DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868631575

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 140
R 126You save R 14
Die boek gee vir jou die geleentheid om baie ekstra oefening te kry en so jou begrip en vaardighede baie te verbeter. Dit is egter belangrik om te besef dat die boek is bedoel om aanvullend tot jou klaswerk en handboek te wees. Die ekstra oefeninge help jou egter om hersiening te doen en goed voor te berei vir toetse en eksamens.

Vier leeruitkomste van die graad 10 leerplan word in die boek gedek. Die leeruitkomste (LU) is soos volg:

LU 1: Getalle en Getalverwantskappe
LU 2: Funksies en Algebra
LU 3: Ruimte, Vorm en Meting
LU 4: Datahantering en Waarskynlikheid

Die eerste helfte van die boek dek die 4 leeruitkomste in verskillende modules. Elke module bestaan uit:

'n “Onthou” gedeelte. Dit gee 'n oorsig van die vernaamste teorie en feite omtrent die onderwerp asook 'n paar uitgewerkte voorbeelde.

Oefening A. Die oefening bestaan uit eenvoudiger probleme oor basiese kennis.

Oefening B: Hierdie oefening bevat meer ingewikkelde probleme.

Toets: Elke module sluit met 'n toets af. Dit is 'n goeie geleentheid om jouself te toets. Die puntetoekenning word vir elke vraag in die toets verskaf.

Die tweede helfte van die boek bevat die volledig uitgewerkte oplossings (antwoorde) vir elke probleem.
Publication date: 2018-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.