●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Ida Bester

Results 1 to 8 of 8
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605746

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Blom waar jy geplant word ... Ná 'n traumatiese ervaring met haar studieleier, is Marileen Kamstra se enigste liefde haar kwekery met die plante wat sy vertroetel vir haar navorsing. Boeke en blomme is meer as genoeg om haar besig te hou. Die tuin hou buitendien haar kop skoon en die skaduwees van die verlede kruip agter die struike weg. Die irriterende Groen Skerpioen Joubert De Wet kom soos 'n slang in haar paradys en jaag haar die harnas in met sy inspeksie en sy belangstelling in meer as haar plante. Sy wil hom so gou moontlik laat besef dat sy glad nie belangstel nie, maar Joubert het ander planne vir die mooie Marileen.
Publication date: 2020-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600017

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Soms word diamante op die mees ongewone plekke gevind ... Tersia se ideale man is die filmster Ryan Gosling. Sy meet elke man wat sy ontmoet aan haar filmheld. Die woestynlandskap van Namibië is die teenoorgestelde van haar lowerryke tuiste in Durban en die teleurstelling toe haar pos by die koffieplek oorbodig word, strook glad nie met haar Hollywood-lewensuitkyk nie. Is die blonde Duitser saam met wie sy later gidswerk doen by die spookdorp Kolmanskop werklik, soos haar oupa en ouma vermoed, 'n diamantsmokkelaar? As dit waar is, draai haar ervarings in die Suid-Afrikaanse buurland al haar lewensverwagtinge op hul kop want die man kom nogal naby aan haar ideale beeld van 'n trouman. Maar Dieter is 'n man van vlees en bloed en al die tekens dui op 'n verhouding tussen hom en Tersia se hospita, Reinet. Wanneer Dieter egter tydens 'n safari na Sesriem en Sossusvlei van die radar af verdwyn, moet Tersia besluit of hy die moeite werd is om voor te veg. Die problematiese werkswêreld van vandag vir jongmense word voorgestel wanneer die heldin haar werk verloor kort nadat sy spesiaal na Namibië verhuis vir ʼn werk. Sy is vir ʼn kort rukkie werkloos daarna. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Tersia se Namibdiamant is Ida Bester se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: - Kammabruid (Junie 2016), - Die paartjieknoper (Julie 2017), - ʼn Machoman leer liefdestaal (Augustus 2017), en - ʼn Geur vir elke vrou (Oktober 2018).
Publication date: 2020-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387377

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Diamant uit Afrika - Jacolet van den Berg
Matilda het die ekspedisie na Angola se diamantmyne haarfyn uitgewerk. Niks sou verkeerd gaan nie. Totdat rebelle hulle ontvoer en die enigmatiese Roald Young nog boonop haar hart én lewe omverwerp.

Teken van sy liefde - Ida Bester
In die woestyn verloor Ezanne vir die eerste keer haar hart op 'n man saam met wie sy navorsing doen. Maar terwyl hy ylend van koors is, se hy 'n ander vrou se naam ...

Op mekaar aangewese - Elsa Drotsky
Kirsten se erflating is nie sonder 'n prys nie: 'n Aangetroude familielid moet toesig hou oor haar sake. En sy verstaan nie hoekom sy al hoe meer uitsien na sy ongewenste besoeke nie.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799390827

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Theana se baas vra haar om die parfuummaker, Jean-Luc, te jag vir hul besigheid. Sy is gelukkig om hom al op haar vlug raak te loop. En weer later in Frankryk. Maar is hierdie ontmoetings met Jean-Luc terloops, beplan of deel van die noodlot?
Hierdie boek handel oor die kompeterende wêreld van die parfuumbedryf.
Publication date: 2018-10-02
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799385298

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Seerkry in beide Madri en Kobus se verlede maak hulle lugtig vir mekaar en vir 'n verhouding. En tog bestee hulle elke ledige minuut saam. Totdat Madri besef dat machoman Kobus kuns as tydmors beskou... en kuns is haar lewe!
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799385120

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Annelle is 'n paartjieknoper, maar sy wil nie liefde vir haarself vind nie. Toe sy egter in Christiaan Verwey se oë kyk, is sy nie meer so seker sy wil Kupido se pyl ontwyk nie.
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799379501

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Sanrie en 'n kollega hou as kammapaartjie 'wittebrood' by 'n eksklusiewe lodge om die scoop van die jaar te kry. Die veldwagter Luan Maritz slaan egter Sanrie se asem weg. Maar is hy wie hy voorgee om te wees?
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799372496

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 85
Suné en haar swaer is mede-erfgename van haar skoonouers se plaas buite Dullstroom. Hy was haar jeugliefde, maar is onverwags met iemand anders getroud. Daarom wil sy die plaas vinnig verkoop hê. Maar Armand het ander planne...
Publication date: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.