●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351350

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Translator: Elize Zywotkiewicz
Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 250
R 225You save R 25
Ons harte en gedagtes ontvang daagliks 'n ontelbare hoeveelheid boodskappe. Sommige hiervan is waar en behulpsaam, maar ander maak seer, verwoes of is nie in lyn met die boodskappe wat God vir ons in sy innige liefde en wysheid wil gee nie. Watter boodskappe kies jy om te glo en aan jouself te herhaal? Hoe klink jou interne gesprek wanneer jy na jou spieëlbeeld staar? Spreek jou woorde van hoop en geloof, of van nederlaag en moedeloosheid?
Watter verskil glo jy sal dit maak as jy vir die volgende een-en-dertig dae sou kies om te fokus op wat die Here vir jou wil sê en wat Hy reeds vir jou in sy Woord vertel het? Laat Rig jou gedagtes hierop die eerste stap in die opwindende reis te wees na nuwe insigte, geestelike bemoediging en onderskraging. Ontdek die krag van self-aanvaarding en daaglikse geestelike vernuwing wat voortvloei vanuit die persoonlike boodskappe vir jou uit die Woord van God.

John Stange se boeke fokus op geestelike groei, leierskap, huwelike, en die praktiese en toepaslike aspekte daarvan om Jesus te volg. Rig jou gedagtes hierop is die vertaling van sy uiters suksesvolle boek, Dwell on these things.
Hy het grade in Bybelkunde, Opvoeding, en Berading, en is 'n gesertifiseerde spreker, leier en afrigter by die John Maxwell span. John is die hoof pastoor by die Core Creek Gemeenskapskerk in Langhorne, PA, VSA. Hy is 'n ereprofessor by Cairn Universiteit waar hy kursusse aanbied oor kerkplanting, teologie en berading. John dien ook as die Direkteur van die National Mission Board what 'n bediening is wat op kerkplanting en algemene kerk gesondheid fokus. Sy bediening is DesireJesus.com.
Publication date: 2022-05-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415342510

Nie-fiksie / Non-fiction: Dagboeke / Diaries

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dagboeke / Diaries
R 299
R 150You save R 149
Die John C. Maxwell Dagbeplanner spog met unieke, nuwe ontwerpe in 'n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou 'n beplanner kies wat aan hulle behoeftes én smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:
• Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
• Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe
• Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
• Jaarlikse en maandelikse kalenders
• 'n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiële aanwysers
• Logboek om brandstof en afstand op te teken
• Notabladsye
• 210 x 142 mm, kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Publication date: 2021-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415342497

Nie-fiksie / Non-fiction: Dagboeke / Diaries

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dagboeke / Diaries
R 299
R 150You save R 149
Die John C. Maxwell Dagbeplanner spog met unieke, nuwe ontwerpe in 'n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou 'n beplanner kies wat aan hulle behoeftes én smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:
• Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
• Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe
• Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
• Jaarlikse en maandelikse kalenders
• 'n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiële aanwysers
• Logboek om brandstof en afstand op te teken
• Notabladsye
• 210 x 142 mm (A5), kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Publication date: 2021-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397772

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 95
Mik vir die doelhok ... Jason is 'n goeie sokkerspeler ... 'n baie goeie sokkerspeler. Wanneer 'n talentsoeker van Orlando Pirates hom in die park sien speel blyk dit asof hy dalk net die kans gegun sal word om dit uit sy woonstelblok tot in die premierliga te maak. Maar die ander seuns speel al van kleins af saam en Jason is nie seker of hy ooit sal kan inpas nie - en of hy sy vurige humeur sal kan beheer nie. Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het. Die ouderdoms-gepaste storie staan lesers by in leesoefeninge en om hul taal te verbeter.
Publication date: 2020-05-21
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415341025

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 180
Hierdie boek sal lesers help om die wildernis te oorleef en alles aan te gryp wat God vir hulle beplan het.

Voel jy vasgekeer deur jou lewensomstandighede? Wonder jy: “God, waar is U?” Miskien het God nog altyd met jou gepraat, maar nou is sy stem skielik stil. Miskien het jy al ver gevorder op jou geloofspad, maar nou is God nêrens te vinde nie. Welkom, in die wildernis - die plek waar jy reeds God se belofte vir jou lewe ontvang het, maar nou wag jy dat dit bewaarheid word.

