●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920608002

Fiksie: Kortverhale

Illustrator: Fred Mouton
Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Sowat agtien maande voor sy dood, in April 1950, het Herman Charles Bosman die ambisieuse voorkamerstories-projek aangepak, wat behels het dat hy elke week 'n 2 000 woorde lange storie moes lewer vir die nuusblad The Forum, wat as 'n komiese teenwig vir die ernstiger nuusgebeure gedien het. Volgens Lily Rabkin, 'n tydgenoot van Bosman, was die Voorkamerstories die platform waar Bosman se komiese vermoëns 'tot volle wasdom gekom het'. Bosman het self aan Rabkin gesê dat dit 'die beste werk [is] wat [hy] ooit gelewer het'.
Publication date: 2012-11-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639962924

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 150
Stories word daagliks van een person na 'n ander oorgedra. Dit is 'n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus 'n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net 'n goeie storie nodig.
Publication date: 2019-11-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780992221935

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 150
Stories word daagliks van een person na 'n ander oorgedra. Dit is 'n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.
“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus 'n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net 'n goeie storie nodig.
Publication date: 2019-11-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620810890

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
In hierdie versameling kortverhale van Pirow Bekker is daar groot verskeidenheid: liefdesverhale (“Die liefde het nie 'n wysvinger nie”), verhale met as hoofgegewe die geskiedenis (“Die soettandoorlog”) of die aktualiteit, soos die gebeure van 11 September 2001 (“Grepe vir 'n ronde dag”), 'n spookstorie of twee (“Waar 'n mens hoort”) en stories vol humor (“Die appel” en “Die Humber-waterkar”).
Bekker het 'n slag om 'n vertelling so te plooi dat die leser dikwels na die begin van die verhaal moet terugkeer of soek na daardie klein besonderheidjie wat jy dalk nie raakgelees het nie en dalk op die slot kan lig werp. Die leser moet ook mooi kyk na die plekname, name en byname van persone, want daarin skuil soms ook allerlei nuanses en implikasies. Die titels van die verhale dra dikwels verder tot die betekenis van die storie by en eers aan die einde van die storie besef jy waarom die titel so gepas is (bv. “Mossie maar man”).
Vanselfsprekend is taalgebruik en woordkeuse belangrik, maar in Bekker se geval is die digterlike vermoë om woorde op mekaar te laat inspeel opvallend. Selfs die skynbaar onbenullige gegewens wen dus aan betekenis, al is die leser nie altyd seker presies wát die implikasies is nie!
Publication date: 2018-11-18
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415201459

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 290
'Daar is nie die minste twyfel nie, hierdie manuskrip móét gepubliseer word
... selde nog het 'n manuskrip my soveel bevrediging gebied soos hierdie
een,' skryf Francois Smith in sy leesverslag oor hierdie debuutbundel
kortverhale. Dit is 'n boek oor ontheemding, terugkeer, die saamleef met
verlies. In die storie 'Die mobile' raak 'n vrou, self sterwend aan kanker,
obsessief betrokke by die lot van vigslyers, verwaarloos alle verhoudings
met geliefdes, en skaar haar, in haar verbete stryd teen korrupte en
ellendige amptenare, by die geledere van die dooies
Publication date: 2011-10-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798180917

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 275
Brian Fredericks, 'n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale 'n wêreld oop in die Cape Flats. In “Green Eyes” probeer 'n exgangster
wegbreek van sy vorige lewe van vuurwapens en wraak.
In “Moenie mense judge nie” gaan kuier 'n jong outjie by sy neef Denzil in Elsies, en besef watter paaie sy eie pa jare gelede geloop het.
En in “Baksteen vir baksteen” word 'n jong man ná twee jaar uit die tronk ontslaan.
Keuses is 'n belangrike leitmotief in die verhale, maar ook die noodlot.
Fredericks werp lig op 'n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy 'n sonderlinge
insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees.
Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut na die wêreld om jou en in jou kyk.
Met dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as nuwe baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.
Publication date: 2020-07-07
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620963374

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 225
Bitter daisies is nie net nóg 'n kortverhaalbundel nie. Die verhale speel af in die Bokveld waar 'n kind soos 'n blouvalk oor die waterval vlieg, by Koeboes in die Richtersveld waar halfmense soos soldate teen die kliprant staan, in 'n Kaapse blommemark, op die Franse platteland en in Wulai by Ruby se Kafee waar blou eksters soos straatkatte skree. Met haar unieke skryfstyl vervleg die skrywer vernuftig die kom en gaan van karakters wat afsonderlik, maar tog verweefd in die verhale hul verskyning maak. Fantasie en werklikheid raak dikwels verstrengel, soos waar 'n winkelier in 'n kruiwa op die stoep sit, 'n bokboer met groot witbokke boer en 'n vrou met 'n geelslang by 'n soetwaterfontein dans terwyl 'n ander 'n baba tussen possakke optel en grootmaak. Die titelverhaal, “Bitter Daisies”, is as die wenverhaal in die US-Woordfees se 2020-kortverhaalbundel, Aanhou beweeg en geraas maak, aangewys.
Publication date: 2021-12-15
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309048

