●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625451

Christelik / Christian: Devotionals Large Print / Dagstukke - Grootdruk

Christelik / Christian  -  Devotionals Large Print / Dagstukke - Grootdruk
R 199
Die lewe het so gejaag en veeleisend geword, propvol eise en prioriteite. Ons dae is lank en vol, en 'n mens kan maklik aan die einde van 'n deurmekaar en moeilike dag wonder of dit die moeite werd was.
Met Henk Gous se 365 dagstukke kan jy 'n oomblik stil word, fokus op 'n Skrifgedeelte en nadink oor die betekenis daarvan vir jou lewe. Dit gee jou die kans om weer by God krag en bemoediging te kry sodat jy môre se eise met vertroue kan aanpak.
Groei elke dag 'n bietjie nader aan God deur met Hom te praat. Vind vreugde en betekenis in jou verhouding met die Vader - presies daar waar jy jou nou bevind.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770002289

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
Die dood van 'n geliefde is ondraaglik swaar. Tog is dit iets wat met almal gebeur. Om die ondraaglike te dra is geskryf deur 'n pa wat die smart moes hanteer van sy sestienjarige dogter se selfdood. Om die ondraaglike te dra wil lesers wys dat sterk en gelowige mense ook soms swak is en maar mag huil. Dis bedoel om ouers te help om sterk én swak genoeg te wees om die grootste ramp te oorleef wat enige ouer ooit kan tref: die dood van 'n kind. Dit wil lesers wys hoe God elke mens help om die skynbaar ondraaglike tog te dra. In sy fokus op veral depressie, selfdood en rousmart help Henk Gous lesers om hulle smart op 'n unieke maar gesonde manier te dra. Hy wys veral daarop dat God elke mens op 'n unieke manier deur die swaar van die lewe help en dat hulle juis in hierdie swakheid baie sterker word.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431616909

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
Stres, stres, stres. Die gonswoord op almal se lippe, want ons elkeen, van kinders tot volwassenes, beleef dit.
Dit hoef jou glad nie moedeloos te maak nie, want hierdie potensiële struikelblokke en breekpunte kán noodsaaklike groeipunte en trapklippe na sukses word.
In Breekpunt wys Henk Gous jou hoe om krisisse reg te hanteer en so persoonlik te groei. Hy verdeel die boek in vier afdelings, naamlik persoonlike stres, stres in verhoudings, stres by die werk en stres oor finansies. As ervare berader bespreek hy onder meer:
• Die oorsake van trauma en praktiese wenke om dit te hanteer.
• Hoe om konflik en krisisse op 'n gesonde manier te hanteer.
• Maak sin uit pyn.
• Stappe van vergifnis.
• Hoe om die bande van verslawing te breek.
• Hoe om op te staan ná 'n nederlaag.
• Hoe om op te hou stres oor finansies.
Neem vandag nog beheer oor jou lewe, want jy kán krisisse reg hanteer en oorkom, en so met selfvertroue die toekoms tegemoetgaan.
Publication date: 2017-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431613021

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 100
Werk is dikwels 'n liefde-haat-saak. Jy kan nie sonder jou werk nie, maar is dit nie die ding waaroor jy die meeste kla nie?
Stres in die werkplek deur Henk Gous is 'n boek vol Bybelse beginsels vir elkeen wat die gekompliseerde werkswêreld moet aandurf.
Henk bespreek verskeie temas wat vir enige een in enige werkplek relevant sal wees, onder andere:
- Is jou werk 'n straf of vreugde?
- Is sukses of geld jou doel?
- Balans!
- Werksplekke wat giftig is
- Die skade van werkloosheid
- Aftrede
- Geloof by die werk
Stres in die werkplek sal mense help besef dat hulle ook in die werksegment van hul lewe naby aan God kan leef en so werklik geluk tussen die vier mure van die kantoor kan vind
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781770007727

Nie-fiksie / Non-fiction: Parenting & Childcare / Ouerskap & Kindersorg

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Parenting & Childcare / Ouerskap & Kindersorg
R 120
Vir baie mense is dit ondenkbaar dat ook kinders aan depressie kan ly. Tog is dit die hartseer realiteit wat Henk en Ansie Gous in As 'n kind se lag verdwyn aanroer.
In hierdie boek bespreek Henk en Ansie eerstens die werklikheid van depressie by kinders en die lewe wat God bedoel het kinders moet hê.
Publication date: 2009-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.