●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Erika Murray-Theron

Results 1 to 3 of 3
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485312925

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 220
In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met parkinsonsiekte gediagnoseer word.
Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in 'n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met 'n geliefde met parkinsons: die ervaring om die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat te aanskou, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.
Publication date: 2021-09-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309109

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 200
Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry 'n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto's, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. 'n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om 'n groot huisgesin te behartig. 'n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624067771

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Lana is 'n verpleegster in 'n kliniek vir verswakte bejaardes. Ná die afsterwe van een van die mans in haar sorg, leer sy sy vrou ken; kort daarna ook hul seun, wat vir die begrafnis van Londen gekom het. Sy herken hom onmiddellik: Dit is Konrad, die man met wie sy 'n dekade gelede 'n vlugtige verhouding gehad het. Wat meer is, Konrad versoek haar om sy ma te vergesel op 'n besoek aan sy suster. Sonder dat sy self die redes vir haar besluit besef, stem Lana in, en die twee vroue pak die reis na die suide aan.
Publication date: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.