020-07-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431619474

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
Wanneer hongersnood Betlehem tref, bly sommige hoop vir reën terwyl Naomi en haar gesin die lang reis na Moab aanpak op soek na groener weivelde. Dáár is die oes oorvloedig, en vir 'n tyd lank wil dit voorkom of die Here hulle seën. Maar dan begin die een ramp na die ander hulle tref totdat Naomi alleen agterbly in 'n vreemde land met net haar twee weduwee skoondogters om haar te vertroos.

Mismoedig en brandarm besluit Naomi om alleen terug te keer na Bethlehem. Maar haar skoondogter Rut weier om haar alleen te laat gaan. Ten spyte daarvan dat sy en Naomi waarskynlik die res van hulle lewe as armoedige weduwees sal leef, bly Rut hoop vir 'n beter toekoms ... en miskien selfs 'n tweede kans op die liefde.
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431604722

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
Francine Rivers is 'n roman skrywer van formaat. Verlos deur die liefde is 'n vertaling van haar boeiende liefdesverhaal gebaseer op die lewe van die Bybelfiguur Hosea.
Publication date: 2003-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415341940

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 180
Van ongenooi na ingenooi is werklikheidsfiksie gebaseer op die ware verhaal van trauma en verlies en uiteindelike aanvaarding in die lewe van 'n jong vrou en haar gesin. Dit is ook die verhaal van ware vriendskap. Ná 'n besoek aan 'n chirurg word ulseratiewe kolitis by Tanja gediagnoseer en sy moet hoor dat dit reeds haar rektum en kolon aangetas het. Die dokter hanteer egter nie die saak as spoedeisend nie, verseker haar dat sy maar kan gaan vakansie hou. Die uiteinde is katastrofies. Tanja se kolon perforeer en sy sterf byna aan inwendige bloeding. Tientalle besoeke aan die hospitaal volg en sy moet vir die res van haar lewe met 'n stomasak saamleef. Ná haar ontslag besef en ondervind sy watter letsels die ongenooide siekte, trauma en aanhegsel aan haar liggaam en emosies laat. Van ongenooi na ingenooi is 'n boek vir:

• Vroue op die eensame reis wat in Noodgevalle of 'n onkologiekliniek begin het, waarna jy met jouself, God en jou medemens moet gaan saamleef
• Dié wat al deur groot trauma moes gaan, asook hul gesin en veral vir hul lewensmaat.
• Lesers wat hulle in 'n “nuwe normaal”bevind - in 'n liggaam wat waarskynlik nooit weer soos vroeër sal lyk of wees nie
• Die lewensmaats van vroue soos Tanja, asook die familie en vriende van ernstig siek mense

In Van ongenooi na ingenooi word hoop, innerlike genesing en die onfeilbare trou van die Drie-enige God verwoord. In hierdie ware liefdesverhaal reis jy saam van ongenooi na ingenooi.
Publication date: 2020-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340981

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
Twee weke is 'n hartroerende verhaal oor liefde, geloof en wat dit werklik beteken om 'n gesin te wees

Cole Blake staan op die punt om universiteit toe te gaan en die eerste treë na sy droom te neem. Maar toe hy sy finale semester in hoërskool begin, ontmoet hy vir Elise, 'n geheimsinnige nuwe meisie wat sy aandag en hart met die eerste oogopslag vasvang. Elise is daarop ingestel om van haar wilde weë agter te laat en weer die goeie meisie te wees wat sy eens was.

Nie lank ná die semester begin het nie, sy ontdek sy sy is swanger. Agtien en alleen, besluit sy om haar geheim met Cole te deel. Cole wat nie afgeskrik word deur die nuus nie en wat vir die eerste keer in sy lewe verlief is, is vasbeslote om Elise te ondersteun. Selfs al beteken dit dat hy universiteit moet misloop, met haar trou en 'n ander man se kind moet grootmaak.

