●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178846

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna 'n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?
Publikasiedatum: 2019-04-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174060

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
In die laaste boek in dié gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as 'n rugbywedstryd wat uitgereën het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639608112

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 152Jy spaar R 38
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is ... Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy uitvind hulle gaan na die piepklein, geïsoleerde Noord-Kaap kusdorp McDougallsbaai bly vir vier weke, nog minder. 'n Piepklein dorp saam met 'n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van 'n prettige vakansie nie ... Ten minste is daar 'n oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug ... En wie weet wat kan gebeur?
Publikasiedatum: 2021-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394764

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
Kan 'n gids jou regtig help om liefde te vind? Emma is vasbeslote - dié vakansie gaan sy 'n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai 'n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop 'n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om 'n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar ... Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop? Hierdie is romantiese fiksie vir tieners. Trefwoorde: liefde, humor, seevakansie. Annabel Allers se vorige roman, Kupido.com, het ook by die romantiese fiksie genre gepas. Sy is self nog jonk, en swot tans BA Multimedia Studies: Multimedia in Digitale Visuele Kuns aan UNISA.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090403

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Die outistiese Micha uit Amper Einstein (2013) is in Absoluut Einstein in Gr 9, met Matriek-IT onder die knie. In sy nuwe skool moet Dylicia 'n ogie oor hom hou. Sy's die enigste meisie in die robotikagroep wat vir Grottobot Fest 'n robot bou en programmeer. Wanneer die Vuilhonde en Micha koppe stamp, is Dylicia in die middel vasgevang.
Publikasiedatum: 2020-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799372885

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
'n Wilde partytjie.
'n Gesteelde kar.
'n Jaagtog wat in chaos eindig.
'n Sak vol geld.
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?
In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!
Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799378993

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
'n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor 'n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wêreld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om ná sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met 'n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312130

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Nog 'n magiese jeugverhaal uit die pen van die ATKV-Woordveertjiewenner Celeste Slabber-Loriston! As jy hou van buite die boks dink en die bo-natuurlike, is hierdie boek vir jou! 'n Magiese jeugverhaal wat ook elemente van reïnkarnasie bevat. Emily en Jessica se stories begin eeue ná mekaar - een op 'n plaas in die 1800's en die ander in 'n arm woonbuurt in 2018. Maar tog deel hulle stories dieselfde elemente soos die towerboek, gloeiende rok en onheilspellende figuur in die woud … So ís dit verskillende stories? Sal die donker woud die antwoorde bring waarna hulle soek?
Publikasiedatum: 2020-10-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624056201

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
"Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly.

Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie 'mede-geeks' by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy 'n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die 'geeks' in sy span.

Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so 'n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel."
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191382

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
Eerste Afrikaanse weergawe van die gewilde kinderboek wat ook in Chinees en Spaans gepubliseer is.

Anna het 'n lewendige verbeelding met drome wat vir haar werklik voel. Een oggend word sy wakker en besef dat sy haar droom nie kan onthou nie. Saam met haar hond reis sy deur haar drome op soek na die verlore droom. Hulle ontmoet reuse, vampiere, en 'n herhalende droom. Oplaas vind Anna die antwoord: haar droom was nader as wat sy gedink het.
Publikasiedatum: 2006-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250363

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Elke droom begin met 'n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners 'n vliegtuig te bou en daaarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as 'n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers 'n reis vol avonture en naelbyt-oomblikke aan.
As jy droom is 'n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop en hartseer. 'n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem - as dit nie die waarheid was nie ...

Daniëlla van Heerden is 'n TV-nuusleser en -joernalis. Vir haar werk by eNuus op kykNET is sy onder meer bekroon as die Nasionale Persklub se TV-nuusjoernalis van die jaar, en sy het ook 'n ATKV-mediaveertjie ontvang vir die beste TV-insetsel. Die Afrikaanse Taalraad het haar vereer met 'n
Kokertoekenning vir haar bydrae tot Afrikaans, en in 2017 word sy aangewys as die Noordwes-Universiteit se Jong Alumnus van die Jaar. Daniëlla en haar fotograafman Cornél het 'n dogtertjie, Simoné. Die gesin woon saam met hulle Jack Russells in Roodepoort.

Megan Werner is 'n 19-jarige vlieënier en motiveringspreker en stigter van die U Dream Global-inisiatief. Sy woon naby die Lanseria-lugawe in Johannesburg. Megan het in 2019 gematrikuleer en is tans besig met haar kommersiële vlieglisensie.
Publikasiedatum: 2021-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389470

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017
Soms is geluk soos 'n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. 'n Nuwe dorp en 'n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te herontwerp. 'n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.
Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar 'n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.
En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na 'n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy 'n ou goudgeel kombi, 'n winkelpop genaamd Saartjie en 'n klomp fantastiese resepte begin hulle 'n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.
Maar toe Arnelia uit die bloute 'n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …
'n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Publikasiedatum: 2018-08-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is 'n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Asem was die eerstepryswenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015. Hier is een van die beoordelaars se mening oor die roman:
* "'n Grinterige, uitdagende en bowenal hoopvolle jeugverhaal wat jou tot op die laaste bladsy boei. Barries se smeulende woede en selfvernietigingsdrang word net so eerlik en oortuigend soos sy pad na herstel uitgebeeld. Hierdie is 'n moet-lees-boek."
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601809

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
Hondegevegte en doodsdreigemente! Baster is die storie van Karel, 'n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, 'n liefdevolle brak wat gedwing word om 'n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur. Die pragtige maar soms wrede verhoudings tussen mense en honde sal alle lesers se hartsnare roer. Temas soos grootword, selfidentiteit en sukkelende verhoudings met ouers of met die teenoorgestelde geslag word aangespreek.
Publikasiedatum: 2020-11-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780636176515

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 120
Dis 'n heerlike eietydse drama oor vier vriendinne wat desperaat op soek is na metgeselle vir die Graad 11 bal, en nie juis soos BFF (Best Friends Forever) teenoor mekaar optree nie. Een van die vier besluit om vir die ander 'n les in lojaliteit te leer, en span 'n Facebook-hartebreker in om haar plan deur te voer. Die toneelstuk verwys tong-in-die-kies na die mite van Pygmalion wat vir homself 'n vrou skep, en na Frankenstein wat 'n monster maak om sy wraakplanne uit te voer.
Publikasiedatum: 2014-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.