●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Herman Lategan

Results 1 to 3 of 3
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge

2

9781776093380

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 280
R 224You save R 56
In Hoerkind vertel Herman Lategan sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in 'n losieshuis in Kaapstad verwek - buite die eg. Van jongs af het hy soos 'n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee. Op 13 beland hy in die kloue van 'n geslepe pedofiel, 'n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Ná skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met 'n “smorgasbord van eendagsvlinders” kattemaai. Terug in Suid-Afrika maak Herman opgang as joernalis wat na die wydste hoeke van die wêreld reis. As volwassene voer hy 'n stryd met drank en dwelms en is 'n ruk lank haweloos. En vir menige werkgewer word hy die nagmerrie wat hulle die ergste vrees.
Hoerkind is 'n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart 'n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van 'n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is.

As 'n outobiografie is die boek met verbasende openhartigheid geskryf en geen doekies word oor die skrywer se persoonlike lewe of gay-wees omgedraai nie. Verskeie bekende en selfs beroemde figure uit die media- en vermaaklikheidswêreld maak hul verskyning in die boek wat meesleurend, hoogs vermaaklik en kompromisloos eerlik is.
Oor die jare skryf Herman vir oor die 50 tydskrifte, koerante en webblaaie, onder meer Vogue Entertaining + Travel, Time Out, House and Leisure, Cape Style, Mail & Guardian, Vrye Weekblad en Rapport. Sy rubrieke is in
twee bundels byeengebring: Binnekring van spookasems en Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse, en 'n handvol gedigte en kortverhale het ook verskyn. Herman het vir vyf jaar vir e.tv gewerk en vir 'n dekade insetsels vir etlike radiostasies soos FMR en Cape Talk gelewer.
Publication date: 2022-07-04
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781776091591

Nie-fiksie / Non-fiction: Language & Literature / Taal & Letterkunde

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Language & Literature / Taal & Letterkunde
R 240
Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos 'n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker.
In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens 'n woord en bou 'n storie om dit. Die inhoud val uiteen as 'n tipe abecedarium - speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Herman is nie bang om (soms geniepsige) sosiale kommentaar te lewer nie, en van die stories handel oor verlies, verlange, patos; ander is sommer laf of selfs katterig.
Al gewonder wat 'n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry.
Publication date: 2018-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868426263

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Herman Lategan is 'n flaneur van Seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy 'n toeris in die demi-monde, 'n landskap van vlees en bloed. Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy lê die mens en homself tot op die been bloot.
Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die 'skyn van voorstedelike rustigheid' die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak 'gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend.' Hy het 'n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.
Lesers van Rapport het lank gevra vir 'n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat wip. Hier ís hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar 'n tweede afdeling: 'n poespas van sy sielvolle, melancholiese stories.
Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootlas op die lewe, is elke vinjet 'n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos 'n literêre smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange.
Publication date: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.