●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Elsa Winckler

Results 1 to 15 of 51
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313588

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 325
Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op 'n romantiese noot mee te begin. Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.
Publication date: 2022-03-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351831

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Liefde is vir altyd.
Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het op haar troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom sy toe nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te beweeg. Maar die rooi nommertjie wat Gerard uit sy tas haal, is nie syne nie. Dis Jeanie s'n. Hul tasse is omgeruil op die lughawe. Hy sal weet, hy was die een wat ewe opgewonde twee jaar gelede vir hulle identiese tasse gekoop het vir die wittebrood wat nooit gebeur het nie. Hy is nie troumateriaal nie, kinders wil hy beslis nie hê nie. Maar hy wil, nee, hy moet by Jeanie wees en stel voor sy trek by hom in. Sy voorstel is veronderstel om net 'n tydelike reëling te wees, maar hy besef amper te laat dat liefde nie tydelik is nie, liefde is vir altyd.

Hierdie verhaal vorm nie deel van Elsa se geliefde Greyton-reeks nie. En tog is hierdie alleenstaande romanse tipies Elsa Winckler: snaaks, modieus en stomend. Die boek bespreek die rol van toeval en tweede kanse vir moderne paartjies.
Publication date: 2022-03-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776354900

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie ...
Tessa Steyn is mal oor Kersfees. Soos in gaan-voluit mal: die musiek, die boom, die engeltjies, die kerse, die ligte, die klokkies, álles. Na 'n kort kuier in Johannesburg, vlieg sy George toe, die naaste lughawe aan Buffelsbaai waar haar mense elke jaar Kersfees hou. Aan die grompot langs haar in die vliegtuig, gaan sy haar nie steur nie. Gelukkig gaan sy hom nooit weer sien nie. Veearts Sias Reynecke haat Kersfees. Hy is net op die vliegtuig omdat sy suster 'n huis vir hulle twee vir Kersfees op Buffelsbaai gehuur het. Dis nou as hy daar aankom sonder om iets aan die irriterende beeldskoon vroumens wat langs hom in die vliegtuig beland het, te doen. Hopelik sien hy haar nooit weer nie.
Maar soos Tessa se ouma, Liesbet, verduidelik: Sommige dinge is reeds lank terug in die sterre geskryf en niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie.

ʼn Stomende Kersromanse uit die pen van een van Suid-Afrika se gewildste
skrywers.
Publication date: 2021-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639609683

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir 'n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van 'n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op 'n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin. Hierdie is die laaste titel in Winckler se geliefde Omdat jy ... reeks.
Publication date: 2021-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322845

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 240
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is 'n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s'n.
Ontdek 'n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.
Publication date: 2021-07-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607641

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 170
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?
Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met 'n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, 'n joernalis, 'n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir 'n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om 'n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.
As spesiale toevoeging, word 'n QR-kode in die boek gedruk en die skakel neem lesers na 'n spesiale liedjie wat deur Heinz Winckler geskryf is. Hierdie is die derde boek in 'n reeks en volg op Ware noord en Om weer te droom.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606958

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hoe gee jy jou hart vir 'n man wat nie syne kan volg nie? Debbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op 'n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir 'n man wat nie sy hart kan volg nie. Hierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; 'n stilbek en 'n kwetterbek, 'n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.
Publication date: 2021-04-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607139

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 270
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.
Publication date: 2021-03-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781953335364

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 350
Discover beautiful South Africa in this sweet, heart-warming Cinderella story about a blogger, a billionaire, and one chance meeting.When it comes to men, if physiotherapist Caitlin Sutherland didn't have bad luck, she'd have no luck at all. To help cope, Caitlin blogs about the men she meets and the bad dates she'd gone on.While on duty during the annual Wines to Whales bicycle race, a gorgeous, sweaty cyclist walks in and sets her hormones dancing. But he is Don Cavallo; one of the four Cavallo brothers - hotel tycoons, famous as much for their business skills as for the number of beauties seen on their arms.Billionaire Don Cavallo has his own issues with the other sex. He has yet to find one who is interested in him, not his money or hotels. But when this sexy physio puts her hands on his back, she not only touches his body, but also his heart.They've both been burned before, but neither of them can stop themselves from playing with fire.
Publication date: 2021-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605883

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Liefde is prentjiemooi Carina Erasmus geniet dit om saam met haar susters betrokke te wees by haar ma se besigheid en as fotograaf te werk. Tyd vir 'n man, veral een wat haar so ontstig soos die beeldhouer Conrad Vissser, is daar nie. Die een afspraak wat sy met hom gehad het, was loshande dié goorste een waarop sy nog was. Conrad Visser weet sedert sy tienerjare hy is nie die soort mens op wie iemand anders kan staatmaak nie, daarom het hy twee reëls waarvolgens hy lewe: moenie verlief raak nie en hou mense op 'n afstand. Sodoende kan hy niemand teleurstel nie. Totdat Carina Erasmus met haar lang bene en donker hare sy reëls kom breek. Omdat jy die een is, is die tweede boek in Elsa Winckler se nuwe reeks. Geliefde karakters uit Elsa se vorige Romanzas verskyn in Omdat jy die een is.
Publication date: 2021-01-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605548

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem ... Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605494

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
Nagmerries word soms mooi drome.
Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm haar broer Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Hierdie inspirerende verhaal ondersoek die impak van trauma en beklemtoon die belangrikheid van hoop en drome. Dit is die tweede titel in die reeks en word voorafgegaan deur Ware noord.
Publication date: 2020-09-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780639600253

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Moenie vriende soen nie, dit lei net tot moeilikheid! Toe Gabriella Tredoux een aand in 'n kuierplek op Mosselbaai vir Eben Joubert soen, verander alles. Die soen was veronderstel om haar te help om van 'n ander klewerige vent ontslae te raak. Eben is mos net 'n pel. Maar toe sy hom soen, terwyl 'n lied oor soenery in die agtergrond speel kan sy nie langer aan hom dink as net 'n pel nie. Miskien is almal tog reg toe hulle gesê het dat Jody nog lank nie klaar is met haar matchmaking nie. As tandarts op Mosselbaai, is Eben se lewe soos hy daarvan hou - ongekompliseerd. Wat hy van die huwelik weet, het hom vir altyd genees van gedagtes aan vir ewig en altyd, maar toe soen Gabriella hom en dis skielik onmoontlik om aan enigiets anders as aan haar te dink. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Toe soen jy my is Elsa Winckler se jongste romanse in haar Jody-reeks. Haar vorige romanses in die hierdie reeks sluit die volgende in: Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), My groot liefde (November 2018), Want die hart weet (Januarie 2019), Altyd net jy (Augustus 2019), en Want hy praat tjoklits (Desember 2019).
Publication date: 2020-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605111

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
Die noodlot het ander planne vir die twee van hulle ... Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd 'n meisie aan die arm. Die lewe is 'n lied. Tot die dag wat sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is die intense skuldgevoel, die woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens 'n besering vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van 'n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. En Evan weet: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. Teen die agtergrond van die werklike gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes, word Christenskap en liefde tussen jong mense pragtig verbeeld.
Publication date: 2020-07-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311546

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 295
Om Amelie se tafel
Liefde in laslap
Liefde deur 'n lens

Om Amelie se tafel
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy't 'n bietjie bagasie - en wie het nogal nie? Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie 'n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy't 'n groot, luide familie - presies die soort wat sy so graag om 'n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood - is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy's net té veel moeite?

Liefde in laslap
Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is 'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in 'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

Liefde deur 'n lens
Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto's gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel - en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar?
Publication date: 2020-06-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.