●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Christelik / Christian
Prayer / Gebed

Results 1 to 15 of 29
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351398

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Translator: Joey Kok
Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 240
R 216You save R 24
Die lig van Sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart is die Afrikaanse vertaling van die gewilde topverkoper Amerikaanse boek, The Light of His Presence: Prayers to Draw You Near to the Heart of God. Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God. Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van Sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding. Die boek moedig die leser aan om volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy/haar eie woorde aan die Here neer te skryf. New York Times het Anne Graham Lotz aangewys as een van die 5 invloedrykste evangeliste van haar generasie. Anne se boeke is topverkopers en internasionale pryswenners in verskeie tale.
Publication date: 2022-07-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322777

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 195
R 176You save R 19
Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, 'n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak. In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie. Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.
Publication date: 2022-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351251

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 250
Gebed, die weg na vrede en vervulling
Die net is gebreek brei uit op die boodskap van Psalm 124:7, “Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.'
Die meeste mense beland die een of ander tyd in 'n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.
In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van 'n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader.
Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van 'n gesonde gebedslewe.

In Die net is gebreek word ons herinner dat 'n groot krisis tot innerlike groei en verryking lei. Dan kan daar betekenis wees in 'n tyd van teenspoed, en 'n nuwe pad kan uit die doodloopstraat lei.
Publication date: 2022-02-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431619078

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 170
Voel dit of jou gebede nie “werk” nie? Asof dit kragteloos is? Sê nou die probleem lê nie by die gebed nie, maar by die bidder self?
Anne Graham Lotz ondersoek in Die gebed van Daniël hoe 'n gebed moet lyk om waarlik die hemel te beweeg en 'n nasie te verander. Deur van nader te kyk na Daniël se gebed in Daniël 9 beantwoord sy vrae soos:
• Hoe weet ek God luister na my gebed?
• Hoe weet ek God sal my gebed beantwoord?
• Hoekom moet ek bid?
• Maak dit saak waar ek bid?
• Maak my gesindheid saak wanneer ek bid?
• Watter verskil maak een persoon se gebed?
Ontdek hoe 'n gebed gebore uit desperaatheid jou kan lei om waarlik passievol, opreg, seëvierend en volhardend te bid totdat jy 'n antwoord kry. Die gebed van Daniël sal jou help om effektief te bid vir jou nasie, jou gesin en jouself.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624980

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 199
Die meeste mense besef die belangrikheid van gebed en ons weet ook dat Jesus in sy aardse bediening gereeld gebid het. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? Doelgerigte gebed is 'n “gebedskool” of handleiding wat ten doel het om mense prakties te laat bid. Dit bied 40 onderwerpe wat lesers stap vir stap wys hoe hulle die Skrif kan bid. Elke onderwerp word ondersteun deur teksverse wat reeds verwerk is tot gebede of as riglyn gebruik kan word. Aan die einde van die boek is 'n studiegids waarin lesers hulle daaglikse vordering in die 40 dae kan meet. Doelgerigte gebed is 'n praktiese gids wat Christene sal wys hoe om die Skrif te gebruik in hulle gebedstyd saam met die Vader.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431626083

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 99
Het jy nuwe inspirasie nodig vir jou gebedslewe? 101 gebede vir mans dek 'n wye verskeidenheid onderwerpe wat elke area in 'n man se lewe raak. Onderwerpe strek van hoe om jou geloof uit te leef tot hoe om jou verhoudings te versterk en God te vertrou om in al jou behoeftes te voorsien.
Maak hierdie gebede jou eie en ontdek hoe lief God jou het en dat Hy altyd by jou is.
Publication date: 2019-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431626007

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 99
Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid. In 101 gebede vir vroue bied Joanna Teigen vir vroue nuwe inspirasie vir hulle gesprekke met God. Met gebede oor onderwerpe soos krag te midde van seerkry, geduld, tevredenheid, gebroke vriendskappe en bid vir geliefdes sal jy vir seker 'n gebed vind vir jou situasie.
Hierdie gebede sal jou help om God se stem te hoor en sy getroue leiding te ervaar in elke situasie.
Publication date: 2019-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620791

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 120
Baie mense het vrae oor presies wat om te bid en hoe om te bid. In Gebede uit die hart gee dr. Warren Wiersbe antwoorde op sommige van hierdie vrae terwyl hy ook ondersoek instel na hoekom en hoe God mense vra om te bid.
Gebede uit die hart bied praktiese hulpmiddels wat nuwe en ervare gelowiges help om gebed deel te maak van hulle daaglikse lewe. In hierdie boek sal hulle God se wil vir hulle gebedslewe ontdek, hoe hulle verhouding met God en ander mense hulle gebedslewe beïnvloed en wat dit beteken om vir hulle vyande te bid.

