●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Christelike Uitgewersmaatskappy

Results 1 to 15 of 32
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622702

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 49
Of jy vandag leiding nodig het, God wil loof vir sy seëninge, of God se aangesig soek omdat jy mislukking of versoeking ervaar, Beloftes vir elke dag het die inspirasie wat jy nodig het om jou in God se teenwoordigheid te bring. Temas soos beskerming, genade, krag, redding en liefde vir God, en aanhalings deur mense soos Billy Graham en Charles Spurgeon belig God se beloftes aan gelowiges. Dit lei elke leser om te weet dat God elke oomblik by ons elkeen is.
Publication date: 2022-08-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431626106

Nie-fiksie / Non-fiction: Dagboeke / Diaries

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dagboeke / Diaries
R 299
Die Groot Dagbeplanner vir vroue 2023 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het 'n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanners, wat strek van Augustus 2022 tot Januarie 2024, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het 'n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.
Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:
• Weekbeplanner van Augustus 2022 tot Januarie 2024 met 'n dubbelbladsy vir elke week
• 'n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2023 en 2024
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
Publication date: 2022-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625680

Nie-fiksie / Non-fiction: Dagboeke / Diaries

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dagboeke / Diaries
R 299
Die Groot Dagbeplanner vir vroue 2023 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het 'n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanners, wat strek van Augustus 2022 tot Januarie 2024, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het 'n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.
Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:
• Weekbeplanner van Augustus 2022 tot Januarie 2024 met 'n dubbelbladsy vir elke week
• 'n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2023 en 2024
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
Publication date: 2022-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622566

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 40
Huiswerk, sport- en kultuuraktiwiteite maak 'n meisie se dag baie gou baie besig. Dit word egter soms so besig dat 'n mens totaal oorweldig voel. Dit is wanneer jy by die Vader moet gaan stilword sodat Hy jou kan vul met sy krag en hoop. Stilwordtye saam met God vir meisies bied 90 kort, inspirerende gedagtes wat meisies sal bemoedig en versterk. Meisies kan enige tyd van die dag nadink oor hierdie inspirerende oordenkings.
Publication date: 2020-12-15
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431623990

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 99
Wysheid uit die Woord vir vroue bied vir vroue Bybelse antwoorde en woorde van bemoediging in die lewensareas waar hulle dit die nodigste het.
Hierdie pragtige tweekleur-boekie fokus op tydlose waarhede oor 100 onderwerpe, soos geloof, liefde, selfwaarde, voorkoms en vreugde. Daar is ;n alfabetiese indeks agter in sodat vroue die antwoorde wat hulle soek, maklik kan opspoor. Elke onderwerp bied diepgaande vrae met Bybelse antwoorde uit die Skrif.
Publication date: 2020-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415337141

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 200
Bedtyd is 'n kosbare tyd van die dag om saam met jou kind deur te bring.Raak saam met jou kleinding rustig ná al die dag se bedrywighede en geniet 'n leesuur uit die Woord van God. Ontdek hoe Hy ons daagliks daaraan herinner hoe lief Hy ons het en dat Hy vir ons sorg. Jesus-stories vir slaaptyd bestaan uit 'n versameling gebede en oordenkings geskryf deur 'n wye verskeidenheid pastors en ander kerkleiers. Die boek bevat lesse oor onderwerpe soos dankbaarheid, gehoorsaamheid, vertroue in God, vriendelikheid, liefde vir jou naaste en talle meer. Die Woord kry lewe deur eenvoudige taal en pragtige illustrasies. Jesus-stories vir slaaptyd sal jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.
Publication date: 2020-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770000582

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 20
Hierdie boekie vertel in breë trekke verhale oor die skepping, Jesus se geboorte en werk op aarde, die opstanding en ook die hemelvaart. Tussendeur is daar gedeeltes wat as 'n gesinsgesprek tussen ouers en kinders aangebied word. Op dié manier word die waarhede van God se liefde en vergifnis prakties uit-gebeeld. Dit beantwoord ook kernvrae waaroor kinders dalk kan wonder. Die belangrikste storie ooit vertel is veral nuttig in evangelisasiewerk, maar kan ook sommer net gebruik word om die goeie nuus met jou vriende en familie te deel. Die boekie het kleurryke illustrasies en is beskikbaar in agt tale: Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa, Zulu, Tswana, Kimwani en Portugees.
Publication date: 2020-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625314

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 169
'n Ouer se dae is propvol dinge wat gedoen en onthou moet word. Ná 'n besige dag is 'n mens dankbaar vir enigiets wat die lewe vir jou makliker maak. My slaaptyd-Storiebybel maak die besluit oor wat om met slaaptyd te lees kinderspeletjies. Kinders tussen 3 en 6 sal baie hou van die 20 kort en eenvoudige stories uit die Ou en Nuwe Testament. Klassieke verhale oor die skepping, Noag, Moses, Daniël en Jesus se lewe stel jou kind bekend aan God se Woord en skep die regte atmosfeer vir soete drome.
Jou kleinding sal graag My slaaptyd-Storiebybel aan sy stewige handvatseltjie bed toe dra en die dag afsluit met 'n slaaptyd-storie uit God se Woord.
Publication date: 2020-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623495

