●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799381917

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Cara de Villiers is laat vir haar vlug na Suid-Afrika toe sy in Kobus Viljoen vashardloop. Hy luister haar selfoongesprek met haar ma af en kan nie help om te hoor dat sy 'n metgesel na 'n troue benodig nie.
Publication date: 2016-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321459

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer 'n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?
Publication date: 2019-06-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321008

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 220
R 79You save R 141
Haar ouma sterf op dieselfde dag wat Reina Sauer se lewe weer eens inmekaar val. Sy skei na 'n kortstondige huwelik met Bert Naudé.

Toe haar ouers albei vyf jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede is, was ouma Reina nog daar om te troos, maar hierdie keer moet sy alleen die stukke van haar lewe optel.

Ontwikkelaars kontak haar, hulle het planne om haar ouma se huis op McGregor deel van 'n sekuriteitskompleks te maak. Sy los haar oudhede winkel in Rondebosch in Bippie, 'n student wat oor naweke uithelp, se hande en vertrek na McGregor. Sy wil die verkoop van haar ouma huis so gou as moontlik afhandel sodat sy die res van haar lewe kan uitsorteer.

Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak sy met tant Cora Verwey en tant Trina van Zyl wat skynbaar die afgelope jaar by haar ouma gebly het? En hoe gemaak met oom Fred Bouwer wat elke dag iets in en om die huis kry om reg te maak?

Sy begin die huis opruim en kom in die solder op 'n boks vol briewe af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reg gekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het.

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Op 38 is Derek Retief ontnugter, sinies en kwaad. Destyds met matriek agter sy naam, het hy vinnig die stof van die strate van die klein dorpie waar hy grootgeword het, afgeskud. As oudste moes hy help grootmaak aan sy kleiner boeties en sussies. Hy het sy deel gedoen, enige vrou wat begin gesels oor babas en troues, skud hy vinnig af.

Hy wou geld maak, baie geld sodat hy alles kon koop wat hy nog altyd begeer het. En hy was amper daar, amper op 'n plek waar hy hom nooit weer hoef te bekommer oor geld nie toe hy op 'n dag ontdek sy sogenaamde 'vriend' en mededirekteur is land uit met miljoene van sy geld wat oor maande verduister is. En o ja, ook saam, is Margie, die vrou wie hom amper van plan laat verander het omdat hy gedink het hy kan dalk die res van sy lewe saam met haar deurbring.

Hy is vasbeslote om so vinnig as moontlik weer 'n paar nulle by die belegging in sy bank te voeg. Die nuwe ontwikkeling op McGregor gaan daarvoor sorg. Daar is net nog een handtekening wat tussen hom en sy drome staan. Hy het 'n afspraak met die ou dame gehad wie se huis hy sal moet afbreek om sy planne uit te voer, maar sy is ure voor hy opgedaag het, oorlede. Hy kry uiteindelik 'n afspraak met haar kleindogter, maar om 'n handtekening te kry, raak 'n hele missie.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352296

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86You save R 9
Een soen kan jou lewe verander
Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie. Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, 'n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is 'n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen. Skielik het hy 'n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?
Publication date: 2022-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780796320025

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 200
Zander Breedt is 'n Afrikaanse sanger. Roem het egter 'n wrang smaak - hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, 'n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy 'n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te sê 'n onderhoud met hom voer.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781953335364

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 350
Discover beautiful South Africa in this sweet, heart-warming Cinderella story about a blogger, a billionaire, and one chance meeting.When it comes to men, if physiotherapist Caitlin Sutherland didn't have bad luck, she'd have no luck at all. To help cope, Caitlin blogs about the men she meets and the bad dates she'd gone on.While on duty during the annual Wines to Whales bicycle race, a gorgeous, sweaty cyclist walks in and sets her hormones dancing. But he is Don Cavallo; one of the four Cavallo brothers - hotel tycoons, famous as much for their business skills as for the number of beauties seen on their arms.Billionaire Don Cavallo has his own issues with the other sex. He has yet to find one who is interested in him, not his money or hotels. But when this sexy physio puts her hands on his back, she not only touches his body, but also his heart.They've both been burned before, but neither of them can stop themselves from playing with fire.
Publication date: 2021-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799395525

