Discount only on online purchases
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868427949

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 350
R 280You save R 70
'n Buitengewone en uitstekende manuskrip.” - Prof. Gerrit Olivier

André P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.
In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.
Die spel van liefde is 'n omvangryke biografie wat die leser 'n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens - oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met 'n groot aantal vroue - 'n onderwerp wat hy in sy memoir, 'n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes.
In hierdie biografie van 'n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit 'n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is 'n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.
Publication date: 2019-05-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394566

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228You save R 57
Jou buurman dink hy besit die polisie... Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ʼn klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is 'n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so 'n persoon verkoop nie en 'n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno, 'n reus van 'n man met die psige van 'n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen? *** Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, ʼn kunstenaar, vasgevang in ʼn luukse Sweedse kunstepark, nog 'n perspektiefkarakter. Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s'n?
Publication date: 2019-05-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426608

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 200
R 160You save R 40
In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur.

Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.
Publication date: 2019-05-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795802072

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 208You save R 52
Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji's met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”.
Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar - sonder selfs 'n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë 'n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

Só ontmoet sy vir “Donatello”, 'n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue.

Wat het 'n konserwatiewe metro-man en 'n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van 'n gay boesembuddie en 'n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom.

Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?
Publication date: 2019-05-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776094578

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 230
R 184You save R 46
Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-'n-fiets op 'n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê…
Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C'est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop.

Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem.

In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?
Publication date: 2019-05-11
Click to enlarge
Click to enlarge

12

9780624085881

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 290
R 232You save R 58
Christo Wiese was nog nooit bang om 'n kans te vat nie. Dié sakeman het sy tande by Pep Stores geslyp en 'n sakeryk opgebou wat Shoprite en 'n rits ander maatskappye insluit. Hy maak 'n draai in die politiek en met sy kenmerkende flair koop hy diamantmyne, banke en wynplase. Die risiko's wat hy oor 50 jaar in die sakewêreld neem, maak van hom die rykste man in die land. Tot die kans wat hy op die meubelgroep Steinhoff waag, skeefloop en hom vinnig terugbring aarde toe. Binne 'n paar dae verloor die boorling van Upington 'n groter fortuin as wat almal behalwe die wêreld se vindingrykstes kan hoop om in 'n leeftyd op te bou.
Publication date: 2019-04-15
Click to enlarge
Click to enlarge

3

9780799394474

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 340
R 272You save R 68
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.
Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.
Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.
Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Publication date: 2019-05-07
Click to enlarge
Click to enlarge

8

9781868429431

Nie-fiksie / Non-fiction: Popular Psychology / Populêre Sielkunde

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Popular Psychology / Populêre Sielkunde
R 270
R 216You save R 54
Met bydraes deur top Afrikaanse skrywers - deur hul diep persoonlike verhale oor verlies en heling te deel, bied die bydraers onbewustelik ook raad vir hoe om die hartseer van 'n geliefde se dood te verwerk en hoe om jou eie sterflikheid te konfronteer. So vertel Marita van der Vyver van haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach deel sy ervaring van eensaamheid na sy vrou se dood. 'n Paramedikus beskryf sy daaglikse ontmoetings met die dood, daar is 'n lys van dinge wat 'n mens vir 'n sterwende moet sê en nie moet sê nie en ook 'n bespreking van die rituele om die dood. Daar is soms selfs 'n bietjie humor...
Publication date: 2019-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426691

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 245
R 196You save R 49
Die mensdom raak verslaaf - aan sosiale media, die kuber en alles virtueel. Is rehabilitasie moontlik? Dit lyk of dinge reeds onomkeerbaar is. Tensy Medusa, die berugste kuberkraker ooit, vrye teuels gegee word om haar missie te voltooi: om sosiale media asook die ganse internet, te vernietig. Om terug te keer na tye toe realiteit en fantasie verskillende begrippe was. Toe feit nog van fiksie onderskei kon word.

In 'n desperate poging om die kuberruim te beskerm, vertrek 'n span IT-spesialiste na die barre verlatenheid van die Namibwoestyn. Om daar, buite bereik van die internet en Medusa se tentakels, hulself 'n laaste kans te gee om daardie onvernietigbare kode te ontsyfer.

Besoek www.medusacode.com om self die kode te ontsyfer.
Publication date: 2019-04-26
Click to enlarge
Click to enlarge

1

9780799384840

Nie-fiksie / Non-fiction: Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk
R 295
R 236You save R 59
Hekel 'n pad na genesing Hier is 'n hekelboek met 'n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van 'n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op 'n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het 'n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. Hierdie is 'n handwerkboek met die eienskappe van 'n selfhelpboek. Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk. Dit is iets soos die hekel weergawe van 'How to make an American quilt'.
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415210055

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 208You save R 52
Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by 'n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook
'n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewani saak by die nuuskantoor waar hy werk.

Die skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewani ondersoek
aan die lig: 'n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.

Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In 'n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.
Publication date: 2019-04-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920188542

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 385
R 308You save R 77
P.G. du Plessis was 'n bekende televisiepersoonlikheid, skrywer, dramaturg, koerantredakteur en akademikus. Die essays in hierdie bundel belig verskillende kante van sy menslikheid, en sy veelsydige kunstenaarskap wat met die Hertzogprys bekroon is. Dis fassinerende leesstof en 'n ryk bron vir navorsers.
Publication date: 2019-04-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177177

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 200You save R 50
Dié derde bundel van Marais ontgin opnuut bekende temas uit die digter se oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in SA, dikwels met 'n vlymskerp humorsin en 'n nog skerper visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid wat neig na 'n naamlys, 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herinneringe. Met dié verse vestig Marais hom as een van die mees behendige beoefenaars van die hedendaagse digkuns.
Publication date: 2019-04-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394535

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
R 192You save R 48
Nuwe seisoen
Tussen twee vure
Raaiselvrou

Altyd wink die liefde is 'n samestelling van drie van immergroen Anna van Tonder se vorige Romanzas wat sy onder die skryfnaam Annetjie van Tonder geskryf het.

Nuwe seisoen:
Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie.
Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar ná kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning ná haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar ná skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Tussen twee vure:
Die laaste ding waarna Helette kom soek het, is om aangestel te word as die au pair van 'n bedorwe kleuter. Maar sy is bereid om enigiets te doen in haar soektog na haar halfsuster. Net jammer die kleuter se pa is 'n te aantreklike en 'n te beduiwelde professor. En net so jammer is dat die ouma glad nie ingenome is met Helette nie - en die professor se jonger broer weer meer as ingenome ...
Helette het egter nie voorsiening gemaak vir die gevoelens wat sy vir die professor ontwikkel nie, hoe befoeterd hy ook al is. Of is die rede vir die man se buierigheid dalk dat hy dieselfde gevoelens vir Helette begin ontwikkel?

Raaiselvrou:
Emma arriveer op 'n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om 'n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer 'n gasteplaas nie en sy suster sê dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie 'n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis 'n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma 'n saak van groot belang ...
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394443

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Yvonne se kêrel verdwyn tussen hoor en sien op Nuwejaar, en sy broer, Kelvin, daag op om sy verdwyning te ondersoek. Die man vryf haar verkeerd op en sy kan nie wag dat hy sy ry kry nie, maar hy is heeltemal te aantreklik wanneer hy die dag besluit om iets anders as 'n suur gesig te trek.
Publication date: 2019-04-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.