●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Stephan Joubert

Results 1 to 15 of 28
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322708

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
R 200You save R 50
Draers van die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.
Publication date: 2022-06-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776353910

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 230
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe 'n “regte Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is 'n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle. Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na 'n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-) gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.
Publication date: 2021-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776353897

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in 'n gejaagde wêreld. 'n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos 'n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So 'n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na 'n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur 'n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. In die teenwoordigheid van die Allerhoogste uit die pen van die bekende en immergewilde Stephan Joubert is 'n gids wat Christene tot reg by die Vader se voete sal bring. Hier sal hulle sielsvrede kan vind en hul ware identiteit as kinders van die Allerhoogste in oorvloed kan uitleef. In hierdie boek roep Stephan Joubert mans en vrouens se harte terug na die teenwoordigheid van die Allerhoogste waar hul gewortel in geloof langs God kan leef en floreer, ten spyte van die gewoel in die wêreld.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624997

Christelik / Christian: Bible Study / Bybelstudie

Christelik / Christian  -  Bible Study / Bybelstudie
R 199
Baie gelowiges hunker na 'n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se geloofslewe moet lê:

• Geloofsekerheid
• Groei
• Gehoorsaam
• Groepe
• Gawes
• Getuig
• Genade
• Gebed
• Gaan
• Gee
• Genesing
• Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat 'n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as 'n handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Publication date: 2021-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623389

Christelik / Christian: Bible Study / Bybelstudie

Christelik / Christian  -  Bible Study / Bybelstudie
R 229
Vir Christene wêreldwyd is die Naam Jesus glad nie onbekend nie. Die Seun van God het immers gekom om elkeen van ons te bevry van die mag van sonde. En tog gebeur dit dikwels dat soveel mense die volle impak van sy bediening op aarde geringskat.
Met hierdie Bybelstudie neem Stephan Joubert en Jan van der Watt die leser saam op 'n reis deur die vier Evangelies. Tydens hierdie twaalf weke sal jy Jesus opnuut ontdek, want Hy is nie net die Seun van God nie; Hy is self ook God. Selfs toe Hy Judea en Galilea se stofstrate kom aandurf het, het Hy nooit opgehou om God te wees nie. En in hierdie Bybelstudie maak die skrywers sy destydse optrede en woorde van toepassing op vandag.
Ons moet oppas om nie te eensydig na Jesus te kyk nie. Die hoofklem is dikwels dat Hy gekom het om vir ons sondes te sterf, en dit is ook so. Maar Hy was meer as net dit; Hy is die enigste voorbeeld wat ons ooit moet naleef.
Publication date: 2020-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322272

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 205
Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Dit is dan eenvoudiger omdat ons al die selfsugtige keuses uitskakel. Morele keuses organiseer ons opsies beter. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons verblyfkeuses maak.
Publication date: 2020-08-10
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780796321633

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 210
Ons uitdaging vandag is om almal vir God te bereik. Maar ons moet vars en nuut dink oor die manier hoe dit gedoen word. Ons kort 'n nuwe styl, Jesus s'n. Ons moet weet wat om te doen en ook wanneer om dit te doen: op 'n manier wat die wêreld rondom ons se verbeelding sal aangryp. Ons moet Jesus-lesers wees, mense wat vir Jesus reg aanvoel en verstaan. Dan kan ons stylvolle geloofdelers wees.
Publication date: 2019-05-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321336

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 260
“Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry ... en ook om vir die Here te leef.” 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit dagstukkies wat oorspronklik in Uit die Beek verskyn het, help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Publication date: 2018-09-26
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431617357

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
Word in 365 dae herinner dat jy ware, blywende vreugde kan vind in 'n hegte verhouding met God.

Wat maak jou gelukkig? Is dit sukses in jou loopbaan? Genoeg geld vir aftrede? Politieke stabiliteit? Wag jy ook nog dat die Here jou omstandighede moet verander voor jy jou neerslagtigheid sal verruil vir vreugde?

In Blydskap wat bly beklemtoon Stephan Joubert in 365 dagstukke dat ware vreugde nie te vind is in jou omstandighede nie, maar in 'n hegte verhouding met God. Daarom kan jy vreugde beleef al is die lewe onregverdig en sterf onskuldiges en seëvier korrupsie. Ware vreugde is nie 'n emosie nie - dis 'n seker wete dat saam met God elke oomblik in die lewe sin het en elke ontmoeting 'n geleentheid is vir omgee, uitreik en vergifnis. Dít bring ware blydskap!
Publication date: 2018-07-20
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431618811

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 140
31 studies om te ontdek hoe om nou al te weet wat God se wil is.

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert 'n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

· Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.

· Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk waaronder: Verander God se wil my in 'n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

OOR DIE OUTEUR

Stephan Joubert is 'n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus - 'n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, 'n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van 'n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.
Publication date: 2018-01-31
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431617203

Christelik / Christian: Devotionals Men / Dagstukke - Mans

Christelik / Christian  -  Devotionals Men / Dagstukke - Mans
R 250
Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onderwerpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van verlossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.
Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is geskryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne-ming, geloof en doel op te spoor.
Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige omstandighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publication date: 2017-10-17
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431618514

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 160
“Sola Gratia - In genade alleen.” “Ons dien 'n genadige God.” “God se genade ken geen perke nie.” Die woordjie “genade” is so 'n bekende woord en iets wat ons maklik gebruik, maar wat beteken dit werklik vir gelowiges?
In sy boek Onveranderlike God & onbegryplike genade doen Stephan Joubert 'n diepgaande studie oor God se onverdiende en onuitputlike genade wat Hy aan die mens skenk. Aspekte waarna hy onder andere kyk, sluit in:
• Wat is genade en hoe “verdien” ons dit
• Tien kop- en lyfskuiwe wat ons rondom genade moet maak
• Genade moet aangeleer en uitgeleef word
• Wanneer en waar ons genade moet bewys
• Hoe om Jesus se voorbeeld na te volg
• Genade in verhouding tot die ander solas
Aan die einde van elke hoofstuk is daar 'n afdeling “Groeikurwes” of leeflesse waarin Stephan 'n kort opsomming gee van wat in die bepaalde hoofstuk oor genade geleer is. Heel aan die einde van die boek gee hy ook tien stellings van wat genade is.
Onveranderlike God & onbegryplike genade sal jou 'n dieper begrip gee van wat genade presies is en hoe ons dit in ons elkedagse lewe kan leef.
Publication date: 2017-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617968

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 399
Die Boodskap is 'n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met 'n enig-in-sy-soort-fokus.
Uitstaande kenmerke van Die Boodskap :
• Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in 'n taal en idioom wat elke Afrikaanssprekende kan verstaan.
• Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.
• Dit bevat versnommers vir maklike naslaandoeleindes en memorisering.
• Dit bied 'n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.
Publication date: 2017-06-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618484

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 600
Die Boodskap is 'n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met 'n enig-in-sy-soort-fokus.
Uitstaande kenmerke van Die Boodskap :
• Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in 'n taal en idioom wat elke Afrikaanssprekende kan verstaan.
• Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.
• Dit bevat versnommers vir maklike naslaandoeleindes en memorisering.
• Dit bied 'n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.
Publication date: 2017-06-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617944

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 399
Die Boodskap is 'n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met 'n enig-in-sy-soort-fokus.
Uitstaande kenmerke van Die Boodskap :
• Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in 'n taal en idioom wat elke Afrikaanssprekende kan verstaan.
• Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.
• Dit bevat versnommers vir maklike naslaandoeleindes en memorisering.
• Dit bied 'n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.
Publication date: 2017-06-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.