●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321008

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 235
Haar ouma sterf op dieselfde dag wat Reina Sauer se lewe weer eens inmekaar val. Sy skei na 'n kortstondige huwelik met Bert Naudé.

Toe haar ouers albei vyf jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede is, was ouma Reina nog daar om te troos, maar hierdie keer moet sy alleen die stukke van haar lewe optel.

Ontwikkelaars kontak haar, hulle het planne om haar ouma se huis op McGregor deel van 'n sekuriteitskompleks te maak. Sy los haar oudhede winkel in Rondebosch in Bippie, 'n student wat oor naweke uithelp, se hande en vertrek na McGregor. Sy wil die verkoop van haar ouma huis so gou as moontlik afhandel sodat sy die res van haar lewe kan uitsorteer.

Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak sy met tant Cora Verwey en tant Trina van Zyl wat skynbaar die afgelope jaar by haar ouma gebly het? En hoe gemaak met oom Fred Bouwer wat elke dag iets in en om die huis kry om reg te maak?

Sy begin die huis opruim en kom in die solder op 'n boks vol briewe af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reg gekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het.

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Op 38 is Derek Retief ontnugter, sinies en kwaad. Destyds met matriek agter sy naam, het hy vinnig die stof van die strate van die klein dorpie waar hy grootgeword het, afgeskud. As oudste moes hy help grootmaak aan sy kleiner boeties en sussies. Hy het sy deel gedoen, enige vrou wat begin gesels oor babas en troues, skud hy vinnig af.

Hy wou geld maak, baie geld sodat hy alles kon koop wat hy nog altyd begeer het. En hy was amper daar, amper op 'n plek waar hy hom nooit weer hoef te bekommer oor geld nie toe hy op 'n dag ontdek sy sogenaamde 'vriend' en mededirekteur is land uit met miljoene van sy geld wat oor maande verduister is. En o ja, ook saam, is Margie, die vrou wie hom amper van plan laat verander het omdat hy gedink het hy kan dalk die res van sy lewe saam met haar deurbring.

Hy is vasbeslote om so vinnig as moontlik weer 'n paar nulle by die belegging in sy bank te voeg. Die nuwe ontwikkeling op McGregor gaan daarvoor sorg. Daar is net nog een handtekening wat tussen hom en sy drome staan. Hy het 'n afspraak met die ou dame gehad wie se huis hy sal moet afbreek om sy planne uit te voer, maar sy is ure voor hy opgedaag het, oorlede. Hy kry uiteindelik 'n afspraak met haar kleindogter, maar om 'n handtekening te kry, raak 'n hele missie.
Publication date: 2018-07-12
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620579

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Lidia is die dogter van 'n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.

Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.

Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Publication date: 2018-11-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616596

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
Voordat Christus haar aangespreek het as 'my dogter', voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy 'n vrou met 'n hart wat gebloei het ...
Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog 'n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar taÂ-lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af wegÂ-vat.
In Tessa Afshar se 'n Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en teÂ-leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?
Publication date: 2017-04-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620795944

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Daar was baie gewone mense wat meegewerk het om die profesieë oor Jesus se kruisiging te vervul … en tog, het van hierdie mense vergete geraak. Wat kon geword het van die wag wat sy hand teen Jesus gelig het? Die vroue? Hierdie mense se verhale oor hoe Jesus hul kon aangeraak het gaan jou in verwondering laat. Jy sal die boek weer en weer wil lees en daaroor gesels.
Publication date: 2019-09-13
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607139

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.
Publication date: 2021-03-31
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351510

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
'Dawid Uys, 'n jong dominee op die platteland, word gekonfronteer met vrae oor sy herkoms en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses
wanneer hy 'n onverwagse oproep van 'n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met 'n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en ook moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se
dogter. Daar is ook 'n nuwe intrekker op die dorp, 'n beeldskone enkelma met 'n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op 'n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.
Aurora is 'n eietydse roman, oor gewone mense in gewone situasies. Belangrike temas soos menswees, geestelike groei en geloof word aangespreek.'
Publication date: 2023-01-24
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868299621

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Die vroue in die geslagsregister van Jesus Christus was dapper, het risiko's geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wereld voort te bring. Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Hierdie vroue kan vir ons die weg wys. Die lesse wat ons by hulle kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het. Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus in nou in een titel beskikbaar. Tamar was 'n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeewenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wereld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jou insluit.
Publication date: 2006-05-14
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000796

