●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Topverkopers Kinders / Bestsellers Children

Results 1 to 15 of 15
Sorted by:  Ranking
Click to enlarge
Click to enlarge

1

9780798182591

Kinders: Versamelbundels

Illustrator: Piet Grobler
Kinders  -  Versamelbundels
R 360
R 288You save R 72
HERDRUK IN SAGTEBAND
Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel 'n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie en Klein Duimpie asook minder bekende sprokies soos Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan 'n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower.
Publication date: 2021-06-07
Click to enlarge
Click to enlarge

2

9780639608037

Children: Non fiction

Children  -  Non fiction
R 330
R 264You save R 66
In this book you will read all about inventors, bright minds and other brilliant science heroes of South Africa.

You'll read the stories of people who made medical breakthroughs.
Stories about people who love animals and plants.
Stories about people who try to understand the secrets of the sky.
Stories about people who made interesting discoveries about fossils, the earth, water and the climate.

This is a truly South African book that will inspire all readers to question, to explore and discover, and to create.
Publication date: 2021-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge

3

9780639608099

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
R 160You save R 40
“Dis weird om te weet jy is 'n weerwolf. Maar dis ook cool.” Joshua Reinders se lewe het 'n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is 'n weerwolf. Maar dit bring ook 'n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in 'n weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos Gio, sy vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag. Bo dit alles pla 'n groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY 'N WEERWOLF? Die antwoord lê diep in die Droomwoud. En Joshua moet dit daar gaan kry. Wêreld van Wolwe 2: Tweede asem is die tweede boek in die reeks na Wêreld van Wolwe 1: Eerste bloed.
Publication date: 2021-08-12
Click to enlarge
Click to enlarge

4

9780639600581

Kinders: Nie-fiksie

Illustrator: Tumi K. Steyn
Kinders  -  Nie-fiksie
R 330
R 264You save R 66
Hierdie is 'n eg Suid-Afrikaanse boek met meer as 100 verhale oor allerlei Suid-Afrikaanse baanbrekers in die wetenskap en elders.
Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het.
Stories oor mense wat met diere en plante werk.
Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel.
Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.
Dit is voorwaar 'n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.
Publication date: 2020-10-14
Click to enlarge
Click to enlarge

5

9780798182232

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Carl Hollander
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
R 176You save R 44
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippie-titels in: Pippie Langkous, Pippie Langkous gaan aan boord en Pippie Langkous in die Suidsee.
Publication date: 2021-04-16
Click to enlarge
Click to enlarge

6

9780798182201

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 180
R 144You save R 36
HERDRUK - As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sê presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie!
Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor 'n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit in 57 tale vertaal en byna 43 miljoen boeke is verkoop.'
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge

7

4010070438753

Children: Activity

Children  -  Activity
R 185
R 148You save R 37
Terrific craft fun with the TOPModels! On 32 pages all kinds of motifs are waiting for creative designers. 8 sticker sheets and 9 craft sheets will leave nothing to be desired.
Publication date: 2020-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge

8

9780639607511

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 280
R 224You save R 56
Nog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders! Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. 'n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van 'n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer. Na die Bybelverhaal is daar 'n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.
Publication date: 2021-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge

9

9781485311737

Kinders: Prenteboeke

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 128You save R 32
Die wêreld se mees selfgesentreerde mopshond neem aan 'n prettige fotosessie deel. Hy trek allerhande lawwe kostuums aan en dans rond - hy wil graag die ster van die dag wees. Maar dan sien die fotograaf Worsie raak. Moeps is nie juis bly daaroor dat Worsie die kollig steel nie en probeer alles om sy sterstatus terug te kry!
Nog 'n lekkerlag rympiesboek vir Moeps se aanhangers!

Titels reeds deur Protea Boekhuis uitgegee, is: Moeps die mops, Moeps die skelm en Moeps die wenner

Moeps wants to be the star of a fun photo shoot. He dresses up in all kinds of silly costumes and basks in the light of stardom. But when the photographer spots Worsie and favours him, Moeps gets upset and will do anything to steal back the show!
Yet another laugh-out-loud book about this naughty pug, with hilarious illustrations.
Publication date: 2021-06-29
Click to enlarge
Click to enlarge

10

9780798182119

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
R 168You save R 42
Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman is maar nog nat agter die ore, maar die kaptein moet hom net 'n kans gee. Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?
Publication date: 2021-07-23
Click to enlarge
Click to enlarge

11

4010070571634

Children: Activity

Children  -  Activity
R 200
R 160You save R 40
The big Glamour Special: 52 spiral-bound pages of TOPModel figurines that can be styled with 2 sheets of stickers, 8 sheets of fabric designs, 2 stencils and lots of creativity for the really big appearance.
Publication date: 2013-03-21
Click to enlarge
Click to enlarge

12

9780798182096

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustrator: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 120You save R 30
Dieter is 'n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as 'n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na 'n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met 'n superheld veg en nog meer - alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publication date: 2021-06-17
Click to enlarge
Click to enlarge

13

9780620849906

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 96You save R 24
Hierdie is die storie van 'n gesin wat in die Krugerwildtuin gaan vakansie hou. Tradisies en bekende wildtuin-bakens word uitstekend in die kleurvolle illustrasies vasgevang. Die storie bevat natuurbewaring boodskappe wat 'n liefde vir die natuur by jong lesers kan kweek. Ouers én kinders sal die boekie saam geniet en hul wildtuinherinneringe tuis kan herleef.
Publication date: 2019-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge

14

9781928446217

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 80
R 64You save R 16
Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak. Gelukkig is pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om 'n ouboet te wees nie.
Publication date: 2020-02-18
Click to enlarge
Click to enlarge

15

9780799389609

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
R 39You save R 10
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat 'n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en 'n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Dieregrappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe grappe
101 Pouse grappe
Publication date: 2018-05-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.