●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: F.A. Venter

Results 1 to 9 of 9
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485312079

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 295
In Kambrokind deel F.A. Venter sy jeugherinneringe vanaf sy voorskoolse jare tot op universiteit. Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar.
Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met 'n studielening en twee pakke klere kon gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

OOR DIE OUTEUR
Francois Alwyn (Frans) Venter (1916-1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.
Publication date: 2021-02-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308072

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
“Jy sal nie so wees nie, Kolisile? Wat is jy teen die groot stad van die witman? Jy is soos die gryskat wat baklei met die tier. Die groot plek van die witman vang jou en hy slaan jou neer. Waar is al die ander wat hier was? Waar is hulle wat saam met jou klein was, Kolisile? Waar is hulle? Hulle is weg. En dié wat terugkom, het seergekry, soos die boom wat die hael geslaan het. Ek is oud, ek weet. Ek kyk en ek sien, Kolisile.”

Kolisile, 'n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif - net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit - soos wat sy pa gevrees en voorspel het - as 'n liggaamlik én geestelik gewonde mens.
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307242

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
BOEK 4
Dié sekerheid, dink Hendriena 'n bietjie onthuts. Dié onaantasbare sekerheid. Vir hom is dit net die nuwe land, die nuwe grond - die nuwe begin - verder niks. Wat sal van hom word as dit ooit geskend moet word?

Dit is Desember 1840 en Rudolf Dreyer en sy gesin is besig om aan 'n nuwe lewe te bou in die Republiek van Natal. Die Trekkers glo dat hulle uiteindelik hulle vrye, onafhanklike staat gevind het. Toenemende inmenging van die Britse regering en konflik tussen die Boere en die Zoeloes in die gebied laat egter die vrees ontstaan dat dit 'n tweede Oosgrens gaan word. Is Natal werklik die bedoelde land waarna hulle al so lank streef?
Bedoelde land verskyn oorspronklik in 1968 en is die laaste boek in F.A. Venter se gewilde tetralogie oor die geskiedenis van die Groot Trek. Die ander drie boeke in die tetralogie is: Geknelde land (1960, in 2017 heruitgegee deur Protea Boekhuis), Offerland (1963, in 2017 heruitgegee deur Protea Boekhuis) en Gelofteland (1966, in 2018 heruitgegee deur Protea Boekhuis).

OOR DIE OUTEUR
François (Frans) Alwyn Venter (1916-1997) is op 27 November 1916 in Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown en studeer later in die letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. van die Groot Trek. In 1961 ontvang Venter die Hertzogprys vir Geknelde land en Swart pelgrim.
Publication date: 2018-05-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308034

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 250
Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter 'n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder 'n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella.
Publication date: 2018-05-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307303

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
BOEK 3
Rudolf Dreyer en sy gesin steier nog onder die geweld van Moordkoppie. Buks is vermoor. Oupa Helgaardt Dreyer is vermoor. Terwyl hulle probeer herstel van die smart, gaan die laer gebuk onder ander moeilikhede: masels en 'n verwoestende haelstorm. Dit voel vir Rudolf asof die Nuwe Land sy rug op hulle gekeer het. En hy wankel in sy geloof. 'n Hewige konfrontasie met die Zoeloes volg waarin in elke man, vrou, bejaarde en jong kind moet veg. Die Zoeloes word net-net afgeweer, maar dit berei die weg vir die volgende en grootste geveg nog ooit: Die geveg by Bloedrivier.
Publication date: 2018-02-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307334

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
BOEK 2
Dit is Januarie 1837. Rudolf Dreyer en sy gesin staan voor die Blesberg saam met honderde ander Trekkers. Hulle is gretig om verder te trek, maar daar is verdeeldheid oor waarheen: Port Natal of noorde se kant toe? Hendrik Potgieter, Gert Maritz en Pieter Retief is die leiers wat moet besluit. Pieter Retief kom met die idee om sommer oor die Drakensberg te trek. “Holderstebolder” is al die waens oor die berg, maar wat anderkant wag, is die Bloukransmoord en Dingaan se moordkoppie …

OOR DIE OUTEUR
Frans Venter (1916-1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.
Publication date: 2017-10-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320599

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Daar is ook die verhaal van Nabot,wat nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg.
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781485307273

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
BOEK 1
Hoe gebeur dit dat 'n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter 'n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde land is 'n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot 'n besluit gedwing word.

OOR DIE OUTEUR
Frans Venter (1916-1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780796320216

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
Simon van Cirene word gelas om Jesus se kruis te dra, op pad na Golgota. Simon, die man wat nie glo nie. Maar hoe kan 'n mens onveranderd gelaat word deur 'n ontmoeting met Christus? Hierdie is die verhaal van Christus se aanslag op 'n heidense wêreld. Dit is 'n beeld van wroeging en botsing en van haat en liefde, van ongeloof teenoor geloof. Maar veral is dit die verhaal van verlossing: die oorwinning van die gees oor die aardse.
Publication date: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.