●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780980259926

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 60
R 54You save R 6
Deur 'n bioloog se oê lyk die mensdom se doen en late nogal vreemd, soms ontstellend, meesal snaaks, maar dikwels wel bewonderenswaardig. Erik Holm is een van die min wetenskaplikes wat nie bang is om ook vanuit 'n ander hoek na die mens te kyk nie. Gelukkig het hy 'n humorsin, en is hy darem ook nog liewer vir mense as vir sy hond! In hierdie boek gee die skrywer sy mening oor die ekologiese krisis en beveel aan dat ons ons hele wereldbeskouing verander, nie net ons tegnologie nie. Dit beteken ons ou volkie se pionierstalente kom weer in aanvraag. Hy glo ook parasiete is van groot nut vir die mensdom, want dink net hoe hierdie haglik oorbevolkte planeetjie nou al sou gelyk het sonder malaria! Het u geweet vegetaries is in werklikheid plantmoordenaars? Hulle is erger as vleiseters, want hulle pik op die mees weerlose lewende wesens wat nie eers kan skree of weghol nie. En diereregte-aktiviste is ongelukkig en onvrolik. Hulle het in der waarheid net een doel, en dis om ander mense ewe ongelukkig te maak. En hulle het geld. Soos die ikone van televisie-prediking weet hulle hoe om hulle bydraes uit na ewe ou tannies se sakke te rokkel. Wanneer die dood tersprake kom, glo hy ons instinkte lieg vir ons dat ons liggame onsterflik is. Ons verstand weet ons gaan sterf, maar ons arme instinktiewe liggame glo dit nie. Hierdie boek sal die leser laat dink, nadink en lag omdat Erik Holm se blik op die lewe ander verrassende fasette daarvan belig.
Publication date: 2009-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.