●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351312

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
R 225You save R 25
Hóé dien 'n hedendaagse gesin God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding 'n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewensveranderend is? Hoe inisieer 'n enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil? Met hierdie boek wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos bv. die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef. Ouers voel dikwels nie opgewasse om vir die taak om geestelike leiding aan hulle kinders te gee nie. Hierdie boek is die ideale antwoord vir gesinne wat praktiese wenke nodig het om gesinstyd met die Here spesiaal te maak.
Publication date: 2022-03-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.