Wanneer Elise besluit om haar baba te laat aanneem, word sy in verbinding gebring met Aaron en Lucy Williams wat na Bloomington, Indiana, getrek het om sewe pynlike jare van onvrugbaarheid te ontsnap. Met Cole wat oor haar waghou en Aaron en Lucy wat angstig wag om hul nuwe baba te verwelkom, neem Elise 'n onverwagte besluit - een wat almal se planne verander. Twee weke is 'n hartroerende verhaal wat wys hoe vinnig dinge in 'n tydperk van twee weke kan verander, maar bowenal oor liefde, geloof en wat dit werklik beteken om 'n gesin te wees.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415339428

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
Brady Bradshaw is 'n alleenloper. Hy verkies dit so. Wanneer hy nie brande blus in Oklahoma City nie, werk hy as vrywilliger in sy gemeenskap. Dit gee sin aan sy lewe, want as God nie die inwoners van Oklahoma City gaan help nie, sal hy wat Brady is. ingryp. Dit is waarvoor hy lewe. Om ander te help, en nog iets: die hoop dat hy eendag weer die meisie sal opspoor wat hy meer as tien jaar laas gesien het. 'n Meisie met die naam Jenna.
Jenna Davis dra alleen aan die hartseer wat in die verste hoeke van haar hart nesgeskop het. Haar verlies daardie donker dag in April is nie iets waaroor sy praat nie, die emosies is net hare. En sonder hegte vriende in haar lewe het Jenna niemand om haar pyn mee te deel nie.Niemand wat onthou wat 23 jaar gelede gebeur het het by Alfred P . Murrah Federale gehou nie. Tog, ten spyte van die onuitspreeklike verlies, het sy uiteindelik haar pad teruggevind na God toe.
Publication date: 2018-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320841

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 260
Boek 10.
Henok kry 'n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat  Re'uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Publication date: 2018-04-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625895

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 299
1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om 'n erflating te kom opeis van 'n oom wat sy nooit geken het nie: 'n klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van 'n dorpie vol bordele en kroeë, en 'n skynbaar waardelose myn.
Kathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in 'n storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê - en skryf - waarin sy glo.
Matthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak ...
Die aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: 'n dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is 'n liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.
Publication date: 2022-02-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607153

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
'n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou. Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om 'n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om 'n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig. Stil vloei die Komati is 'n meesleurende verhaal waarin die leuens en misleiding rondom 'n noodlotskoeël drie niggies se lewens onherroeplik verander.
Publication date: 2021-05-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321664

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Ses vroue van verskillende agtergronde beland saam op 'n plaas in die Sederberge. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om 'n groter krisis op te los. 'n Aksiebelaaide roman  'n Christelike agtergrond oor 'n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel.
Publication date: 2019-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322623

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Wanneer Rut se skoonmoeder Naomi wil teruggaan na Bethlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar. In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met almal gee. Hier triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en 'n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.
Publication date: 2022-03-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322159

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 275
Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe.
Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op:
Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind?
Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie?
Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat?
Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?
Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.
Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?
Publication date: 2020-07-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321428

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg…

Janine was sewe jaar oud toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet, want sy was 'n soet kind, oupa Koen en ouma Leen se trots.

Die seer in haar was haar eie en sy wou nie bejammer word nie, sy het haar skoolwerk gedoen en presteer, maats gekies wat haar grootouers goedgekeur het, maar wat saam met haar langs die rand van die afgrond geloop het.

Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar geken het en baie van die oumense, ook die wat sy bewonder het, met hul eie mislukkings geworstel het.

Haar kans het gekom toe Greg Walker die Engelsklas by mister Barlow-Jones oorneem. Met drome in haar oë en haar bruidsruiker in haar hande is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe gemaak het.
Publication date: 2019-08-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322456

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? Die gevolge van verkeerde keuses is vernederend en vernietigend. Dit slaan jou tot jy omval. Maar God is 'n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet.
Publication date: 2020-08-26

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.