Met hierdie diep geestelike boek lei dr. Wiersbe lesers doelbewus weg van streng godsdienstige reëls oor gebed wat in die Bybelse tyd toegepas is. Hy moedig gelowiges eerder aan om vreugde te vind in God se teenwoordigheid terwyl hulle die daaglikse gewoonte beoefen om in gesprek met God te tree.
Publication date: 2018-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620623

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 170
50 hartsgesprekke met die Vader en bemoediging uit sy Woord.
Briewe is 'n intieme manier om met mekaar te kommunikeer. Gewoonlik wys 'n brief iets van jou hart se binnekant. Dit verklap jou drome, of vertel van jou smagting of vrese of diepste twyfel. Net so is ons gesprekke met God briewe waarin ons ons hart voor Hom uitstort.
Briewe aan God is 'n versameling van 50 van hierdie kort versugtinge, dankie-sê-sinnetjies en noodroepe aan God. Die briewe hanteer verskeie aspekte in die lewe, soos kwellinge oor 'n kind, die behoefte om 'n vriendin te vertroos, dankie-sê-briewe vir seëninge en nog vele meer. Ná elke brief is daar ook enkele Skrifaanhalings oor die onderwerp in die brief en 'n gebed.
Briewe aan God is doodgewone gesprekke en gebede op papier - gerig tot God - en geanker in sy Woord.
Publication date: 2018-07-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618088

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 190
Wanneer jy die Skrif hardop bid, sal jy kragtige resultate sien. Dít het Jesus se lewe ons geleer. In Gebede uit die Bybel bied Wesley en Stacey Campbell vir ons 'n skatkis van gebede direk uit die Skrif. Die gebede is in agt kategorieë verdeel wat chronologies gerangskik is, net soos hulle in die Bybel verskyn. Dit sluit in: teofanieë, die Psalms, wysheidsgebede, Hooglied, gebede van die profete, gebede van Jesus, Apostoliese gebede en liedere van Openbaring. Elke afdeling sluit 'n inleiding en praktiese riglyne in oor hoe en wanneer om die gebede te bid. Of jy 'n beginner of 'n gesoute voorbidder is, hierdie boek gee vir jou vinnige en maklike toegang tot 88 kragtige, Bybelse gebede vir enige situasie in die lewe. Dit is 'n unieke bron wat jy weer en weer kan raadpleeg, en jou in 'n dieper gesprek met God sal inlei.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621071

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 90
Gebede uit die Woord bied Skrifgebede wat jy kan koester en oor nadink. Hierdie versameling Skrifgebede wat strek van Dawid se innige gebede tot Jeremia se hartroerende smekinge, is 'n wonderlike hulpbron wanneer jy nie woorde kan vind vir jou gebede nie. Gebede uit die Woord, wat jou herinner aan God se getrouheid en die krag van gebed, sal jou gebedslewe die hupstoot gee wat dit nodig het. Die boek word pragtig afgerond met kunswerke van die bekende kunstenaar Gustave Doré en beeld tonele uit van spesiaal uitgesoekte Skrifgebede.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622986

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 169
Hierdie kosbare versameling gebede is ideaal om spesifieke situasies teenoor God te verwoord. Die gebede oor sake wat die gesin raak, vriendskap, siekte, verlies, werk, en soveel meer sal lesers herinner dat God dáár is, dat Hy luister en omgee, en dat Hy gereed staan om te help wanneer ons na Hom opkyk vir inspirasie en bemoediging.
Gebede vir elke geleentheid bied meer as 150 gebede gerangskik onder vier kategorieë: oorspronklike gebede vir spesifieke geleenthede, gebede uit die Bybel, gebede uit evangelie-liedere en klassieke gebede. Agter in die boek is daar ook 'n tematiese indeks om die regte gebed vir enige geleentheid te vind.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623150

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 129
Gebede vir my seuntjie bied 40 kosbare gebede wat ouers oor hulle kleinding kan bid. Die gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg, beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618880

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 180
Stormie Omartian is wêreldwyd bekend vir haar boeke oor gebed vir mans, vroue, ouers en huweliksmaats. Nou is twee van haar gewilde boeke, Die krag van ʼn biddende man en Die krag van ʼn vrou wat bid saamgevoeg in een handige flipboek-formaat.
Die krag van 'n biddende man is gerig op elke man wat vir sy vrou wil intree op gebiede waar sy werklik sy gebede nodig het. In 20 kort hoof¬stukke wys Stormie mans hoe meer hulle op God vertrou in gebed, hoe beter sal Hy hulle en hul vroue lei na nuwe vervulling en vreugde van dag tot dag.
In Die krag van 'n vrou wat bid bied Stormie in 30 kort hoofstukke leiding aan elke vrou wat 'n vrugtevolle gebedslewe begeer. Sy gee vir vroue wenke oor hoe om nader aan God te kom en sy planne vir hul lewe te ver-staan.
Hierdie 2-in-1-boek is ideaal vir mans en vroue wat weet wat 'n kragtige uitwerking gebed op hulle huwelik kan hê.
Publication date: 2017-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770008045

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 39
Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord - Gebedeboek is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.
Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in 'n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.
Kragtige gebed deur God se Woord - Gebedeboek is 'n wonderlike geskenk vir elke gelowige.
Publication date: 2017-08-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.