●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Christelik / Christian
Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Results 1 to 15 of 50
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322944

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 235
“U is soggens se opstaan en saans se gaan slaap. Dankie vir vanjaar se reisplanne. Ek volg in u spoor.” Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus, Deuteronomium, I en II Konings, 'n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322708

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 240
R 192You save R 48
Draers van die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.
Publication date: 2022-06-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351312

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
R 225You save R 25
Hóé dien 'n hedendaagse gesin God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding 'n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewensveranderend is? Hoe inisieer 'n enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil? Met hierdie boek wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos bv. die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef. Ouers voel dikwels nie opgewasse om vir die taak om geestelike leiding aan hulle kinders te gee nie. Hierdie boek is die ideale antwoord vir gesinne wat praktiese wenke nodig het om gesinstyd met die Here spesiaal te maak.
Publication date: 2022-03-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625482

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na 'n plek waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms?
Topverkoper-outeur Milanie Vosloo wéét dat die lewe soms elke druppel energie uit 'n vrou tap. Die 366 bemoedigende dagstukkies met 'n Skrifaanhaling, oordenking en kort gebed sal vroue opnuut verseker dat God die enigste Bron is wat hulle volkome kan versterk.
Krag vir elke dag moedig vroue aan om hul angs en onsekerheid te verruil vir God se ewige, onuitputbare krag.
Publication date: 2021-11-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776353897

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in 'n gejaagde wêreld. 'n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos 'n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So 'n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na 'n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur 'n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. In die teenwoordigheid van die Allerhoogste uit die pen van die bekende en immergewilde Stephan Joubert is 'n gids wat Christene tot reg by die Vader se voete sal bring. Hier sal hulle sielsvrede kan vind en hul ware identiteit as kinders van die Allerhoogste in oorvloed kan uitleef. In hierdie boek roep Stephan Joubert mans en vrouens se harte terug na die teenwoordigheid van die Allerhoogste waar hul gewortel in geloof langs God kan leef en floreer, ten spyte van die gewoel in die wêreld.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623235

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
As jy moeg is vir 'n vervelige, doodgewone lewe, is die 366 oordenkings in Hier is ek, Here net wat jy nodig het. Elke oordenking fokus op die oorvloedige seën wat jy kan ervaar wanneer jou lewe volkome oorgegee is aan God. Vind uit hoe om voluit te lewe, die bietjie te gee wat jy het, en oorvloedige seën te ervaar. Word 'n volgeling van Jesus en ervaar 'n lewe van ware betekenis en sin.
As jy gereed is vir jou beste lewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om te sê: Hier is ek, Here!
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781991212788

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
Inspirerende sielsgedagtes. Verhoudings tussen ouers en kinders en die invloed daarvan op jou menswees.
Publication date: 2021-10-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322746

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 225
Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar geestelike leiding aan gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van Barend Vos. In 2022 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Eksodus, Rigters, Job, Spreuke, Jeremia en Amos, asook Matteus, 2 Korintiërs, Efesiërs, Filemon, Hebreërs en Jakobus. Groot momente in die kerkkalender word ook in ag geneem.
Publication date: 2021-08-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624829

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
Is jy op soek na vrede? 'n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?
Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Wanneer jou hele lewe op Hom gefokus is, word jou visie helder, jou prioriteite duidelik en onmoontlike situasies hanteerbaar. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het.
Hý is jou stilte in die storm.
Wees oor niks besorg nie is 'n treffer-dagboek met 366 dagstukke wat jou sal lei om elke dag daarop te fokus om Jesus, jou Verlosser, beter te leer ken sodat jy kan groei in 'n meer volwasse volgeling wat ook vir die wêreld sal wys hoekom Jesus ook die antwoord op húl soeke na vrede is.
Publication date: 2021-06-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624263

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 269
Vind vrede, krag en vreugde in die teenwoordigheid van God! Die 366 oordenkings in Hoop vir elke môre sal vroue daagliks aan God se liefde en genade herinner. Begin elke dag met nuwe hoop wanneer jy vol verwagting voor die God kom kniel wat jou liefhet en jou gebede hoor.
Publication date: 2021-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322487

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 230
Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer hou daarvan om die kronologie, tydvak en kulturele atmosfeer rondom 'n gebeurtenis of persoon te ondersoek en poog om die stof toeganklik te maak, met herkenbare raakpunte van die lewe vandag. Die daaglikse lewe en geografie in die wêreld van die Nuwe Testament word nagevors. Die universeel menslike dilemma word weerspieël in die tema van alle musiek en literatuur: Verloor, soek, vind. Die goue draad van die verlossingsgeskiedenis bly behoue tot waar dit aangegee word na die evangelieskrywers vir die krip in Betlehem en daarna aan die apostels van Christus, tot by die boek Openbaring.
Publication date: 2020-08-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340752

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede - goed en sleg - stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na 'n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:

God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind.
Elke oordenking word afgesluit met 'n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321916

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 285
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van 'n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.
Publication date: 2019-07-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431607334

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 150
In Om te lewe soos Jesus stap Ewald van Rensburg vir 366 dae saam met jongmense van Matteus tot Openbaring in Jesus se voetspore.
Die dagboek bied:
• 366 kort, kragtige oordenkings met kernteks­gedeeltes uit die Nuwe Lewende Vertaling.
• 'n Voorgestelde Bybellees-metode voor in die dagboek.
• Sielsoefeninge aan die begin van elke maand wat jongmense aanspoor om hulle geloof prakties uit te leef.
• 'n Stilword-oefening aan die einde van elke week wat jongmense sal help om bewus te word van God se teenwoordigheid.
Die praktiese riglyne en voorbeeld van Jesus en ander Bybelkarakters sal jongmense help om so te leef dat Jesus in hulle daaglikse lewens weerspieël sal word.
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625260

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 79
Ontdek hoe om God se Teenwoordigheid op 'n kragtige, verfrissende manier te ervaar in jou stiltetyd met Die Goddelike Geheim.
In hierdie klassieke oordenkings deel Andrew Murray die geheime wat hy in sy eie stiltetyd saam met God ontdek het. Deur hierdie geheimenisse te ontsluit, kan jy God se vertroostende Teenwoordigheid, sy antwoorde op gebed, die leiding van die Heilige Gees, vrede te midde van die storms van die lewe en oorvloedige lewe in Christus ervaar.
Jy sal opnuut besef dat al God se beloftes gewaarborg is om vervul te word, en dat Hy reeds alles vir jou gegee het wat jy ooit kan nodig kry.
Publication date: 2019-06-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.