●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Anne Graham Lotz

Results 1 to 2 of 2
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351398

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Translator: Joey Kok
Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 300
R 270You save R 30
Die lig van Sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart is die Afrikaanse vertaling van die gewilde topverkoper Amerikaanse boek, The Light of His Presence: Prayers to Draw You Near to the Heart of God. Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God. Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van Sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding. Die boek moedig die leser aan om volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy/haar eie woorde aan die Here neer te skryf. New York Times het Anne Graham Lotz aangewys as een van die 5 invloedrykste evangeliste van haar generasie. Anne se boeke is topverkopers en internasionale pryswenners in verskeie tale.
Publication date: 2022-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431619078

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 170
Voel dit of jou gebede nie “werk” nie? Asof dit kragteloos is? Sê nou die probleem lê nie by die gebed nie, maar by die bidder self?
Anne Graham Lotz ondersoek in Die gebed van Daniël hoe 'n gebed moet lyk om waarlik die hemel te beweeg en 'n nasie te verander. Deur van nader te kyk na Daniël se gebed in Daniël 9 beantwoord sy vrae soos:
• Hoe weet ek God luister na my gebed?
• Hoe weet ek God sal my gebed beantwoord?
• Hoekom moet ek bid?
• Maak dit saak waar ek bid?
• Maak my gesindheid saak wanneer ek bid?
• Watter verskil maak een persoon se gebed?
Ontdek hoe 'n gebed gebore uit desperaatheid jou kan lei om waarlik passievol, opreg, seëvierend en volhardend te bid totdat jy 'n antwoord kry. Die gebed van Daniël sal jou help om effektief te bid vir jou nasie, jou gesin en jouself.
Publication date: 2019-06-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.