●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
General / Algemeen

Results 1 to 15 of 843
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313991

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 320
R 288You save R 32
Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestaanders, randeiers...Noem hulle wat jy wil, Suid Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense van die vroegste tye af na hulle asem laat snak of verstom agter hulle hand laat fluister het. Hierdie rare mense het met die jare hul merk gemaak op vele terreine. Dis hulle wat Daniël Lotter aan 'n nuwe geslag lesers bekendstel.

OOR DIE OUTEUR: Daniël Lötter is 'n boorling van die Bo-Karoo, waar hy van kleins af die kuns van stories vertel by meesters op dié gebied geleer het. Hy het 'n makabere belangstelling in misdaad, veral moord, maar ook spoke en ander rare karakters en verskynsels. Sy debuutbundel kortverhandel, Die grootpad is 'n grondpad, het vroeg in 2020 by Protea Boekhuis verskyn. 17 maal moord (2020), Ware spookverhale van Suid-Afrika (2021) en 14 maal moord (2022) is hoog aangeprys deur resensente en het albei groot byval gevind by lesers.
Publication date: 2022-05-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928518839

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 220
Covid-19 kry die wêreld in sy mag en groei tot 'n orkaan van ongekende omvang. Almal is saam in die storm, maar in verskillende bootjies. Sommige is eensaam en alleen in 'n bootjie; in ander bote is daar te veel mense vir die beperkte ruimte. Mense raak benoud. Benoude katte maak benoude spronge. Wanneer die lewe jou uit die bekende grond van 'n bepaalde bestaan ruk en sonder waarskuwing op 'n onbekende plek laat val, kan jy uithaak. Dan begin dinge komieklik raak. 'n Bevolking in huisarres - gevangenes sonder 'n misdaadrekord. Terwyl die misdadigers op vrye voet is - besig om die septer te swaai en die land te verwoes. Verskroeide aarde onder kwarantyn. Honger mense se kos word gesteel deur dié wie se spense oorvol is. Mense wat absurde wette oortree, kry 'n misdaadrekord. Vir party word dit pikker as pikswart; ander strek hulle hande uit om elke nuwe dag te omhels. Hierdie boek kyk na dit wat as buite-normaal, skokkend, tragies, ongemaklik of komies ervaar is in die ses maande vanaf vlak vyf tot vlak een van die pandemie.
Publication date: 2020-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399820

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 240
Moet 'n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee!
Daar ís egter 'n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het.
Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media - 'n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om 'n meningsvormer te wees as uit enigiets anders.
In Word 'n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -meningsvormers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe 'n mens 'n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van meningsvormers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsguru's verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op meningsvormers vir veldtogte besluit word.
Publication date: 2020-09-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795709753

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 225
Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys?
Dis 'n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie. Vannie Kaap is 'n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek 'n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaap-winkel het in 2017 oepgemaak en daar's tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.
“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand - aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!
Publication date: 2020-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928283379

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 120
Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.
Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord.
Die versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.

Voorbeelde:
Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.
Ek moet probeer om nuwe foute te maak.
Date rape. Dit klink soos 'n nagereg.
Jy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.
'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur.
As julle trou, word julle een. Watter een?
Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.
Moet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.
Publication date: 2019-12-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393415

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 300
'n Prins op 'n wit perd kan nie alles heel maak nie.
“Wil jy sien waar baie mense se ewigheid eindig? In 'n egskeidingshof.”
As jy 'n boek verwag deur 'n volmaakte, pyn-in-die-gat prinses oor hoe om liefde en kalmte te vind, soek dan verder. Seks, leuens en die internet is 'n rou, eerlike vertelling deur 'n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. In haar soektog kom sy alles teë - van die armes van gees tot die armes van vlees. En dit alles te midde van menopouse, skete en plooie.
Hierdie boek gaan oor die soeke na die self en die oeroue stryd tussen die brein en die hart. Die vraag is net: Wie gaan dié keer wen?

Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings, seks en selfondersoek. Dis 'n eerlike en soms skreeusnaakse memoir, maar ook 'n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
Publication date: 2019-07-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780627035845

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 295
Publication date: 2018-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780627033032

Leermiddels: General / Algemeen

Leermiddels  -  General / Algemeen
R 545
Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroee en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en le hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met 'n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teoriee aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel. Die inhoud sluit die volgende in: Basiese beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis; Diversiteit in die wiskunde-klaskamer; Onderrig en leer van wiskunde in Graad R; Ontwikkeling van getalbegrip; Patrone, funksies en algebra in die Grondslagfase; Onderrig en leer van ruimte en vorm; Onderrig en leer van meting; Datahantering in die Grondslagfase; Wiskunde-assessering in die leerdergesentreerde klaskamer Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is 'n onontbeerlike handleiding vir beginner-onderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle oordraging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word. 'n Hulpbronpakket op CD-ROM is by die boek ingesluit om onderwysers van waardevolle hulpbronmateriaal te voorsien; verder bevat elke hoofstuk ook 'n spesiale afdeling oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer.
Publication date: 2015-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432303440

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 70
Die Amptelike K53 Slaag jou Leerlinglisensie Maklik is die herbewerkte en opgedateerde weergawe van die bekende Slaag jou Leerlinglisensie, 'n wentitel waarvan daar meer as 2 miljoen uitgawes verkoop is. Ons het juis daarom hierdie gids aangepas sonder om die wenformule te verander. Die teks is opgedateer met die nuutste inligting oor die toets en sluit die titel by die toets vir die K53-rybewys aan en is 'n noodsaaklike gids vir enige persoon wat vir hul leerlinglisensietoets voorberei.

Inhoud: Inleiding; Die toets vir 'n leerlinglisensie; Die voertuig se beheermeganismes; Die toets-jouself-stelsel; Die defensief-bestuur-stelsel (K53); Die reëls van die pad; Padverkeerstekens en padmerke; Regulerende padtekens; Waarskuwende padtekens; Gids- en inligti ngpadtekens; Verkeerseine; Padmerke; Gerekenariseerde toetsinligti ng; Toets jouself-antwoorde
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432303297

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 70
Hersien, met opgedateerde inligting en 'n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die Nuwe Amptelike K53-handleiding 'n omvattende en koste-effektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motorfietse.

Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreëls, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van dié afdeling is 'n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. 'n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is ná die toets bygevoeg.

Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis dié gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. Dié handleiding se inhoud vorm ook die basis vir 'n opsionele skakel tot 'n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

Inhoud: Oorsig van die Leerlinglisensietoets; Die voertuig se kontroles; Defensief bestuur op die K53-manier; Oorsig van padtekens; Reguleringstekens; Waarskuwingstekens; Inligtingstekens; Gidstekens; Padmerke; Reëls van die pad; Leerlinglisensie-proeftoets (met antwoordblad); Oorsig van K53-bestuurstoets; Gebruik van die voertuig se kontroles; Verduideliking van die K53-aksies; Bestuurstoets vir ligte en swaar voertuie - Die werftoets; Die bestuurstoets; Motorfiets-rytoets - vooraf-inspeksies en maneuvers; Ryvaardighede-toets.
Publication date: 2013-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432301996

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 70
Nuut van die uitgewers van verskeie topverkopergidse vir die slaag van jou leerling- en bestuurslisensie, is Net die toets ideaal vir enige iemand wat so 'n bietjie meer oefening benodig voordat hulle die leerlinglisensie toets a?e. Met meer as 160 vrae wat alles dek van padreels, waarskuwingstekens, inligtingstekens en padmerktekens tot voertuigkontroles, motor?etse en reguleringstekens, sal jy die toets met selfvertroue a?e. Die vrae is waar nodig met padtekens en padmerktekens toegerus om die leerproses te vergemaklik. Die gids bevat ook 'n nuttige afdeling van wat op die dag van die toets benodig word, lisensiekodes en oor toetse wat elektronies afgele word.
Publication date: 2013-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780627019654