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
In die stad Magdala, aan die oewers van die See van Galilea, woon 'n hegte gesin wat gerugte hoor van 'n nuwe profeet. Die Israeliete word toenemend deur die Romeine onderdruk en hulle dorpe en stede is onder beleg. Onskuldiges sterf en die Jode raak al hoe meer opstandig. Gerugte begin die rondte doen van 'n nuwe leier wat die volk gaan verlos van die Romeinse juk. Wie is hierdie nuwe profeet van wie almal praat? Die Jode in Magdala gaan hulle gang te midde van al hierdie onrustigheid. Ook húlle is bewus van die gerugte van 'n nuwe profeet en verlosser. Op soek na die waarheid, onderneem die vader van hierdie gesin en sy oudste seun 'n pelgrimstog na die Tempel in Jerusalem. Hierdie besluit hou egter verreikende gevolge vir die gesin in en hulle lewens word onherroeplik verander deur die onvoorsiene gebeure in Jerusalem …

Die verhaal is fiksie losweg gebaseer op gebeurtenisse in die Bybel met spesifiek Lukas 13:1 as uitgangspunt, naamlik die moord op die Galileërs en die nagevolge daarvan op die lede van 'n gewone hardwerkende gesin woonagtig in Magdala naby die See van Galilea.
Publication date: 2023-03-30
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322647

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
Berdine se ma en ouma kom tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Ná jare se manipulering in 'n verhouding besef Berdine dat dit nie is wat sy wil hê nie. Haar ma en ouma werk saam om Berdine terug te lok na haar herkoms. Daar wag 'n vreugdevolle weersiens maar ook moeilike keuses. Berdine kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel.
Publication date: 2022-10-20
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617401

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.
Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.
Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik
verander.
Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Publication date: 2018-01-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322753

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
Die lewe loop wye draaie met Janine van die Weskusdorpie af, eers Londen toe saam Greg Walker en nou weer in Roodepoort. Frustrasies bring versoekings, en sy wil bietjie uitkom, maar as ma kom sy tot die besef dat haar dogters nie net haar verantwoordelikheid is nie, maar ook haar grootste vreugde. Om terug te gaan dorp toe en 'n gesin te begin saam met haar ou liefde wat haar onvoorwaardelik vergewe het, is per slot van sake nie 'n verpligting nie, maar God se antwoord op haar gebede.
Publication date: 2021-09-10
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796323163

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
Berdine Human is terug in die Karoo en die verhoudings wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel.
Haar Ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan vir haar voorop en haar droom om 'n kliniek en skuiling te help oprig om die Karoomense te dien, gaan nie om eie eer nie.
Ten spyte van haar nuutgevonde geloof is daar soveel struikelblokke om te oorkom dat sy wonder of sy dit sal regkry.
Die pakkie briewe uit Italië wat sy tussen haar ouma se goed kry, bevestig haar vrese dat daar wel goeie drome is wat tot niks kan kom nie.
Wanneer 'n gru-ongeluk Berdine se wêreld onderstebo keer, wag daar nog 'n moeilike keuse.

Met 'Die Skuiling' sit Helena Hugo die verhaal van 'Die lewe wat ek jou gegee het' en sy geliefde Karoomense uitmintend voort.
Publication date: 2023-09-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan.
Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publication date: 2022-08-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351299

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 290
Geloof soos 'n mosterdsaadjie is die eerste van 'n drieluik wat die boeiende verhaal van Andreas Beyers en Estie Wolmarans vertel. Die temas is geloof, hoop en liefde. Die drieluik skop af in Andreas se kinderjare, waar 'n tragedie sy lewe onherroeplik verander en hy gewikkel raak in die stryd en konflik tussen goed en kwaad. Hierdie eerste boek fokus op geloof en die stryd om die lewe te aanvaar as mens met die dood gekonfronteer word.

Andreas dink as afgetrede predikant terug aan sy lewe - dit is soos om 'n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af - van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met 'n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders 'n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.
Hy en Stephan, het in 'n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou 'n tuisgeboorte wees, 'n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis.
Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos 'n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.
Publication date: 2022-03-03
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796318879

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Boek 1
Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd - bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef - al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle (met hul uiteenlopende kulturele, politieke en godsdienstige agtergrond) 'n toekoms saam? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?
Publication date: 2014-06-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.