Maar daar is goeie nuus: Hierdie plek is nie 'n lewelose woestyn nie. God gebruik die wildernis om jou voor te berei en toe te rus om jou lewensdoel te bereik - dis nou te sê dat jy dié tyd reg gebruik. In hierdie insiggewende boek, verskaf die topverkoperskrywer John Bevere die belangrikste Bybelse waarhede en vele ontsagwekkende stories wat jou sal help om jou geloofsdroogte en moeilike seisoene te oorleef, en alles aan te gryp wat God vir jou beplan het.

John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger International. John se boeke, wat reeds in meer as 60 tale vertaal is, sluit in Die strik van Satan, Goeie werke of God en Ontmoet die Heilige Gees. Hy is 'n internasionale spreker en mede-aanbieder van die “The Messenger”-TV-program wat wêreldwyd uitgesaai word. John, sy vrou en hul vier kinders woon in Colorado Springs in die VSA.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431621217

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 140
Kragtige gebede vir wanneer jy oorweldig voel en God se vrede in jou lewe wil ervaar.
Wat bid jy wanneer alles net te moeilik raak? Wanneer jy stres ervaar of depressief voel, wanneer die lewe oorweldigend of teleurstellend is, wanneer dit voel jy wil net tou op gooi? Dit is in sulke tye wanneer jy met onblusbare hoop moet bid, sê Jackie M. Johnson.
Met bemoedigende stories, Skrifgedeeltes en gebede wys Jackie lesers in Kragtige gebede vir moeilike tye hoe om te bidvir fokus, wysheid, selfvertroue, moed, genade, krag, betekenis en soveel meer. Die hoofstukke is volgens temas ingedeel sodat lesers die regte gebede vir hulle spesifieke behoeftes en situasies kan vind.
Kragtige gebede vir moeilike tye is ideaal vir enigiemand wat oorweldig voel deur die lewe en God se vrede wil ervaar.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415337189

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 150
Is dit vir jou moeilik om te vergewe en te vergeet? Bekommer jy jou meer oor goedkeuring van mense as oor goedkeuring van God? John en Lisa Bevere kyk eerlik en vanuit 'n Bybelse oogpunt na tien hindernisse wat ons van God se teenwoordigheid kan weerhou, soos ongehoorsaamheid, onvergewensgesindheid, selfgerigtheid, leef in die verlede, en meer. Hierdie reeks oordenkings ondersoek elke hindernis in diepte, en nooi jou om daardie hindernis te oorkom en nader te kom aan jou Hemelse Vader. Elke oordenking bevat praktiese riglyne om asook 'n kort gebed om jou te help om die skeidings af te breek wat jou weerhou van 'n innige verhouding met God.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309185

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Van kleins af is Dawid Pruyt versot op vlieg. Noudat hy binnekort sestien sal wees, haal hy alles uit om sy studentevlieënierslisensie te verwerf. Hy studeer egter in die geheim, want sy streng pa is geheel en al daarteen gekant. Nietemin, vorentoe beplan hy om sy vlieënierslisensie te kry sodat hy eers by die Suid-Afrikaanse Lugmag se gewilde span Silwer Valke kan aansluit. Maar iets gebeur wat sy droom verpletter.
Sy meisie, Donna Brummer, wat self ook ʼn ernstige terugslag in haar lewe ervaar het, weet egter hoe om Dawid se situasie te hanteer. Ná ʼn vlug Kaap toe, beleef die twee saam die haglike toestande op die Kaapse Vlakte waar die gebruik van dwelms, perlemoenstropery, kaping en moord hoogty vier. Dawid moet sy onsekerhede oor sy eie toekoms laat vaar en fokus op die penarie waarin hulle hulself bevind.
Publication date: 2019-01-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799389555

