●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Rina Cilliers

Results 1 to 4 of 4
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606224

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Ignoreer die vlinders ... Lienke se kêrel is nog nie gereed om te trou nie. Sy besluit om van die geleentheid gebruik te maak om alleen na Turkye en Griekeland te toer, soos wat bespreek was vir die verlowingsreis. Sy wil 'n gebedematjie vir haar aanstaande koop. Volgens legende gee 'n vrou glo die matjie aan 'n man om hom te oorreed om met haar te trou. Op die vlug ontmoet sy sexy Sebastian wat haar reis onmiddellik versuur met sy alewige geterg. Boonop is hulle heel toevallig in dieselfde toergroep. Sy gaan haar bes doen om hom en die vlinders in haar maag te ignoreer. Op 'n Turkse tapyt kombineer reis, liefde en legende met 'n goeie skoot humor. Die skrywer het duidelik ook goeie navorsing oor Turkye en Griekeland gedoen.
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605845

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Ongelukke kom in drie ë ...
Johlene Basson verkoop haar geërfde kunswinkel en het skielik genoeg geld om op 'n Sabbatsjaar te gaan. Sy wil haar ma se biologiese ouers gaan opspoor. Haar amper-verloofde ondersteun nie hierdie halsoorkop besluit nie, maar hy gee vir haar drie maande grasie. Dan wil hy trou. Op Koffiefontein is daar tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n aantal Italiaanse soldate as krygsgevangenes aangehou. Johlene het 'n gevoel dat sy die antwoorde op haar vrae hier gaan kry, min wetend dat Koffiefontein haar hele lewe gaan verander. Gelukkig is sy nie alleen nie - daar is die eksentrieke Tant Hartjie, die mooie boer Leo met sy lelike Land Rover en die kerkhof se spook, Elisabet.
Publication date: 2021-01-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605418

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Comine Verbeuk is lelik in die steek gelaat deur ʼn man. Daarom aanvaar sy die werk om op 'n afgesonderde plaas naby George ʼn skrywer met sy manuskrip te help. Dit is die perfekte plek om die spoke van die verlede te begrawe, haar kop skoon te kry en mans finaal af te sweer. Die mense op Seekamee herinner Comine egter aan ʼn tyd toe sy ook gelukkig was, voor haar ouers se dood en voor Len se verraad. Boonop lyk Sven soos 'n Noorman, noem haar Twiggy en veroorsaak 'n meteorietstorting in haar binneste wanneer hy 'n vertrek binnestap. Hy is stug, streng en allergies vir vroue. Miskien is daar tog 'n storieboek-einde vir die twee van hulle?
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600048

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Laat staan die wewenaar! Is die roep van 'n naguiltjie Nurinke se beterwete wat haar probeer waarsku? Nurinke kan nie seker wees nie. Wat sy wel weet is dat haar impulsiewe geklouter op 'n spieëlkas om 'n reistas in die hande te kry vir 'n kuier by Frans (haar amperverloofde in Europa) asook die katastrofiese val daarna, meer as net 'n gebreekte enkel vir haar tot gevolg het: Behalwe 'n belowende loopbaan wat daarmee saam in die niet verdwyn het, is sy boonop genoop om by haar ouma op 'n Karooplaas te gaan herstel. Dis daar waar sy haar ouma se befoeterde wewenaar-buurman, Lood Verwey, met sy stom seuntjie ontmoet wat Nurinke se ewewig laat wankel. Hoekom ervaar sy opeens gevoelens waarmee sy nog nooit te doen gekry het nie, emosies wat dierbare Frans nog nooit in haar wakker gemaak het nie? Hoekom sê hierdie wewenaar vir haar dinge wat sy nie wil hoor nie, maar wat haar tot stilstand bring? Vuurwarm, hamer sy woorde in haar kop wanneer sy haar oë styf toe maak. Hoekom klink dit soos 'n vals noot in 'n andersins perfekte simfonie? Gaan impulsiewe Nurinke uiteindelik die regte besluit neem? Gaan sy haar ware emosies onderdruk of gaan sy toelaat dat haar hart vlerke kry? Die verhaal bevat ʼn element wat verwys na mensehandel en veral kinderontvoering - iets wat tans ʼn aktuele saak is in Suid-Afrika ná die ontvoering van Amy'Leigh de Jager gedurende September 2019. Dit fokus ook op die herstelproses van families ná die afsterwe van ʼn ouer en hoe die oorblywende ouer hul enkelouerstatus moet aanvaar en vrede daarmee maak (in hierdie verhaal speel die held se Christenskap ʼn rol om hierdie nuwe lewenswyse te aanvaar). Die onderdrukking van persoonlike eienskappe tot voordeel van die samelewing en tot nadeel van die individu is ook ʼn onderwerp in hierdie verhaal. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Roep van 'n naguil is Rina Cilliers se debuut Romanza.
Publication date: 2020-07-02

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.