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 179
Die Bybel is vol beloftes wat God vir sy kinders gemaak het. Een van die bekendste beloftes, is die een wat Hy aan Noag gemaak het en die reënboog as teken daarvoor gegee het. In Noag se ark word hierdie storie eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die kleurvolle illustrasies tesame met die unieke manier hoe die kartonbladsye gesny is om sommer ook 'n handvatsel te skep, sal hierdie kartonboekie gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 0 en 3 jaar.
Publication date: 2020-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618965

Christelik / Christian: Marriage & Relationship / Huwelik & Verhoudings

Christelik / Christian  -  Marriage & Relationship / Huwelik & Verhoudings
R 100
Egskeiding voel soms erger as die dood. Behalwe dat jou lewensmaat nie meer aan jou sy is nie, is daar tallose aspekte wat jy moet hanteer wat jou emosioneel, fisies, finansieel en ook geestelik verpletter kan laat voel. Egskeiding - hoe nou verder? wil jou met praktiese voorstelle help om weg te draai van die verlede en te bou aan jou lewe wat voorlê - 'n lewe waarin jy selfs sterkter kan wees as toe jy getrou het. Dit hanteer geestelike, emosionele, finansiële en fisiese aspekte rondom egskeiding, asook aspekte wat jou kinders raak, soos verhuising en gedeelde ouerskap. Daar is plek in die boek om jou gevoelens neer te skryf oor dinge soos woede, alleenheid en verwerping. Dit bevat ook idees vir finansiële beplanning, stiltetyd, nuwe gesinstradisies en pret saam met jou kinders.
Egskeiding - hoe nou verder? sal jou oortuig jy kan nou reeds ervaar dat jy oukei gaan wees al voel jy platgeslaan.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623662

Christelik / Christian: Bible Study / Bybelstudie

Christelik / Christian  -  Bible Study / Bybelstudie
R 169
Die beste manier om die dag te begin is deur tyd aan God en sy Woord af te staan. So word ons versterk om die uitdagings wat voorlê die hoof te bied, maar ook om ingestel te wees op God se hand en die wonders wat daardeur in ons lewe plaasvind. Daaglikse lig vir mans is 'n klassieke versameling van 366 oordenkings spesiaal vir mans. Elke oordenking is 'n versameling teksverse wat só saamgevoeg is dat die dag se stukkie 'n eenheid vorm wat God se woorde oor daardie onderwerp pragtig saamvat. Hierdie besondere boekie sal bydra tot dae gevul met die wonder van God en sy beloftes wat vir altyd van krag is.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625994

Christelik / Christian: Devotionals Men / Dagstukke - Mans

Christelik / Christian  -  Devotionals Men / Dagstukke - Mans
R 99
Mans moet elke dag baie uitdagings in hulle besig lewe hanteer. Hierdie kort dagstukke bied broodnodige oomblikke van rus in God se teenwoordigheid. Mans sal daagliks bemoedig word om op God se krag te vertrou deur die Skrifgebaseerde dagstukke en ondersteunende teksverse wat hul daaglikse wandel met God sal verryk.
Publication date: 2019-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623884

Christelik / Christian: Men's Interest / Mans

Christelik / Christian  -  Men's Interest / Mans
R 99
Wysheid uit die Woord vir mans bied vir mans Bybelse antwoorde en woorde van bemoediging in die lewensareas waar hulle dit die nodigste het. Hierdie pragtige tweekleur-boekie fokus op tydlose waarhede oor 100 onderwerpe, soos besigheid, gesag, karakter, leierskap, reputasie en stres. Daar is 'n alfabetiese indeks agter in sodat mans die antwoorde wat hulle soek, maklik kan opspoor. Elke onderwerp bied diepgaande vrae met Bybelse antwoorde uit die Skrif.
Publication date: 2019-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624836

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

Christelik - Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 89
Met Noag se ark plakker-inkleurboek kan kinders op 'n kreatiewe manier kennis maak met 'n paar van die diere in Noag se verhaal, terwyl hulle syfers en vorms leer uitken. Die boekie bevat meer as 300 plakkers met ooreenstemmende nommertjies vir die patrone van agt verskeie dierprente. Hierdie boekie bevat volledige instruksies, asook die verhaal van Noag soos dit in Genesis 6 vertel word. Kinders van 6 tot 10 jaar sal hierdie variasie van 'n inkleurboek deur en deur geniet, want wie is nie gaande oor plakkers nie?
Publication date: 2019-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431618842

Nie-fiksie / Non-fiction: Jigsaw Puzzles / Legkaarte

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Jigsaw Puzzles / Legkaarte
R 200
'n Prettige manier vir ouers en kleingoed om 'n bietjie “ons tyd” saam deur te bring. My gunsteling legkaart-Bybel bied 6 ikoniese stories uit die Ou en Nuwe Testament met pragtige volkleur-kaarte geïllustreer deur Gustavo Mazali. Die 6 stories elk met 'n ooreenstemmende 30 stuk-legkaart sal kinders vir ure besig hou. Dit is die ideale manier om hulle hand-oog-koördinasie, fyn motoriese vaardighede en probleemoplossing-vaardighede te ontwikkel terwyl hulle ook meer leer oor die Bybel. My gunsteling legkaart-Bybel is die ideale manier vir ouers om kwaliteit-tyd saam met hulle kleingoed deur te bring.
Publication date: 2019-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.