●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Lizelle von Wielligh

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607238

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Hoekom, God?
Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ʼn motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos 'n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ʼn beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605395

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398649

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Daar is oral musiek, jy moet net luister …
Dit is die vroeë 1800's in die Kaapkolonie. 'n Boog beweeg oor vioolsnare en roer iets binne Annabelle. Watter slaaf speel die viool so mooi?
Sy herken dadelik Kaleb se kastaiingbruin hare en donker oë, maar hy gee voor dat hy haar nie ken nie. Kaleb, haar lewenslange vriend wat nie vir haar die harmonika mag gespeel het nie. Kaleb, die ambisieuse slaaf, vasgevang in sy omstandighede. Dit is ook nie die eerste keer dat sy musiek haar hartsnare raak nie.
Annabelle en Kaleb moet alles waag om saam te wees, al leef hulle in twee wêrelde ...
Publication date: 2020-02-05
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799397437

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy stem is musiek in haar ore … Marlé is 'n selfstandige musiekonderwyseres wat haar huis op River Rock, die familie se berghut, gemaak het. Sy ontmoet vir Stoffel - 'n enigmatiese, hawelose vreemdeling - en met die intrapslag leen hy vuurhoutjies, koerante en sout by haar, maar daar is iets aan die man wat haar rustig maak. Tussen die dennebome leer sy hom ken, en leer hy haar om musiek oral om haar te hoor. Hulle raak gou verlief op mekaar, maar daar is iets wat sy nie van hom weet nie … Lizelle von Wielligh skryf dikwels oor liefde met 'n Christelike inslag, en in Hartsmusiek verweef sy ook moeiteloos elemente daarvan in die verhaal. Hartsmusiek is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks en kan vergelyk word met boeke van Harlequin en Mills & Boon.
Publication date: 2019-10-03
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799387988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.
Publication date: 2018-05-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.