●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485300274

Nie-fiksie / Non-fiction: Music / Musiek

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Music / Musiek
R 715
Die ou bekende en geliefde FAK-sangbundel het in 2012 'n welkome aanvulling gekry. Liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, kry plek in die nuwe Volume II. Hierdie nuwe sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat geskryf en gesing is sedert die vorige uitgawe van 1979. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die uitreiking van 'n nuwe sangbundel. Die nuwe rubrieke sluit in: Immergroen &populêr; Kleinkuns; Kinderliedjies; Geestelike liedjies; Tradisionele liedjies; Kunsmusiek en Koormusiek.

Van die gewildste en bekendste werke deur Afrikaanse musieklegendes soos Rina Hugo, Gé Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, die Briels, Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat, met treffers soos 'Ballade vir 'n enkeling','De la Rey', 'Engel', 'Houtkruis' en 'Kinders van die wind'. Kenners van Afrikaanse musiek, soos Mimi Coertze, Wessel van Wyk, Anneke Lamont en wyle Christa Steyn was betrokke by die keuse van die beste uit die nuwere Afrikaanse musiekskat.

Die nuwe FAK-sangbundel vervang nie die ou bundel met sy bekende volksliedjies soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie Marais nie. Die nuwe bundel is eerder daarop gemik om die skatkis van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word, uit te brei.

Benewens die rubriekindeling het die bundel ook 'n register volgens liedere se titels en eerste reëls.
Publication date: 2016-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.