AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Kinders
Tieners

Results 1 to 15 of 181
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311188

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 156Jy spaar R 39
Alfie het op veertien nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die Ryk. Ná die groot geveg tydens sy kroningsplegtigheid, dink Brittanje dit was die laaste sien van die Swart Draak, en Alfie skuif sy redderpak opsy en gee aandag aan sy koninklike pligte. Hy moet leer om sy pa se skoene vol te staan.

Maar wanneer 'n bende Wikings uit die dood opgewek word, moet Alfie, Hayley en die hellebaardiers regmaak vir 'n epiese stryd wat die koninkryk in 'n nuwe donker eeu kan dompel. Hulle is egter nie alleen nie - 'n paar onverwagse persone staan hulle by.

Dis die tweede boek in 'n aksiebelaaide trilogie.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087601

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 156Jy spaar R 39
SANLAM-PRYS VIRJEUGLEKTUUR 2019 - SILWER

Sindikaat  is  'n  avontuurverhaal  waarin  drie  vriende  se  lewens omvergegooi  word  wanneer  die  hoofkarakter,  Paul,  per  ongeluk  op onwettige  smokkelgoed  afkom.  Hulle  paaie  kruis  met  die  van  die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande 
reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe,  Zambië  en  Namibië  word  hul  lewe  gereeld  bedreig.
Spannende  aksietonele  laat  die  adrenalien  behoorlik  pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in  hierdie  verhaal  waarin  die  goeie  die  bose  oorwin  en geregtigheid seëvier.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087519

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 156Jy spaar R 39
SANLAM-PRYS VIR JEUGLEKTUUR 2019 - GOUD

Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en 'nuwe boetie'' Neil hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en
raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig
om die Combrinks se vakansie in 'n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil
die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard
in 'n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389418

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 144Jy spaar R 36
'n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.

Lara is nog op skool, maar werk in haar vrye tyd by 'n tatoeëersalon en verkoop vintage-klere vir ekstra sakgeld. Haar ma gebruik kalmeerpille om die lewe in die oë te kyk en oom Dan, wat by hulle woon, is 'n vreedsame funksionele alkoholis. Haar pa was nog nooit deel van haar lewe nie.
Alex het in 'n kinderhuis grootgeword en het 'n troetel-uil. Hy help al sedert sy laerskooldae om siek en beseerde voëls te versorg en weer in die natuur vry te laat. En hy is in Kaapstad omdat hy 'n belofte aan iemand gemaak het.
Toe Lara die eerste keer vir Alex sien, is sy byna seker hy agtervolg haar. Wat sy nog nie weet nie, is dat hulle wêrelde op die punt is om bymekaar te kom. En alles begin met 'n hoededoos vol ou briewe wat Lara op haar ma se kas ontdek ...

In hierdie opwindende, liriese grootwordverhaal ondersoek Nanette van Rooyen die ingewikkelde bande wat gesinne bymekaarhou, en wat dit regtig beteken om 'n tuiste te hê. Temas sluit in: uitdagende gesinsverhoudings, afwesige ouers, vriendskap, romanse, kommunikasie, voëls, uile. Die sewentiende veer was een van die wenboeke in die LAPA Jeugromankompetisie 2017.
Publikasiedatum: 2019-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780799397116

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
R 160Jy spaar R 40
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

Word iemand wat verdrink in stories …
Iemand wat verdrink.
Iemand met 'n donker gewete.
Iemand wat 'n vloekwoord hoor.
Iemand wat nie kan sien nie.
Iemand wat oranje word.
Iemand wat gesond eet vir Instagram likes.
Iemand wat klippe en klappers gooi.
Iemand in swart en wit.
Iemand wat beheer verloor.
Iemand wat 'n boot vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe verfrommel.
Iemand wat vir die eerste keer gim toe gaan.
Iemand wat reëls maak en wraak neem.
Iemand wat begrafnis blomme kry voor hy sterf.
Iemand en haar ouma en 'n klomp befoeterde vroue.
Iemand wat na appels ruik.
Iemand wat, die vet weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat zombies skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos armoede smaak.
Iemand wat op banke duik.
Iemand wie se skooltas wegraak.
Iemand wat ongelukkig 'n gelukkige trekking wen.
Iemand wat 'n nuwe hart kry.
Iemand met 'n stert.
Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.


Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al 'n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.
Publikasiedatum: 2019-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087458

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 148Jy spaar R 37
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat 'n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Publikasiedatum: 2019-09-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395846

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167Jy spaar R 18
Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s'n te soen
Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in 'n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander …
Ella van der Spuy kan 'n klein entjie die toekoms in sien - 'n talent wat sy wens sy nié gehad het nie. Boonop is sy 'n ietwat rare verskynsel: 'n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het 'n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer. Thomas woon saam met sy familie op 'n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te sê, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik 'n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie.
Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is 'n humoristiese en aangrypende verhaal oor 'n somer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wêrelde kom.

Plaaslik val hierdie boek in dieselfde kategorie as Zelda Bezuidenhout se vorige jeugroman, As mens geluk kon proe. Dit kan ook vergelyk word met Die meisie op die dak deur Cecilia Steyn. Internasionaal val hierdie boek in dieselfde kategorie as kontemporêre jeugromanses soos To all the boys I've loved before en Always never yours.
Publikasiedatum: 2019-09-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179744

Kinders: Tieners

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Tieners
R 240
R 216Jy spaar R 24
Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is 'n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim - die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.
Publikasiedatum: 2019-09-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394795

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 280
R 252Jy spaar R 28
Vriende, avontuur en die koshuislewe … 'n Heerlike omnibus met die eerste 3 boeke uit die baie gewilde reeks oor die avonture van Elle. Kondensmelk Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: 1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie. 2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam. 3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken. Koshuiskoffie Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? Blou sjokolade In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op 'n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie - en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...
Publikasiedatum: 2019-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9780799395037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
R 160Jy spaar R 40
Warno Alberts is 'n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook 'n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat 'n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Publikasiedatum: 2019-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084044

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171Jy spaar R 19
n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy onwetend sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
Publikasiedatum: 2019-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389319

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
R 180Jy spaar R 20
Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017!

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …
Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur.
Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …
En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …
Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …
Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.
'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.
Publikasiedatum: 2019-08-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426813

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135Jy spaar R 15
Puntemasjien is 'n jeugroman met rugby as sentrale tema. Dit speel op 'n fiktiewe Bolandse dorpie af. Die hoofkarakter, Clint, word na die Boland se proewe genooi, met die oog op 'n plek in die Cravenweekspan.
Daar kom struikelblokke op sy pad, soos die aanranding van sy vriendin, Yolandi, asook die verdwyning van haar ma en sy pa se drankprobleem.

By sy eie huis wag daar nog 'n yslike skok op hom. Hy bes om hom aan die proewe te onttrek. Maar sy liefde vir rugby is so diep gewortel dat hy nie sommer sy rug op die spel kan draai nie. Sy afrigter oorreed hom om sy besluit te heroorweeg en met sy aanmoediging, begin lewenslesse uit die sport Clint se lewe verander.
Publikasiedatum: 2019-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309987

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144Jy spaar R 16
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een.
Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in 'n skelm - wat vir Peet soos 'n lammetjie laat lyk - begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer?
Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!
Publikasiedatum: 2019-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178976

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
R 149Jy spaar R 16
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by 'n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as 'n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle 'n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
Publikasiedatum: 2019-07-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.