●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Kobus Geldenhuys

Results 1 to 15 of 78
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310389

Fiksie: Romans

Translator: Kobus Geldenhuys
Fiksie  -  Romans
R 225
Veronika het alles wat sy kan begeer - sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, 'n vaste werk, 'n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om 'n oordosis slaappille te drink, maar word dan 'n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs 'n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan 'n keuse tussen lewe en dood is. Dis 'n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.
Publication date: 2020-06-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798163101

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Chris Venter
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
"Die geliefde karakters van KykNet se mees gewilde kinderreeks Tjiff en Tjaff verskyn in hierdie prettige lees- en leerboek vir jong kinders. Soos gewoonlik gaan die oulike groen tweeling, Tjiff en Tjaff, op allerhande uitstappies en nooi almal om te deel in hul avonture. Tjiff en Tjaff geniet dit om nuwe dinge te leer en hulle is ook lief vir speletjies en verrassings. Die vyf kort stories in hierdie boek is heerlik vir voorlees en net reg vir beginners wat self begin lees.
Tjiff en Tjaff baljaar op die strand, gaan kuier op die plaas, speel soek-soek en skool-skool en maak raai-speletjies en rympies op met verskillende verrassings uit die geheime boks in die speelkamer. Saam leer hulle van kleure, vorms, getalle, eerste woorde en vele meer."
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798181877

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
1) Speurder teen speurder
2) Vuilspel en nat voete
3) Monsters,maanlig en mottegif

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers.
Publication date: 2020-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179997

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
1) Die aand van die blou kaalkoppe
2) Die slinkse slangslenter
3) Honde,hoede en hande

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.
Publication date: 2019-08-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179171

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
1) Die kougomstrik
2) Die geheim van die vlieende koei
3) Die pienk skoolspook

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van 'n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
Publication date: 2019-03-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798166577

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Bloot 'n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om 'n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na 'n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in 'n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in 'n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.
Publication date: 2014-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798166546

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk .
Publication date: 2014-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798166515

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nóg 'n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: 'n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself 'Koning' en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie - hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. 'n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!
Publication date: 2014-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798163248

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie - dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter 'n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit 'n uitsondering - Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net 'n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798163149

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski 'n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om 'n wêreldklas speurder te word.

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798159869

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
'Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig -- hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee -- en nou lyk hy soos 'n blou paaseier.

Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . .

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!'
Publication date: 2013-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798157704

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Kommisarek, die skool se opsigter, het 'n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip.
Publication date: 2012-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798157711

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe 'n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het 'n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy 'n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski 'n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie.

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!'
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798182515

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 108You save R 27
Kwaaikofski verwag net een ding van skool: rus en vrede! Dit is tog die enigste plek waar 'n besige privaat speurder kan ontspan. Maar nou moet hy ondersoeke in sy eie klas doen! Die nuwe seun in die klas is in groot moeilikheid. Die oplossing is voor die hand liggend: Kwaaikofski lok die skuldiges in 'n onweerstaanbare soet lokval!
Publication date: 2021-11-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798169868

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos 'n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie 'n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op 'n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wêreld van kuberkrakers. Hy moet 'n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is . . .
Publication date: 2015-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.