●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352357

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
R 280You save R 70
Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel.

Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters - die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste 'n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop.

Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes aflê. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy 'n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand - raaiselagtig genoeg, telkens op 'n betekenisvolle datum.

Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar 'n huurpag op 'n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop - nie soseer met geld nie, maar met 'n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug ná 'n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. 'n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.
Publication date: 2022-09-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000017

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
GROOTDRUK
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?
As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.
Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.
Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.
Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Publication date: 2022-07-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000024

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
GROOTDRUK -
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed.
Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie.
Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.
Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.
Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak.
Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.
Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Publication date: 2022-07-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000048

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
GROOTDRUK
Vywervrou? Nee, ʼn kaivrou. Dis wat sy is. Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het. Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ... Marilyn is die verwagte vervolg op die Vywervrou-trilogie wat uit Lira, Mirre en Corali bestaan. Dit is 'n verhaal oor ouer word en liefde tussen ouer karakters, en bied selfs 'n goeie dosis spanning. Dit is deur en deur vir die lesers geskryf. Chanette het die manuskrip begin skryf nadat soveel lesers gesmeek het vir Marilyn se storie.
Publication date: 2022-07-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000031

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
GROOTDRUK
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?
“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”
Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.
Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.
Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.
Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Publication date: 2022-07-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639604664

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Hugo van Look
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!

Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle 'n besoeker met 'n rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand …

Titels tans beskikbaar in die reeks:
1 Dolfie Weerwolfie
2 Volmaan
3 Silwertand
4 Weerwolfbos
Publication date: 2022-01-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639604671

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Hugo van Look
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!

Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal dit genoeg wees om die mans te keer?

Titels tans beskikbaar in die reeks:
1 Dolfie Weerwolfie
2 Volmaan
3 Silwertand
4 Weerwolfbos
Publication date: 2022-01-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928530572

Kinders: Prenteboeke

Translator: Naòmi Morgan
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.

Naòmi Morgan is 'n bekroonde vertaler van kinderliteratuur. In 2015 is die Suid-Afrikaanse Vertalersvereniging se prys vir Uitnemendheid in die Vertaling van Kinderliteratuur aan haar toegeken vir Oskar en die pienk tannie en Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. Haar vertaling en produksie van Antoine de Saint-Exupéry se Die Klein Prinsie het aan Chris van Niekerk Beste Vrystaatse Akteurtoekenning in 2017 besorg. Sy is hoof van die Franse Afdeling aan die Vrystaatse Universiteit.
Publication date: 2021-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607337

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Vywervrou? Nee, ʼn kaivrou. Dis wat sy is.
Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het. Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...
Marilyn is die verwagte vervolg op die Vywervrou-trilogie wat uit Lira, Mirre en Corali bestaan. Dit is 'n verhaal oor ouer word en liefde tussen ouer karakters, en bied selfs 'n goeie dosis spanning. Dit is deur en deur vir die lesers geskryf. Chanette het die manuskrip begin skryf nadat soveel lesers gesmeek het vir Marilyn se storie.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605470

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef. “Al die elemente is daar vir ʼn lekker lees, en boonop is daar genoeg misterie en angswekkende gebeure om jou tone te laat krul van vrees.” - Wilna Adriaanse Droomvanger is 'n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het. ʼn Klompie uiteenlopende karakters word saamgegooi in ʼn afgeleë bestemming, moorde word gepleeg, en enigeen kan die skuldige wees. Lesers van Agatha Christie sal plesier vind in die storielyn wat baie raakpunte het met verhale soos bv. Murder on the Orient Express en Death on the Nile.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310372

Fiksie: Romans

Translator: Kobus Geldenhuys
Fiksie  -  Romans
R 225
“Maar hoe sal ek weet wie my sielsmaat is?”
“Deur kanse te waag,” sê sy vir Brida. “Deur dit te waag om te misluk, teleurgestel en ontnugter te word, maar nooit jou soeke na liefde prys te gee nie. Solank jy aanhou soek, sal jy uiteindelik triomfeer.”

Dit is die storie van Brida, 'n beeldskone jong Ierse meisie en haar soeke na kennis. Op haar reis ontmoet sy 'n wyse man wat haar leer hoe om haar vrese te oorkom, en 'n vrou wat haar leer hoe om te dans op die verborge musiek van die wêreld. Hulle kan sien dat sy oor 'n gawe beskik, maar moet haar toelaat om haar eie ontdekkingsreis te onderneem.

Terwyl Brida na haar ware lotsbestemming in die lewe soek, sukkel sy om 'n balans te vind tussen haar verhoudings en haar begeerte om haarself te transformeer.

'n Roerende verhaal van liefde, hartstog, misterie en spiritualiteit deur die meesterlike storieverteller en skrywer van Die Alchemis.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399066

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Hugo van Look
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg! Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis 'n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar 'n stert! Hy is … 'n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie 'n weerwolf wees nie!” “Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor. “Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan? Die tweede boek in die Dolfie reeks is ook reeds beskikbaar: Volmaan.
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399745

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Hugo van Look
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese
avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!

Dolfie is saam met sy klasmaats op 'n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel 'n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg.

Die eerste titel in die Dolfie-reeks is reeds beskikbaar: Dolfie Weerwolfie
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310389

Fiksie: Romans

Translator: Kobus Geldenhuys
Fiksie  -  Romans
R 225
Veronika het alles wat sy kan begeer - sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, 'n vaste werk, 'n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om 'n oordosis slaappille te drink, maar word dan 'n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs 'n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan 'n keuse tussen lewe en dood is. Dis 'n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.
Publication date: 2020-06-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780639600079

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy aanbod is aantreklik, maar kan sy bekostig om haar hart ook te verloor?
Kiara, 'n suksesvolle skrywer van liefdesromans, se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onbetroubaar, haar persiese kat, Skat, stel haar gedurig in die verleentheid, en sy kry nie 'n held vir haar vurige heldin geskryf nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos 'n held, het die naam van 'n engel, maar vir Kiara is hy eerder 'n kruising tussen Attila die Hun en die duiwel self. Sy vermoed ook dat hy haar hipnotiseer. Hoekom anders sou sy sy werksaanbod aanvaar? Veral 'n aanbod wat heeltemal teen haar beginsels is …

Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Publication date: 2020-06-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.