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”. Bloed op die duine en ander verhale is 'n keur uit sy kortverhale wat tussen 1955 en 1963 in Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn het. Die bundel sluit verder die novelle “Koms dans, Klaradyn” in, wat oorspronklik in 'n Seisoen vir Romanse (1966) verskyn het.
Publication date: 2018-10-04
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624092872

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 245
**UJ 2023 Debuut Wenner**
In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende - dog onmiddellik herkenbare - tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit? Bot is 'n verrassende debuut wat 'n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.
Publication date: 2022-04-26
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620904643

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
Dié bundel kortverhale beskryf die veelvlakkigheid van die samelewing uit die perspektief van vroue. Die temas wissel van 'n gewapende aanval op 'n gesin saam met hul vriende by die huis, selfdood, droogte, 'n gesinsmoord, 'n gewelddadige kind en die laaste oomblikke van 'n bejaarde tot 'n sensuele Turkse bad. Die leser kyk na doodgewone alledaagse gebeure tot ingrypende voorvalle deur die oë van vroue - maar dit beteken allermins dat die verhale slegs vir vroue geskryf is.
Publication date: 2021-01-15
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624089513

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 255
Daar is min mense wat 'n storie soos Jan Spies kan vertel.

Die Antie met Die Pienk Rok en Ander Stories is 'n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette.

Maak opnuut kennis met onvergeetlike karakters soos Maans Maanse, sersant Jônie Louw en pater Hoeflies wat ietsie neem vir die koue in 'n poort naby Kenhardt, Orrelkosie wat 'n halwe dag neem om te verduidelik hoe om 'n pil in 'n hoender se keel af te kry, Hábakuk en sy blik kondensmelk en die leerlingverpleegstertjie wat 'n plan bedink om die oumense se valstande skoon te maak.

Die Antie met Die Pienk Rok en Ander Stories sluit vele gunstelinge in.
Publication date: 2020-02-20
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798169462

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 350
Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Dié versameling was só gewild dat dit keer op keer herdruk is.
Nou word hierdie lekkerleesverhale in 'n splinternuwe, hersiene gedaante uitgereik. Boonop mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere 'Die ballade van Robbie de Wee', die storie wat oorsprong gegee het aan die gelyknamige trefferfilm. Hierdie hersiene uitgawe is byna dubbeld so lank soos Bottervisse in die jêm. Elke verhaal ontlok 'n gevoel van deernis met die karakters, of 'n uitbundige skaterlag. En die romantiek, hoewel onkonvensioneel, bly nie agterweë nie. Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.
Publication date: 2015-08-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776057832

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 310
R 279You save R 31
In haar derde bundel weef Tania Smit, met behulp van kortverhale en gedigte, deur die skoppelmaai-emosies van die grendeltyd, die uitdagings van depressie en rou, die belewing van ouerskap, die mens se uiteindelike veerkragtigheid en vermoë om op te staan en te oorwin. Met haar besondere gawe om die hartslag van emosies te verwoord wat almal ervaar, maar nie noodwendig kan beskryf nie, stel sy lesers in staat om hulle eie gevoelslewe te verstaan, en bied sy 'n stem aan diegene wat worstel sowel as hoop vir die wat nog soek.
Publication date: 2023-12-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798149808

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 320
Die bekende Insig-joernalis Willemien Brümmer, agterkleindogter van CJ Langenhoven, debuteer met 'n bundel kortverhale, Die dag toe ek my hare losgemaak het. Dis verhale oor 'n jong vrou wat in Kaapstad woon.

Publication date: 2008-07-01
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311409

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
Hierdie is opregte, uit-die-hart-uit vertellings, jeugherinneringe en kontreistories. Dit herinner aan Dana Snyman in die opregtheid en eenvoud daarvan en die nostalgie wat dit oproep. Klein Wini is 'n 'ouderwetse' kind en gaan op vyf skool toe, waar sy die meeste van teken hou. Sy wens sy was so mooi soos Marlene Dumas, wat in dieselfde skool was. Maar sy het rooi vlegsels en sproete soos Pippie Langkous. Sy praat te veel en noem 'n ding by die naam. Sy word gestraf omdat sy tieties op 'n papierpop teken. Sy het 'n hart vir hoenders. Sommige stories is oor mense wat sy raakgesien of verbeel het. Die verhale word gekenmerk deur humor en deernis en 'n oog wat nie wyk nie, wat immer die ironiese besonderheid waarneem.
Publication date: 2020-07-14
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.