●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605111

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
Die noodlot het ander planne vir die twee van hulle ... Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd 'n meisie aan die arm. Die lewe is 'n lied. Tot die dag wat sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is die intense skuldgevoel, die woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens 'n besering vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van 'n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. En Evan weet: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. Teen die agtergrond van die werklike gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes, word Christenskap en liefde tussen jong mense pragtig verbeeld.
Publication date: 2020-07-22
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799396645

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Is hy haar liefde werd? Friede Tredoux het 'n slegte stel met 'n branderplankryer afgetrap. Hy't nie gewerk nie en het geen toekomsvisie gehad nie. Sy ontmoet vir Matthys Combrink op Philadelphia terwyl sy en Jody by Leah kuier. Hy bak brood by die plaaslike deli. Sy is 'n arbeidsterapeut op George en begin oefen vir 'n marathon. Tot haar verbasing is Matthys een Saterdagoggend ook daar. Daar is beslis allerhande vibrasies wanneer sy naby hom is, maar sien sy kans vir 'n man wat brood bak vir 'n lewe? Waar pas die boek in? Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Want hy praat tjoklits is Elsa Winckler se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: • Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), • My groot liefde (November 2018), • Want die hart weet (Januarie 2019), en • Altyd net jy (Augustus 2019).
Publication date: 2019-12-03
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799391992

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Simoné hou daarvan dat dinge presies volgens haar plan verloop en haar aangetrokkenheid tot Wessel Barendse verloop glad nie volgens planne nie. Veral met haar peetma wat probeer Kupido speel. Maar een van Wessel se glimlagte en haar stomme hart val is sy hande.
Peetma speel Kupido
In Elsa Winckler se jongste reeks is die kinders nie opgewasse teen hul geliefde peetma, Jody, nie. Jody weet instinktief wanneer sy die regte hartsmaat vir een van haar ses peetkinders gevind het. Maar sy weet ook wanneer hulle gereed is vir Liefde met 'n hoofletter. Twee boeke van die Jody-reeks het reeds verskyn: Op die sypaadjie (Desember 2017) en Blameer die skoenlapper (Februarie 2018). My groot liefde verskyn in November 2018 en in 2019 sal 'n verdere twee titels verskyn.
Publication date: 2018-12-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307747

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marleen Visser
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Abella is 'n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet 'n feetjie wag voor dit kan gebeur?
Wanneer is eendag? is 'n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Publication date: 2018-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799355260

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 75
Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat 'n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Sy vrees berge. En sy vrees die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het.
Publication date: 2012-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313588

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 325
Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op 'n romantiese noot mee te begin. Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.
Publication date: 2022-03-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322005

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 220
Ricardo Jantjies wat die jong Chandré beroof en aangerand het, word onskuldig bevind. Larissa was die prokureur. 
Net daar besluit Larissa om Nederland toe te gaan om verder te gaan studeer. Sy kom egter terug toe sy uitvind dat die jong kind vermoor is. 
Larissa weet dit was Ricardo Jantjies.
Terug in Suid­-Afrika word sy met Gideon gekonfronteer wat 'n baie swaar verlede en trauma het wat hy moet verwerk. 
Intussen begin Ricardo Larissa agtervolg en val haar amper aan, maar Gideon en die polisie gryp in. 
Op die ou end kry Larissa en Gideon dit reg om hulle trauma te verwerk en al die ou vriende kom bymekaar vir Larissa en Gideon se troue.
Publication date: 2020-05-26
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799388374

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Lien Morkel trap 'n slegte stel af met 'n baas in die hospitaal waar sy werksaam is. Sy gaan help uit op Haïti vir Dokters Sonder Grense en by haar terugkoms trek sy Kaap toe waar sy by 'n mediese praktyk in Melkbos aansluit. Om in Nicol le Roux, haar nuwe skoonsuster se broer vas te loop, is 'n skok - hy was een van die redes hoekom sy weg is uit Johannesburg.
Nicol le Roux verhuis Kaap toe waar hy mede-direkteur word van 'n fondsbestuurmaatskappy. Die laaste mens wat hy verwag om in die Kaap raak te loop, is Lien, sy nuwe swaer se suster. Sy is een van daardie 'moderne' vroue wat alles self wil doen en geen hulp van 'n man wil hê nie.
Maar nou is al twee in die Kaap en beide van hulle kom agter soms het jy tog hulp nodig, al is dit uit die laaste oord waar jy dit vandaan wil hê.

Vir ewig my altyd is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Elsa Winckler se eerste SuperRomanza, Bewustelik joune.
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624083559

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 280
Syne vir altyd - Lucille du Toit
Die drieweek-reëling - Elsa Winckler

Twee stomende verhale: In Syne vir altyd moet Gideon en Bianca mekaar in die oë kyk ná hul kaskenades tydens 'n verlowingspartytjie. Nie een van die twee soek 'n verhouding nie, maar hulle besluit tog om die tyd in die Bosveld ten volle te benut.

