●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge

1

9780798183383

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 360
R 288You save R 72
'Benna, dis crazy. Ons werk vir 'n no-name, no-prestige outfit, ons moet lieg soos criminals, en ons jaag spoke van twaalf jaar terug. Ek sê jou, dis die end times dié.'

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp. Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.
Publication date: 2023-10-13
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

2

9781991256324

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 240
R 216You save R 24
Ek het 'n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel.
“Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, 'Sit dit vir ons in 'n boek, asseblief'.”
Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma 'n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op 'n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls.
Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore 'n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.”
Die verhale in Ek het 'n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.
Die illustreerder is die Durbanse kunstenaar, Deirdre Schoultz. Haar eteriese tekeninge voeg 'n dimensie van intrige en misterie by die roerende verhale..
Publication date: 2023-09-21
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

3

9780798183727

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 264You save R 66
Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe.
Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit 'n skrywersfees. Deel van Storm se verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid regulasies uiteindelik opgehef word..
Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie.
Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind.
Vier en twintig uur later kom 'n visterman af op nóg 'n lyk - weer 'n vrou, dié keer jonk en swart.
En dan is daar 'n derde slagoffer, 'n belangrike kulturele rolspeler op die dorp.
Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom die drie?
Publication date: 2023-09-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

4

9780798183765

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248You save R 62
Desember 2022, Bloemfontein. Mindie Rochebrandt is swanger met haar en advokaat Marius se eersgeborene - erfgenaam van die Rochebrandt-fortuin. Maar ná die onsmaaklike insident tydens haar ooievaarstee, die een waarheen háár mense nie genooi was nie, het Mindie besef sy moet 'n streep trek. Van Marius en sy buie het sy genoeg gehad. Sodra sy geboorte geskenk het, gaan sy sak en pak trek en met haar kind 'n nuwe lewe op De Rust begin. Enkele dae later bel Mindie se ma, Eona, hoogs beswaard. Mandelien, Mindie se tweelingsuster, ook swanger met haar en Sebastiaan se eersteling, antwoord nie haar oproepe nie. In Mandelien se meenthuis kom Mindie af op 'n gruwelike toneel: In die klein badkamer lê haar suster se verminkte liggaam - uitgesprei soos 'n gevalle engel. Wie verniel 'n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom?
Publication date: 2023-10-06
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

5

9780624094043

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 264You save R 66
Dis 'n outydse kleurfoto op glanspapier, 'n buigbare, skeurbare, opfrommelbare voorwerp uit 'n era voordat almal hulle herinneringe op slimfone bewaar het. Dit was die laaste keer dat hulle almal saam gekuier het . . .
'n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se verjaardag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis aan die Weskus.
Sommige bring hul kinders en kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party van lewensmaats en drome afskeid neem; ander het nuwe liefde en
betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.
Laaste kans is 'n roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het.
Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.
Publication date: 2023-09-06
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

6

9780624094654

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
'n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat 'n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos. Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies 'n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het. Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so 'n geval is die moordenaar daar op die plaas!
Publication date: 2023-09-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

7

9781485314288

Nie-fiksie / Non-fiction: Popular Psychology / Populêre Sielkunde

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Popular Psychology / Populêre Sielkunde
R 320
R 288You save R 32
James Scott is 'n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is 'n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar. Dit is 'n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.
Publication date: 2023-08-02
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

8

9780795802621

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
R 216You save R 54
Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie. Maar alles verander wanneer 'n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die tehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy 'n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog 'n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word. 'n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat 'n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie. Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind 'n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .
Publication date: 2023-10-06
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

9

9780624094678

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 385
R 308You save R 77
Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met 'n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarm- magistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, 'n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur 'n opspraakwekkende plaasmoord, maar 'n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg... Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meesleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.
Publication date: 2023-09-25
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge

10

9780624093619

Nie-fiksie / Non-fiction: Crime / Misdaad

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crime / Misdaad
R 320
Dr. Hestelle van Staden is 'n mediese dokter en forensiese patoloog. Uit die meer as 7 000 outopsies wat sy tot op hede behartig het, is die meerderheid mense aan onnatuurlik oorsake dood. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings wat haar bybly.
Van Staden deel die verhaal van baba Letitia, wie se ma volgehou het dat die kind bloot uit haar stootwaentjie geval het; Die ondersoek na die dood van die reggae-ster Luke Dube; En die van 'n swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het.
Publication date: 2023-09-29
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.