DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350

Christelik - Kinders
Bordboeke

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617708

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 170
R 153You save R 17
'n Interaktiewe Bybelstorieboek met 13 stories en 32 lig-en-loer-deurtjies wat kinders sal geniet.
Ontdek allerhande verrassings in hierdie prettige boekie met lig-en-loer-deurtjies vir klein handjies van nuuskierige agies.
Lig-en-loer-Bybelstories is die ideale boek om kleintjies aan die tydlose stories van die Ou en Nuwe Testament bekend te stel. Met die 32 lig-en-loer-deurtjies wat hulle moet oopmaak, sal hierdie interaktiewe boek kinders vir ure besig hou terwyl hulle meer leer oor 13 van die gewildste Bybel­stories. Elke storie het 'n Skrifverwysing sodat jy die storie maklik kan naslaan.
Lig-en-loer-Bybelstories is ʼn prettige, inter­aktiewe boek met kleurvolle illustrasies en maklik-om-te-lees Bybelstories ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar.
Publication date: 2019-01-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620777

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 100
R 90You save R 10
Peuters se eerste kennismaking met die bekende Bybelstories van Noag se ark met skuifstukkies.

Peuters is nuuskierig en leergierig en hou van alles wat beweeg. Hierdie eienskappe word wonderlike ingespan in die My eerste skuif-en-speel-boekie, Noag se ark.

Hierdie bekende Bybelstorie word eenvoudig oorvertel en is interaktief met legkaartstukkies wat maklik op en af en van links na regs kan skuif. Hierdie oulike storie sal selfs die klein-klein hartjies se aandag vasvang.



Ook beskikbaar in Engels onder die titel Noah's Ark Slide and Play Book
Publication date: 2018-07-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431612437

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 150
R 135You save R 15
6 kort, maklik leesbare stories wat jou kinders tot aktiewe deel­name sal aanspoor.

Jou kleuter of voorskoolse kind is glad nie meer te jonk om bekend te word met die bekendste ka­rak­ters en gebeure in die Bybel nie. Deur hierdie boekie kan jy die fondament lê vir 'n toekomstige liefde vir God se Woord. Jou kind sal ontdek dis lekker om van die Bybel te leer. Dis hoekom hierdie boekie 'n goeie keuse is.

Dit bevat 16 kort, maklik leesbare stories wat jou kind vinnig sal leer ken. Die kleurvolle illustrasies, eenvoudige opdragte en kort gebedjie aan die einde van elke storie sal kinders tot aktiewe deel­name aanspoor.

Bybelstories vir peuters sal vinnig jou klein­goed se gunsteling storieboek wees.
Publication date: 2017-10-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616954

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 80
R 72You save R 8
'Sê dankie' en 'deel met jou maatjie' is woorde wat kinders van 'n baie jong ouderdom af by volwassenes hoor. Dankbaarheid en mededeelsaamheid is twee van die belangrikste waardes wat ouers vir hulle kinders moet leer.
Met die hulp van oulike babadiertjies leer kinders jonger as 3 waarvoor hulle alles dankbaar kan wees en hoe lekker dit is om te deel. Kom ons sê dankie en Kom ons deel is eenvoudig geskryf met skattige illuÂ-strasies wat selfs die kleinste hartjie se verbeelding sal aangryp, terwyl die kartonbladsye die kleinste handjies sal deurstaan.
Kom ons sê dankie en Kom ons deel is die ideale boekies om vir klein kinders die allerbelangrike waardes van dankbaarheid en mededeelsaamheid te leer.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613205

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 80
R 29You save R 51
'n Pragtige klein boekie wat 'n groot storie vertel ...
Jesus het op 'n keer sy dissipels in 'n groot storm gehelp deur vir hulle te wys Hy het die mag om 'n storm stil te maak.
Met sy lekker-om-aan-te-vat-sponsbladsytjies sal Die storm word stil gou een van kleingoed se gunsteling boekies word wanneer hulle hul eerste Bybelstories begin lees
(Dik sponsbladsye)
Publication date: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.