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: John Steven Gurney
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Drie stertswaai-lekker stories uit die dierehotel!
Goeie nuus vir jong diereliefhebbers: Die gewilde Dierehotel-reeks is nou vir die eerste keer in 'n omnibus beskikbaar. Troeteldiereliefhebbers is versot op die tweeling Liela en Dirkie se avonture in die Dierehotel. In elke boek maak 'n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel - en dit sorg vir hope opwinding! 'n Prettige, snaakse reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture.
1: Alle diere welkom!
Die tweeling Liela en Dirkie kan nie glo hulle gaan in hulle tante se hotel bly nie. Die hotel lyk nou wel oud en afgeleef - maar daar wag sommer hope verrassings op hulle! Die hotel is vol ou kamers en daar is 'n daktuin en selfs 'n hysbak. Daar is ook een GROOT probleem - daar is geen gaste nie. Maar toe Liela en Dirkie aanbied om na hul nuwe buurman se hondjie te kyk, gee die woelige, wollerige bondeltjie hulle 'n fantastiese idee. Hulle gaan hul nuwe tuiste in 'n ongelooflike hotel verander ... spesiaal vir diere! En hulle kan nie wag om die eerste besoekers in die splinternuwe hotel te verwelkom nie.

2: 'n Groot verrassing
Die volgende kuiergas by die Dierehotel is 'n gestreepte grys kat genaamd Matilda. Maar Liela en Dirkie is bekommerd, want Matilda wil glad nie speel nie - sy wil net die heeltyd wegkruip en slaap! Wat op dees aarde is fout met haar? Intussen maak Elvis die kokketiel moeilikheid tydens sy kuiertjie. Hy gaps die heeltyd kos uit die kombuis, en hy wil Matilda nie met rus laat nie. Is hy net stout, of weet hy dalk iets wat Liela en Dirkie nie weet nie?

3: Snuf in die neus
Almal is verras om te sien hoe fluks die Dierehotel deesdae sake doen! Liela en Dirkie het hope troeteldiere om op te pas - katte, honde, konyne, marmotte en voëls. Maar toe 'n afgetrede polisiehond genaamd Watson kom inloer, snuffel hy allerlei moeilikheid uit. Kan Liela en Dirkie met sy hulp die Dierehotel se heel eerste geheimsinnige raaisel oplos?
Publication date: 2018-08-23
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431618934

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 170
Wysheid Uit Die Woord (Luukse Leer)
Word geïnspireer om 365 dae van die jaar God se pad te stap en by Hom antwoorde te soek vir jou lewensvrae.
Ons kom elke dag voor soveel keuses te staan, en omdat God ons met vrye wil geskep het, kan ons self kies wat ons wil doen. God het ons egter lief; daarom moedig Hy ons sagkens aan om Hóm te kies.

Wysheid uit die Woord lei ons in 365 dae om elke dag God se aangesig te soek wanneer ons voor groot keuses te staan kom. Die kort, kragtige oordenkings met kleur drukwerk inspireer ons om God se hand te neem, na sy stem te luister, sy Woord te lees en ons hartsbegeertes in gebed met Hom te deel. En omdat Hy ons liefhet, is God naby ons, wag Hy vir ons, luister Hy en lei ons om die pad te kies wat na ware lewe lei, nou en tot in die ewigheid. Insiggewende aanhalings deur groot geeste soos moeder Teresa en Oswald Chambers is met die dagstukke vervleg.
As ons elke dag die pad saam met God wandel en sy antwoorde op ons lewensvrae soek, sal ons keuses maak wat tot liefde, vreugde, vrede en ware vervulling in ons lewe lei.
Ook beskikbaar in Engels onder titel God's Daily Answers
Publication date: 2018-07-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624843

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 199
In die skuilplek van die Allerhoogste moedig vroue met 366 oordenkings aan om vas te hou aan die beloftes van ons troue Vader. Die 366 oordenkings in hierdie tweekleur-dagboek fokus elk op 'n belofte uit God se Woord, van Genesis tot Openbaring, en bevestig die belofte met 'n aanvullende teksvers. In die skuilplek van die Allerhoogste bied vir vroue hoop en versekering in die wete dat God waarlik omgee en dat hulle altyd veilig is in die skuilplek van die Allerhoogste.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415339480

