●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Barend Vos

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322944

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 235
R 188You save R 47
“U is soggens se opstaan en saans se gaan slaap. Dankie vir vanjaar se reisplanne. Ek volg in u spoor.” Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus, Deuteronomium, I en II Konings, 'n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
Publication date: 2022-08-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322623

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Wanneer Rut se skoonmoeder Naomi wil teruggaan na Bethlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar. In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met almal gee. Hier triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en 'n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.
Publication date: 2022-03-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322746

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 225
Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar geestelike leiding aan gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van Barend Vos. In 2022 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Eksodus, Rigters, Job, Spreuke, Jeremia en Amos, asook Matteus, 2 Korintiërs, Efesiërs, Filemon, Hebreërs en Jakobus. Groot momente in die kerkkalender word ook in ag geneem.
Publication date: 2021-08-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308836

Nie-fiksie / Non-fiction: Humour / Humor

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humour / Humor
R 190
Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van 'n predikant en sy gesin in 'n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton.

In Liefdegroete, Grootseun word 'n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as 'n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal 'n sterk humoristiese aanslag en gefokus op 'n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met 'n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
Publication date: 2018-08-10
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780796318930

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 235
Hierdie gebedeboek neem die leser op 'n poëtiese reis deur die Psalms. Die skrywer neem die 150 Psalms en omskep dit in gebede wat oor 366 dae strek, dus 'n gebed vir elke dag. Die gebede eggo die intense emosies soos hartseer, vreugde, lof en woede wat so duidelik deur die Psalmdigter verwoord word. Die gebedsreis beloof om die leser se gebedslewe te verryk.
Barend Vos is 'n bekende Christenskrywer en predikant. Hy skryf elke maand in LiG sy Grootseun-storie. Hy is onlangs bekroon met 'n ATKV-veertjie vir een van die stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot literêre fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus.
Publication date: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.