●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Lanie van Reenen

Results 1 to 2 of 2
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776094578

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 250
Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-'n-fiets op 'n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê…
Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C'est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop.

Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem.

In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?
Publication date: 2019-05-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639962214

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 260
Toe die bekende ontwerper Lanie van Reenen al haar spaargeld en energie in 'n kasteel in Aubusson ingooi, het haar vriende gewaarsku dis onwys. Maar Lanie was besiel. Sy het haar Franse kasteel liefderyk herstel en die 'beste boetiekhotel in die streek' geskep.

Die opening val egter saam met persoonlike en internasionale tragedie: die wêreldwye finansiële krisis, en 'n ernstige ongeluk wat Lanie se eks-man in 'n koma laat. Boonop dreig die beleggers om haar hotel van Kaapstad af te bestuur.

Dan is daar nog die kwaai brandweerbaas en die Franse burokrasie om mee rekening te hou, die uittartende kamerbediende, ander eksentrieke hotelpersoneel, die ongewone bure en Franse vriende.

Lanie se kleurryke vertelling raak soms aan die diep hartseer wat voluit leef kan meebring, maar aan ook die ekstase van jou drome nastreef. Al is dit 'n vet kans wat jy vat...
Publication date: 2019-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.