●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431619481

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Sallie Riehl droom nog altyd daarvan om ten minste een keer te reis voordat sy by die kerk aansluit. Daarom is sy in ekstase toe sy die geleentheid kry om dié somer as 'n kinderoppasser vir 'n welgestelde familie in Cape May te gaan werk. Maar selfs al moet sy slegs tydelik van haar ouerhuis in Paradise afskeid neem, beteken dit dat sy haar doop met nog 'n jaar sal moet uitstel en dat sy die man met wie sy veronderstel is om uit te gaan, moet agterlaat.

Die weke wat sy in Cape May deurbring, is onvergeetlik - deels weens Kevin, 'n jong Mennonitiese man wie se vriendskap sy gou begin koester. Het sy oorhaastig beloftes gemaak, of sal sy slegs by die huis kry wat sy die meeste begeer?
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431618620

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 190
'n Aangrypende verhaal oor ware vriendskap en hoop wat nooit beskaam nie.
Leona Speicher het die “suster” die waarvan sy nog altyd gedroom het, gekry die dag toe Gloria Gingerich en haar gesin in Lancaster County ingetrek het. Die nuwelinge uit Arkansas lyk soos alles wat 'n toegewyde Amish-gesin gehoort te wees.
Leona se neef begin by Gloria kuier en Gloria se boer toon belangstelling in Leona - en dit lyk of die twee meisies eersdaags aangetroude familie kan word. Maar alles verander toe Gloria se pa uit die Ou Orde Amish-kerk geban word weens redes waaroor niemand wil praat nie. Tot Leona se ontsteltenis verdwyn die Gingerich-gesin oornag.
Dan, na jare se stilte, kontak Gloria Leona onverwags. Leona neem haar sonder meer voor om na Gloria toe te gaan. Maar Leona se verloofde - die diaken se seun - is bekommerd oor dié halsoorkop besluit. Sal Leona se grootste wens tot haar eie ondergang lei?
Die wens is 'n aangrypende verhale oor ware vriendskap, hoop en deursettingsvermoë.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616756

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 179
Is daar hoop op 'n nuwe toekoms vir 'n jong vrou wat swaar dra aan foute uit die verlede?

Die foute van die verlede spook by Lucy Flaud, wat jare gelede reeds die sangaande vir jongmense in Bird-in-Hand ophou bywoon het. Nou is sy 25 jaar oud, en sy koester lankal nie meer enige hoop om te trou nie. Sy fokus nou op die vrywilligerswerk wat sy onder die Amish en die Engelse doen in Lancaster. Maar hoe hard sy ook al probeer, Lucy is onseker of sy ooit enige vrede oor die verlede sal kry.

Dale Wyeth het 'n diepe wantroue in die vooruitgang wat die moderne era bring en die afhanklikheid wat dit skep. Die jong man se versugting om nie afhanklik te wees van moderne luukses nie verdiep wanneer hy Lucy se pa, Christian Flaud, ontmoet. Dale hou van die Ou Orde Amish se vermoë om selfonderhoudend te wees, en Christian nooi hom om meer van die Ou Orde te leer deur by hulle op die plaas te kom kuier.

Terwyl Christian en Dale amper 'n pa-en-seun-verhouding ontwikkel, begin Lucy wonder wat Dale se teenwoordigheid vir haar kan beteken. Toets God haar? Of is dit moontlik dat selfs die mees onbetroubare hart - en twee mense uit baie uiteenlopende agtergronde - op 'n manier nuut kan begin?

Oor die outeur

Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omgewing gebore. Sy was voorheen 'n onderwyser en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, waaronder New York Times en USA Today.
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431615568

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
'n Verhaal van verraad, vertroue en liefde.
Eva Esch en haar susters is in 'n verknorsing ...

Ná die afsterwe van hulle weduwee-ma wil Eva se ouer broer Menno sy groterwordende gesin in die plaasÂ-huis in Eden-vallei laat bly. Dit laat min plek vir Eva en haar susters. Menno is oortuig dat ten minste een van hulle die komende trouseisoen sal trou. Eva wil trou, maar sy wil ook nie haar winkel opgee om 'n boervrou te word nie.

Dan verdwyn haar jonger suster, Lily, een nag en laat net 'n nota agter. Eva dink sy is deur iemand van buite die Amish-gemeenskap weggelok. Wanneer Jed Stutzman, 'n jong Amish-kapkarmaker van Ohio, in Lancaster opdaag met 'n foto van 'n Amish-meisie, keer dit Eva se wêreld onÂ-derstebo. Sy voel aangetrokke tot die stil, sjarmante vreemÂ-deling, maar die meisie in die verbode foto is glad nie 'n vreemdeÂ-ling nie.

Die meisie in die foto is 'n Amish-roman vol intrige.
Publication date: 2016-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431615278

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
Die krag van liefdevolle woorde.

Marlena het geen idee hoe sy die versorging van 'n baba saam met haar daaglikse pligte gaan beÂ-hartig nie. GeÂ-lukkig behoort dit nie langer as 'n paar weke te wees nie, net tot haar suster uit die hospitaal ontslaan word ...
Marlena Wenger se lewe neem 'n onverwagte wending wanneer sy haar vervreemde suster se baba moet versorg. Terwyl sy die somer in Brownstown, Pennsilvanië, deurÂ-bring om haar MennoÂ-nitiese ouma te help en ver van haar Ou Orde Amish-kêrel af is, is sy ver buite haar gemakÂ-sone.
Dan is daar ook haar ouma se gawe buurvrou, Ellie Bitner, wie se seun 'n vreemdeling in almal se lewens inbring wat met die vreemdste stel liefdesbriewe in sy sak rondÂ-loop.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431613366

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 130
Tessie Miller is die laaste van haar Ou Orde-ouers se vyf dogters om te trou. Sy het haar hart verloor op Marcus King, maar haar pa is nie beindruk met haar keuse nie.
Tessie en Marcus loop saam weg en gaan trou in die geheim in die Engelse wêreld. Hulle keer terug na Hickory Hollow as enkellopendes met die vertroue dat hulle die Millers met verloop van tyd kan oortuig om hulle liefde 'n kans te gee.
Maar wanneer die ondenkbare gebeur, lyk dit onvermydelik dat Tessie deur die Mense onder sensuur geplaas sal word. Sal sy 'n rede kry om te hoop ten spyte van haar benarde situasie?
Die laaste bruid deur Beverly Lewis is die laaste alleenstaande boek in die gewilde Hickory Hollow-reeks
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431613168

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
Met haar liefde vir oudtydse goed moes Jennifer Burns dikwels hoor sy is oudmodies, maar niemand is voorbereid op die jong vrou se besluit om die moderne leefstyl opsy te skuif ten gunste van die Ou Orde Amish nie.
Maar dit is presies wat Jenny sonder haar familie se medewete doen toe sy by Samuel en Rebecca Lapp intrek en vir die biskop se vrou begin werk. Die mense van Hickory Hollow is nuuskierig oor die pragtige jong soeker onder hulle, in die besonder 'n aantreklike Amish-man. Maar hy is nie die enigste man wat om Jenny se aandag meeding nie.
In Die soekende hart word Jenny met baie uitdagings gekonfronteer in die tyd wat die Broeders haar gee om haarself te bewys: Uitdagings van die hart sowel as die gees.
Sal Jenny se geheime haar weerhou van die vrede waarna sy smag? Of sal hulle haar die weg huis toe wys?
Publication date: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.