●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Hennie van Deventer

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928530602

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 220
Kanniedood-koerantman Hennie van Deventer verklap geheime en intriges in nuuskantore en direksiekamers in ʼn 50-stuks informele “grafskrifte” vir ontslape tydgenote.

Beroemde pers-persoonlikhede word met deernis en humor geskilder. Die geskiedenis van die perswese in ʼn goue era word belig deur invloedryke koerantredakteur en koerantehoof van Naspers wat uit ʼn ingeligte binnekring verslag doen.

Koerantkamerade word opgedra aan “almal wat lief is vir koerante en oor die mense agter die papiergordyn wonder.” Dit is vir lesers met ʼn belangstelling in die resente geskiedenis en lesers wat lief is vir lekkerleesstories wat onderhoudend deur ʼn woordvaardige joernalis vertel word.
Publication date: 2021-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485312178

Nie-fiksie / Non-fiction: Nature / Natuurlewe

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Nature / Natuurlewe
R 250
Hierdie stories is inheems soos kremetartbome, onderhoudend soos 'n kuier om 'n hardekoolvuur.
Die skrywer en sy vrou het 'n huis in Sabiepark, 'n private natuurreservaat aan die Sabierivier, waar wilde diere name het, soos die luiperd Vin Diesel en die vlakvark Brood. Waar 'n hiëna vir aandete by die stoeptafel opdaag. Hulle het met die jare boekgehou van buitengewone verskynings en gebeurtenisse. Sy stories oor Sabiepark en die Wildtuin blaai die veld oop en gee ons 'n intieme kykie op wilde diere. Dit stem tot nadenke, soos die uitstekende “Skurwe slaapmaats” waar die leser leer hoe om 'n olifant te benader: met groot nederigheid, neergeslane oë en geknakte nek. Daar is interessante inligting, soos dat baldadige jong olifantbulle uit die trop verban word totdat hulle geleer het om hulle te gedra. Dat olifantkalwe 100 tot 120 kg kan weeg.
Die stories word gekenmerk deur fyn waarneming, 'n droë humorsin en buitengewone woordvaardigheid.
Publication date: 2021-04-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928518181

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 200
Die spoor van die Melody wat in 2009 deur seerowers aangeval is, word gevolg deur gevaarlike waters langs die Oos-Afrikaanse kus op tot die Suezkanaal waar bote deur oseane van woestynsand kortpad vat.

Op 'n reuse-lynskip word Valentynsdag met derduisende rose uit Perth gevier. Daar word ook op 'n veerbootjie na 'n eilandjie gevaar op 'n speurtog na een van Amerika se yslikste politieke skandale, en die kinders beleef waar die skrikmaakfkliek Jaws vandaan kom.

Die leser word verras met Japanse puntenerigheid, Russiese “strand-apartheid”, en die skrywer se eie Oceanos-storie. Onvergeetlike hawens word herbesoek: die hiperaktiewe New York, sierlike Sydney en Kotor waar Noorweegse fjords en die Middellandse See as 't ware ontmoet.

Nie net lang reise besorg vreugde nie. Sowat 60 000 mense vaar elke somerseisoen langs ons kuste. Die Van Deventers het dit met vyfjarige tweeling-kleinseuns gedoen -en elke minuut was 'n fees.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316995

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 50
In Laatoes ontmoet die leser Hennie as afgetrede koerant­man wat al amper 20 jaar steeds bly skryf, skryf en skryf. Sy terrein is die totale omvang van menswees: van begrafnisse tot feeste; van herdenkings tot bekendstellings; van humor tot ernstige besinnings; van die intiem-persoonlike tot die openbare. Die kanniedood-koerantman kyk ver en wyd.
Publication date: 2017-10-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869190392

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 29
In kamera staan vir 'in vertroue' en 'in die kamera se oog'. 'n Leunstoelsafari wat begin in 'n 'nursing home' naby Babanango en oor Tuks se kampus loop deur Ienkkonserte, modderbaddens en broek-raids, Harvard se kampus, 12 jaar in Die Volksblad se redakteurstoel en jare as Uitvoerende Hoof van Nasionale koerante.
Publication date: 2003-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.