En in Die drieweek-reëling ​kan Quinn en Ella nie hul hande van mekaar afhou nie. Is dit 'n goeie of slegte ding dat hul paaie waarskynlik na drie weke moet skei?
Publication date: 2018-01-15
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624072188

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 235
Reels van die spel: Twee jaar gelede was Lukas die onweerstaanbare dosent wat Leila se hart gebreek het. Vandag is sy 'n sterker, wyser vrou, en van Lukas het sy al amper vergeet, baie dankie. Tot sy in haar nuwe werkplek instap en sien die meneer Strauss wat haar nuwe baas moet word, is niemand anders nie as einste Lukas, die man wat haar hart onder sy hak vermorsel het. Gou is Leila weer besig om 'n sensuele spel van lus en passie te speel - maar sal haar hart hierdie keer as oorwinnaar uit die stryd kan tree? Sophie en Sophia: Op sewe-en-twintig moet Sophie dit maar erken: sy benodig sekslesse. Sy't dan nog nooit die groot O gevoel nie! Dan gebeur drie dinge tegelyk: Sophie kom in kontak met 'n skrywer van witwarm hygromans, raak lus om te begin blog soos in Julie & Julia, en trek in 'n nuwe woonstel in - langs haar broers se pel Derek. Derek weet veel meer van sensuele sake, en saam-saam beproef hulle allerlei resepte wat hy reeds vervolmaak het. Teen die muur. . . In 'n restaurant . . . In 'n bewegende motor . . .Sophie kan nie uitgeproe raak nie.
Publication date: 2015-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624079880

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 245
Ridderspoor en rose - Elsa Winckler
Alfaman in Armani - Amelia Strydom


In Ridderspoor en rose sê Alan dat Corinne nie sy tipe is nie; hy soek 'n 'stemmige' vrou wat kliënte beïndruk. Sy sal hom wys presies hoe ónstemmig sy kan wees, sodat hy nooit weer met 'n ander vrou tevrede sal wees nie.

In Alfaman in Armani sit erotikaskrywer Lenka du Plessis se libido regop toe sy vir misdaadfiksie-outeur Adam Ludick ontmoet. Maar sy kan sien Adam is 'n alfaman wat nie in gelukkige eindes glo nie . . .
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605548

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem ... Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780639600253

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Moenie vriende soen nie, dit lei net tot moeilikheid! Toe Gabriella Tredoux een aand in 'n kuierplek op Mosselbaai vir Eben Joubert soen, verander alles. Die soen was veronderstel om haar te help om van 'n ander klewerige vent ontslae te raak. Eben is mos net 'n pel. Maar toe sy hom soen, terwyl 'n lied oor soenery in die agtergrond speel kan sy nie langer aan hom dink as net 'n pel nie. Miskien is almal tog reg toe hulle gesê het dat Jody nog lank nie klaar is met haar matchmaking nie. As tandarts op Mosselbaai, is Eben se lewe soos hy daarvan hou - ongekompliseerd. Wat hy van die huwelik weet, het hom vir altyd genees van gedagtes aan vir ewig en altyd, maar toe soen Gabriella hom en dis skielik onmoontlik om aan enigiets anders as aan haar te dink. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Toe soen jy my is Elsa Winckler se jongste romanse in haar Jody-reeks. Haar vorige romanses in die hierdie reeks sluit die volgende in: Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), My groot liefde (November 2018), Want die hart weet (Januarie 2019), Altyd net jy (Augustus 2019), en Want hy praat tjoklits (Desember 2019).
Publication date: 2020-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780008226565

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 230
Loving him could destroy her...High school teacher Cilla Stevens has always been different, especially in how she connects with animals. When she calms a stray dog during an incident at school, she's asked to help a nearby farm with a difficult horse.Cameron Rahl has had a very different relationship with animals since his mother died in a horse riding accident. But now he's inherited his family's farm, he's determined to never let anyone affect him that way again.Until he meets Cilla. He tries to stay away from the gorgeous horse whisperer with the potential to tame him, but something keeps pulling him close. And as much as Cilla tells herself she can keep it casual, she knows they're too connected to be 'just a fling.'Will Cilla's heart win out? Or will it take history repeating itself for Cameron to realise just how much he needs her?
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781950510610

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 350
On a sunny beach in the Seychelles, she stole his heart. Darryn Cavallo is a seasoned photographer and quite used to being surrounded by gorgeous, half-naked women without breaking a sweat but he isn't ready for the powerful feelings fashion model Hannah Sutherland elicits the minute he sets eyes on her. He'd once made the rookie mistake of falling for a model and it had ended badly, so when another photographer implies he's also been with Hannah, Darryn uses it as the perfect excuse to walk away.But when they meet again, Darryn can't ignore his instincts-Hannah is in danger. Lies and threats make targets of them both, and faced with a situation of pure terror, Darryn is forced to realize he'll do anything to protect her. And to keep her with him, always...
Publication date: 2019-06-12

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.