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 660
Die werk bied 'n sistematiese benadering tot anatomie. Hierdie benadering, in teenstelling met die regionale benadering wat deur mediese en tandheelkundige studente gevolg word, is veral gerig op medies-verwante beroepsrigtings soos verpleegkunde, radiografie, arbeidsterapie en fisioterapie. Die boek is in 'n maklik leesbare styl geskryf en daar word aan elk van bogenoemde kursusse se behoeftes voldoen.
Publication date: 1998-01-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780008498665

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 380
Everyone debates, in some form, most days. Sometimes we do it to persuade; other times to learn, discover a truth, or simply to express something about ourselves. We argue to defend ourselves, our work, and our loved ones from external threat. We do it to get our way, or just to get ahead.


As a two-time debating world champion, Bo has made a career out of arguing. Over the past few years, however, he's noticed how we're not only arguing more and more, but getting worse at it - a fact proven by our polarised politics. By tracing his own journey from immigrant kid to world champion, as well as those of illustrious participants in the sport such as Malcolm X, Edmund Burke and Sally Rooney, Seo shows how the skills of debating - information gathering, truth finding, lucidity, organization, and persuasion - are often the cornerstone of successful careers and happy lives. Along the way, he provides the reader with an unforgettable toolkit to use debate as a means to improve their own.


This book is an everyperson's guide to disagreeing well, so that the outcome of having had an argument is better than not having it at all. Taking readers on a thrilling intellectual adventure into the eccentric and brilliant subculture of competitive debate, The Art of Disagreeing Well proves that good-faith debate can enrich and improve our lives, friendships, democracies and in the process, our world.
Publication date: 2022-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781838510275

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 885
Language French: From Amanda Gorman resplendent in kente cloth (courtesy of Virgil Abloh for Louis Vuitton) on the cover of US Vogue, to Michelle Obama's repeated outings in Duro Olowu, African fashion exerts worldwide influence. Africa Fashion discusses how radical post-independence social and political re-ordering sparked a cultural renaissance across the continent. Designers such as Shade Thomas-Fahm, Chris Seydou, Kofi Ansa and Alphadi drew on past traditions, recovered and reinvented them and so laid the foundation for today's fashion revolution. The authors then present the work of the new generation of creatives such as Nigerian fashion designer Lisa Folawiyo, Somali visual artist Gouled Ahmed, Ghanaian woven bag maker AAKS, and Kenyan jeweler Ami Doshi Shah. Their work shows that there is no one way to be African and no single African aesthetic. The contemporary African fashion scene is as diverse and dynamic as the continent itself, and crucially always has been. With contributions from experts on cloth, fashion and cultural history as well as the voices of makers and designers, this inspiring and arresting book offers a window into one of the most innovative, exciting and thoughtful areas of fashion today.
Publication date: 2022-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780008395476

Nie-fiksie / Non-fiction: General / Algemeen

Nie-fiksie / Non-fiction  -  General / Algemeen
R 260
Jarvis Jay Masters's early life was a horror story whose outline we know too well. Born in Long Beach, California, his house was filled with crack, alcohol, physical abuse, and men who paid his mother for sex. He and his siblings were split up and sent to foster care when he was five, and he progressed quickly to juvenile detention, car theft, armed robbery, and ultimately San Quentin. While in prison, he was set up for the murder of a guard - a conviction which landed him on death row, where he's been since 1990. At the time of his murder trial, he was held in solitary confinement, torn by rage and anxiety, felled by headaches, seizures, and panic attacks. A criminal investigator repeatedly offered to teach him breathing exercises which he repeatedly refused, until desperation moved him. With uncanny clarity, David Sheff describes Masters's gradual but profound transformation from a man dedicated to hurting others to one who has prevented violence on the prison yard, counselled high school kids by mail, and helped prisoners -and even guards - find meaning in their lives. Along the way, Masters becomes drawn to the Buddhist principles - compassion, sacrifice, and living in the moment -and gains the admiration of Buddhists worldwide. And while he is still in San Quentin and still on death row, he shows us all how to ease our everyday suffering, relish the light that surrounds us, and endure the tragedies that befall us all.
Publication date: 2022-07-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.