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy's die soort magic waarmee jy trou! Leah het Max ontmoet toe sy 10 jaar oud was en iets het op daardie oomblik met haar gebeur. Op haar agtiende verjaarsdag soen hy haar, maar toe sy hom die volgende oggend gaan soek, help hy 'n ander vrou in 'n motor. Nou, tien jaar later, word sy gevra om 'n onderhoud met die wêreldbekende Max Campbell te voer. Vir die eerste keer gaan hulle weer alleen in 'n vertrek wees. Maar dit behoort nie saak te maak nie, of hoe? Sy is mos lankal oor hom. Die oomblik toe Max vir Leah op haar agtiende verjaarsdag soen, het hy geweet dis 'n fout. Die intense emosies wat hy ervaar het, is tog nie volhoubaar nie. Hy besef dié tipe liefde kan hom vernietig - hy wil tog nie soos sy ma opeindig na sy pa haar vir sy sekretaresse gelos het nie! Daarom sê hy niks oor die model wat hy in die taxi gehelp het nie. Altyd net jy is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin. In Elsa Winckler se jongste reeks is die kinders nie opgewasse teen hul geliefde peetma, Jody, nie. Jody weet instinktief wanneer sy die regte hartsmaat vir een van haar ses peetkinders gevind het. Maar sy weet ook wanneer hulle gereed is vir Liefde met 'n hoofletter L. Altyd net jy is die laaste boek in die Jody-reeks. In elke boek is daar 'n addisionele subtema en die reeks bestaan uit Op die sypaadjie (Desember 2017), Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), My groot liefde (November 2018) en Want die hart weet (Januarie 2019).
Publication date: 2019-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781949707649

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 350
He was Mr. Wrong until he did everything right.When Interior Decorator Zoe Sutherland is offered the career-building opportunity of a life time - working on super star architect Dale Cavallo's glamorous new hotel - she's thrilled...until she meets Dale. He may be the most handsome and sexy man she's ever met, but he's also the most arrogant and mysterious. He denies her access to the hotel's floor plans, interfering with her ability to work. And when she stands her ground and challenges him, his smoldering looks threaten to derail her focus and remind her that there is more to life than work.Dale's life is his career. He enjoys women, but has a love 'em and leave 'em attitude, which has worked until Zoe. She fires up more than his libido and one night of loving is not nearly enough. He wants more. That she might be out to steal the plans of his more daring project to date, has him thinking that perhaps he should keep this potential enemy even closer...in his bed. David's life is his career. He enjoys women, but has a love 'em and leave 'em attitude, which has worked until Zoe. She fires up more than his libido and one night of loving is not nearly enough. He wants more. That she might be out to steal the plans of his more daring project to date, has him thinking that perhaps he should keep this potential enemy even closer...in his bed.
Publication date: 2019-02-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607139

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 270
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.
Publication date: 2021-03-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9789000037599

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 380
R 304You save R 76
*Dit lê die Wêreld vol:
Moet die mag van liefde nooit onderskat nie. Sosiale vlinder en beïnvloeder, Demi-Leigh Henkel, is gewoond om aandag te trek. Min weet Demi-Leigh dat Paul haar lewe op sy kop gaan draai en haar hart in sy hande gaan hou. 'n Heerlike komiese liefdesverhaal uit die pen van die immer gewilde Dina Botha.

*Paradyseiland:
Liefde kom onverwags. Anabel Verhage is die enigste dogter van welgestelde ouers en het pas klaar studeer. Dokter Jerome D`Espeville is geskei en het ʼn vyfjarige dogtertjie. Maar sal Anabel sy verlede en kind aanvaar en 'n kans op geluk waag?

*Liewer as lief:
Kan liefde alle struikelblokke oorkom? Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie? Die verhaal speel af in 'n korporatiewe omgewing en het witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes as onderliggende temas.

*'n Hart wat pas:
Een soen kan jou lewe verander. Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen. Skielik het hy 'n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?
Publication date: 2022-08-02
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799386080

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met 'n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte
verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid - oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle
hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het. Dit is tydens so 'n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, 'n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan 'n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal 'n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Publication date: 2017-11-07
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799387018

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Josh het nie hiervoor gevra nie. Hy neem vroumense uit en hy hou van hulle. Sodra hulle oor babatjies begin koer en vassteek voor juwelierswinkels, groet hy egter. Maar nou het hy Catharien ontmoet en hy wil bly …
Hierdie is 'n Romanza met ongelooflike diepte. Dis ook een van die mees romantiese liefdesverhale wat in 'n lang tyd verskyn het.
Publication date: 2018-01-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799378047

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Vyf jaar ná 'n vurige soen tussen hulle by haar vriendin se troue, is Eva oortuig dat Henno uiteindelik uit haar sisteem is. Maar hy staan nou lewensgroot voor haar en haar hart tamboer sy naam.
Publication date: 2016-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799376920

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Regard van Niekerk het lankal besluit om nie ernstig oor vroumense te raak nie. Tot hy op 'n doodgewone Maandag amper een raakry wat met 'n skilpad in haar hande in die middel van die pad staan!
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
R 224You save R 56
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan. Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk. Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publication date: 2022-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.