Nie-fiksie / Non-fiction: Business / Besigheid

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Business / Besigheid
R 140
Ons is geneig om onsself te onderskat omdat ons daarvan oortuig is dat ons vermoëns beperk is. Maar wat as ons veronderstelde beperkings net 'n illusie is?
In Die impak van jou potensiaal identifiseer en ondersoek John Maxwell die sewentien sleutel-kapasiteite wat elke persoon besit. Ons is met sommige daarvan gebore, soos hoe ons dink of hoe ons aansluiting vind by ander. Die res is keuses, dikwels onbewustelik, wat ons ingesteldhede of persoonlike dissiplines insluit. En daar is ruimte vir groei by almal.

Maxwell gee duidelike en handige advies oor wat ons kan doen om in hierdie verskillende gebiede van ons lewe te groei. Leer hoe om jou emosies te beheer en jou energie te verhoog, hoe om op te hou om dinge uit te stel en meer gemaklik te raak met risiko's. Sodoende sal jy jou eie verwagtinge oortref en beter word as wat jy ooit gedink het moontlik is.
Publication date: 2017-11-28
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431617463

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 190
God werk op onverwagte maniere om Hom aan ons te openbaar. Wan neer hemel en aarde ontmoet sal jou bemoedig en deurgaans hieraan herinner terwyl jy die ware verhale lees.
Gelowiges sowel as ongelowiges sal geïnspireer word deur hierdie ware verhale van gebede wat beantwoord is, wonderwerke wat gebeur, bewyse van Goddelike ingrype en interaksie met geheimsinnige helpers. Wanneer hemel en aarde ontmoet bevat bydraes deur gewilde Christenskrywers soos Oswald Chambers, Philip Yancey, Bruce Wilkinson, David Jeremiah en vele meer.
Hierdie ware verhale van die hemel wat die aarde aanraak, sal jou vervul met hoop en sekerheid dat God nie net aktief besig is in die wêreld vandag nie, maar Hy is ook intiem betrokke by jou lewe.
Publication date: 2017-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415336168

Nie-fiksie / Non-fiction: Business / Besigheid

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Business / Besigheid
R 190
Die nuwe boek, Verskuif jou grense, deur een van die wêreld se voorste en mees gerespekteerde leierskapghoeroes en skrywers, John C Maxwell, sal nie net die lewe van sake- en ander leiers verryk nie, maar ook dié van enigeen wat professioneel en persoonlik wil groei.
In Verskuif jou grense identifiseer Maxwell sewentien kernvermoëns. Sommige is vermoëns waaroor ons reeds beskik, soos byvoorbeeld energie, kreatiwiteit en leierskap. Ander is aspekte wat ons deur ons keuses beheer, soos ons ingesteldheid, karakter en doelgerigtheid Maxwell bestudeer en ontleed elkeen van hierdie sewentien kernvermoëns en gee duidelike en doenbare raad om jou te help om jou potensiaal in elk van hierdie kernvermoëns te laat groei. Hy help jou ook om jou kritieke kernvermoëns te identifiseer, te laat groei en aan te wend. As jy eers deur die plafon van jou vermoëns gebreek het, sal jy al hoe meer suksesvol en vervuld begin leef.

Die boek bied praktiese raad en is in drie dele verdele, wat as drie stappe aangebied word:

'¢ Deel I - Bewustheid: Verskuif die grense van jou potensiaal

'¢ Deel II - Potensiaal: Ontwikkel die vermoëns waaroor jy reeds beskik

'¢ Deel III - Keuses: Doen die dinge wat jou potensiaal vlerke gee
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798174329

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 360
'n Nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. Dieselfde temas geld as in sy vroeëre werk: 'n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan & die onontkombaarheid van die dood, deurgaans gekenmerk deur 'n amper moedswillige humor.  Die verhaal begin in 'n tuinwoonstelletjie waar 'n oud-onderwyser een aand sit en musiek luister, min wetende dat daar 'n lewensveranderende insident met 'n hond op hom wag. 'n Meesleurende roman, met 'n merkwaardige insig in die mens se lot.
Publication date: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.