●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Marius Ackermann

Results 1 to 4 of 4
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306269

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
Waar die Krokodilrivier lui-lui deur die Noordwes kronkel, net 'n klipgooi van die Wieg van die Mensdom, is die wel en weë van twee histories aparte groepe op die punt om ineen te vloei. In die dorpie Kwenang (voorheen De la Rey) is korrupsie, wanbestuur en anargie aan die orde van die dag en is die vraag op die vooraand van die burgemeestersverkiesing of daar hoegenaamd nog 'n spreekwoordelike Moses is wat die dorp uit hul politieke verknorsing sal kan lei. Aan die ander kant van die rivier, teen die klipkoppies van die Schurweberg, sit Grootraad Makedaan (gerespekteerde leierbobbejaan) en tob oor die onregverdigheid van die 'groot split': die dag toe die regoplopers hulle rug op die handeviervoeters gedraai en só die gedeelde herkoms van die primate versaak het. Is dit dan nie Bo'jaan se roeping om aan Kwenang se komende burgemeestersverkiesing deel te neem, en so 'n bedeling van heling in plek van verdeling in te lui nie?

Terwyl 'n bobbejaan in die noorde tot burgemeester ingehuldig word, is 'n gesiene emeritusprofessor en primaatnavorser, 'n internasionaal-erkende Britse fotograaf en 'n lenige boereblondine van die Kaap af na die Magaliesberg onderweg as deel van die Chacma-ekspedisie: 'n Brits-befondste ondersoek na pratende lede van die spesie papio ursinus. Toeval? Of die hand van die noodlot?

In Die Chacma-espedisie steek Marius Ackermann goedig die draak met Afrika-politiek en -problematiek en sal selfs die mees siniese leser vir mens én dier se bobbejaanstreke kan lag.

OOR DIE OUTEUR
Marius Ackermann bevind hom danksy die kombinasie van sy regsagtergrond (onder andere as regsadviseur die Staatsdiens en as lid van die Pretoriase Balie) en skrywersvernuf (hy het 'n MA in Kreatiewe Skryfkuns) in die perfekte posisie om intelligent en insiggewend die spot te dryf met al wat staatsinstelling en -formaliteit is. Sy satiriese blik op die politiek en die naby verwantskap tussen mens en dier wat in al sy boeke na vore tree, word in die skreeusnaakse Die Chacma-ekspedisie tot nuwe hoogtes gevoer.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199517

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 69You save R 111
Hulle is so deel van enige stadsplein soos toeriste met kameras en statige standbeelde van volkshelde: duiwe in elke skakering van grys. Pretoria se Kerkplein is geen uitsondering - hoewel die duiwe wat elke oggend op Oom Paul se kop en skouers vergader, nie gewone kossoekers of verveelde sonbaaiers nie. Kerkplein se duifbevolking is 'n groep besorgdes wat bereid is om tot die laaste penveer vir Kerkplein as duiftuiste te veg.

Wanneer die prokureursfirma Plein & Simpel vorendag kom met planne om Kerkplein se historiese Wesfasade in 'n parkeerterrein te omskep, en daar terselfdertyd uit bewaringskringe stemme opklink dat duiwe-excreta die historiese geboue beskadig, word die Duiwerepubliek van alle kante bedreig. Skielik lyk indringer-mynas na die minste van hulle probleme - en moet die lede van KOER (Ken Ons Eie Roeping) kragte saamsnoer om die metroraad, die media en moderniseerders hok te slaan.
Publication date: 2013-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869193201

Nie-fiksie / Non-fiction: Sale / Uitverkoping

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Sale / Uitverkoping
R 180
R 69You save R 111
'Wessels, daai plekkie. Hulle't nou tien jaar van demokrasie. Destyds. Vele kak en drama en 'n geskiet. Gaan doen vir ons 'n storie.'
'Oor die skietery van destyds, vermoed ek?'
'Wel. Enigiets. Wessels. Vryf ou bronsplaatjies blink as dit moet. Maar iets nuuts. 'n Nuwe slant. Sal nog beter wees. Jy vlieg môre.'

Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein - daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys.
Publication date: 2009-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192181

Fiksie: Uitverkoping

Illustrator: Theo Krynauw
Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 75You save R 105
Grootraad Makedaan, welsprekende en gevierde leier van die Donkerberg-trop, draai weer eens die gehoor om sy pinkie met sy charismatiese toespraak. Almal is in vervoering ... dis nou almal behalwe Karos en Plato. Hulle is bekommerd. Dinge is nie meer wat dit was nie.
Publication date: 2008-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.