DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350

Christelik / Christian
Men's Interest / Mans

Results 1 to 3 of 3
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622498

Christelik / Christian: Men's Interest / Mans

Christelik / Christian  -  Men's Interest / Mans
R 150
R 135You save R 15
Daar word baie en maklik gepraat oor alles wat verkeerd is in ons samelewing. Die oplossings kom egter nie so maklik nie, en antwoorde soos “kom ons leef positief en maak die beste van 'n slegte saak” is net nie genoeg om werklik 'n verskil te maak nie.
In Man van God fokus bekende skrywer Bennie Mostert spesifiek op die moderne Christenman, en die verantwoordelikheid wat mans moet opneem om by te dra tot die herstel van die geestelike dimensie van ons samelewing.
In drie afdelings word daar gefokus op:
· Die eienskappe van 'n ware man van God
· Hoe 'n man van God teenoor sy kinders moet optree
· Riglyne waarvolgens die man van God in gebed kan intree vir sy vrou, kinders en die werk­plek.
God wil Christenmanne gebruik om die wêreld te verander. Man van God bevat waardevolle riglyne wat hulle sal help om werklik te leef soos die Vader dit bedoel het.
Publication date: 2019-05-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796317902

Christelik / Christian: Men's Interest / Mans

Christelik / Christian  -  Men's Interest / Mans
R 195
R 176You save R 19
Mans word deesdae gekonfronteer met 'n ál vinniger veranderende wêreld wat bestaande sekerhede ondermyn. Hiermee help Johan Ferreira, 'n bekende Johannesburgse voorligtingsielkundige, in dié boek. Sy deurleefde raad vol gesonde verstand en praktiese voorbeelde bied nuwe perspektiewe op uitdagings soos: verhoudings, gemoedsprobleme, traumatiese ervarings, lewensfase-uitdagings en allerlei soorte verslawing. Vir mans is vir elke man wat daarna streef om 'n vervulde lewe te lei.
Publication date: 2019-02-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431610839

Christelik / Christian: Men's Interest / Mans

Christelik / Christian  -  Men's Interest / Mans
R 200
R 180You save R 20
In die vier Evangelies lê 'n skatkis van wyshede wat Jesus self met die mense om Hom gedeel het. Met Jesus se woorde vir mans daag Riekert Botha mans uit om werklik te luister na wat Jesus gesê het.
Die 366 kort en kragtige boodskappe deur hierdie bekende radio-persoonlikheid en skrywer is die ideale dagboek vir mans. Elke dagstuk begin met 'n teksvers wat Jesus se woorde bevat . Mans sal Jesus se woorde vanuit 'n nuwe perspektief beskou as hulle hierdie kort aanhalings van ons groot Leermeester saam met Riekert bestudeer. Temas soos reg en verkeerd, Jesus se gesindheid en vertroosting word saam met stukkies raad, uitdagings en aanmoediging van die beste Ondersteuner wat daar is, oorgedra.
Elke dagstuk in Jesus se woorde vir mans word afgerond met 'n gebed vir die dag. Praktiese toepassing om nie net Jesus se woorde te hoor nie, maar dit ook te gaan uitleef!
Publication date: 2015-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.