●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340752

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede - goed en sleg - stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na 'n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:

God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind.
Elke oordenking word afgesluit met 'n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.
Publication date: 2019-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.