●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621132

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 199
Beleef elke dag God se goedheid en genade op jou lewensreis.

God wil vir elke mens 'n lewe van oorvloed gee; 'n lewe waarin ons elke dag diep bewus word van sy genade en seën wat oor ons skyn. 'n Simfonie van seën is 'n viering van hierdie geskenk.

Vroue kan 'n jaar lank saam met Milanie Vosloo stap en God se goedheid en seën elke dag in hulle lewe ervaar. Moed en krag in die-lewe-is-oorweldigend-tye, vertroosting in seerkry-tye, vreugde en blydskap in die-lewe-is-ʼn-lied-tye. Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees.

Oor die Outeur

Milanie Vosloo is 'n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak ... hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wys­heid haar lewensondervinding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel.
Publication date: 2020-01-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.